Groot-Brakrivier Gemeente het ’n vakature vir ’n vindingryke en aanpasbare orrelis wat in noue samewerking met ander musikale aanbiddingsleiers verantwoordelikheid sal aanvaar vir die aanbiddingsbehoeftes van die gemeente.
Die pos behels o.a. die volgende:
- Inspirerende begeleiding van gemeentesang.
- Alle voorbereiding rondom die oggenddiens.
- Totstandbring, afrigting en begeleiding van ’n koor.
- Bystand aan leraars met die opstel van die liturgie en uitsoek van gepaste liedere.
- Verantwoordelik vir die jaarlikse Kerssangdiens.
- Musikale versorging en begeleiding van feesdienste tydens Kersfees, Paasfees en Pinkster en ander verwante geleenthede.
- Koördineer alle aspekte rakende die orrel kragtens die instandhouding en administratiewe aangeleenthede.
- Troues en begrafnisse.
Die pos vereis die volgende:
- Verkieslik ’n BMus of Lisensiaat in orrel of kerkmusiek, of Sesde Eksamen van die Konservatorium vir Kerkmusiek van die NHK of soortgelyke kwalifikasies.
- Ervaring in die musikale begeleiding van ’n gemeente.
- Koorsang/koorafrigting, asook ensemblespel met ander sangers en instrumenteliste.
- Goed ontwikkelende interpersoonlike verhoudinge.
- Vermoë om met verskeie rolspelers in spanverband saam te werk.
- Rekenaarvaardigheid.
Algemene aspekte:
- Vergoeding: Onderhandelbare salaris met SAKOV skale as riglyn afhangende van kwalifikasies en ervaring.
- Navrae: Willem du Preez (Diensverhoudinge) 082 823 5988 of Skriba Kerkkantoor 044 640 2205 (kantoorure Ma- Woe- Vry- 08h00-13h00).
- Aansoekproses: Stuur u CV met ten minste twee referente na: ngkgbr@mweb.co.za
- Sluitingsdatum vir aansoeke: 29 Junie 2022 – 09h00.
- Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.