Afkondigings 3 – 10 Julie 2022

Vandag – Sondag 3 Julie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van ons doopouers Anzelle en Wilfried Gonse (van George) en hulle babaseuntjie Wolfrick Gunther Gonse.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Konings 5 verse 1 tot 21. Die tema van die prediking is:Wonder bo wonder?
  • Spesiale offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.

  • Geen kategese.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Ds. Danie is met verlof vanaf 4 tot 18 Julie 2022

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.

Sondag – 10 Julie 2022

  • Geen Kategese.
  • Prediker:  Dr. Frans Hancke.
  • Spesiale offer vir Hartenbos Versorgingsoord.

Getuienisbediening

Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.

  • Die derde kwartaal se uitreik datums is:
  • 13 en 27 Julie 2022,
  • 10 en 24 Augustus 2022,
  • 7 en 21 September 2022.
  • Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik is baie laag. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Baie dankie vir die 2 selfone en elektriese ketel wat ons ontvang het. Ons het groot waardering daarvoor.

Omgeebediening

Baie dankie ook aan almal wat ons bediening so getrou ondersteun met nie- bederfbare kruideniersware, klere, beddegoed, gordyne, handdoeke en ook materieel. Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is.

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

KLUB 50+

Woensdag, 6 Julie om 10uur hou ons weer ons gewilde Bingo-, sop- en sjerriedag. Toegang is R20 per persoon. Dit sluit die sop, sjerrie en 2 Bingokaartjies in. Addisionele kaartjies kan gekoop word teen R5 elk.

Bring asseblief u eie eetgerei en sjerrieglase saam, asook ‘n klein geskenkie wat as pryse gebruik gaan word.

Bring vriende en ander belangstellendes saam.

Ondersteuningsgroep

Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.

Die afgelope byeenkoms van 23 Junie, het ons gesprek hoofsaaklik gegaan rondom besondere behoeftes wat ons in ons omgewing raaksien en hoe ons dit kan aanspreek.

Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.

Ons bied die volgende aan:

  • Eensames wat geselskap nodig het;
  • Mense wat hulp nodig het met inkopies;
  • Vervoer na dokters;
  • Emosionele probleme; ens.

Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.

Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.

Ons volgende byeenkoms is 4 Augustus 2022.

FEBA RADIO SE GEBEDSPUNT VIR

SONDAG 3 JULIE 2022

Tydens die jongste massamoorde in die Sahel-streek is daar meer as 130 burgerlikes in aanvalle gedood deur vermeende gewapende rebelle in Sentraal Mali. Hulle het ook hutte en huise afgebrand en beeste gesteel. Die veiligheidsituasie versleg daagliks en daar heers groot kommer dat Islamitiese militante groepe die land kan oorneem. Vrees, wanorde en onrus vier hoogty!

FEBA Radio Suid-Afrika vra dat u sal help bid vir die mense van Mali wat swaar gebuk moet gaan onder die geweld wat hulle en hul gesinne daagliks omring. Bid asseblief spesifiek vir:

  • ons span by die radiostasie wat saam met die plaaslike kerke uitreike organiseer om die plaaslike mense te evangeliseer;
  • die inwoners en dat hulle toevlug in God sal soek;
  • massas mense in die oorloggeteisterde gebied om tot bekering te kom;
  • elke luisteraar wat bereik word deur die radiostasie deur middel van KanuYah FM se uitsendings; en
  • die veiligheid van ons span in hierdie onsekere tye te midde van die geweld wat hulle en hul gesinne daagliks omring.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word. Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is steeds beskikbaar op YouTube. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. Die skakel na die YouTube dienste is ook op ons gemeente se webwerf beskikbaar. https://www.nggrootbrak.co.za

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205 Faks: 044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Discover more from NG Kerk Groot-Brakrivier

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading