Afkondigings 10 – 17 Julie 2022

Vandag – Sondag 10 Julie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan Dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Markus 9. Die tema van die prediking is: ‘n Bergtopervaring.
  • Spesiale offer vir die Hartenbos Versorgingsoord.
  • Geen kategese.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Ds. Danie is met verlof vanaf 4 tot 18 Julie 2022

Dr. Frans Hancke staan in vir ds. Danie tydens sy verlof.

U kan hom kontak by 073 319 9807.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.

Sondag – 10 Julie 2022

  • Geen Kategese.
  • Prediker:  Dr. Frans Hancke.
  • Spesiale offer vir sendelinge wat deur ons gemeente ondersteun word.

Getuienisbediening

Die derde kwartaal se uitreik datums vir Wolwedans boodskap, sop en brood bediening is as volg: 13 en 27 Julie 2022, 10 en 24 Augustus 2022, 7 en 21 September 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik is baie laag. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Omgeebediening

Baie dankie ook aan almal wat ons bediening so getrou ondersteun met nie- bederfbare kruideniersware, klere, beddegoed, gordyne, handdoeke en ook materieel. Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is.

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Ondersteuningsgroep

Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.

Die afgelope byeenkoms van 23 Junie, het ons gesprek hoofsaaklik gegaan rondom besondere behoeftes wat ons in ons omgewing raaksien en hoe ons dit kan aanspreek.

Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.

Ons bied die volgende aan:

  • Eensames wat geselskap nodig het;
  • Mense wat hulp nodig het met inkopies;
  • Vervoer na dokters;
  • Emosionele probleme; ens.

Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.

Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.

Ons volgende byeenkoms is 4 Augustus 2022.

FEBA RADIO SE GEBEDSPUNT VIR

SONDAG 10 JULIE 2022

Die voortgesette Islamitiese aanvalle in die noorde van Mosambiek het die ontworteling van duisende landsburgers tot gevolg gehad.

FEBA Radio SA vra dat u asseblief sal bid vir vrede en ook die beskerming van die span by Radio Nuru, asook die mense van Mosambiek.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word. Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is steeds beskikbaar op YouTube. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. Die skakel na die YouTube dienste is ook op ons gemeente se webwerf beskikbaar. https://www.nggrootbrak.co.za

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205 Faks: 044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314