Vandag – Sondag 26 Junie 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons skriflesing vanoggend kom uit Johannes 4 verse 1 – 26. Die tema van die prediking is: Vreemde water.
- Spesiale offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.
- Geen kategese.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Ds. Danie is met verlof vanaf 4 tot 18 Julie 2022
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.
Sondag – 3 Julie 2022
- Geen Kategese.
- Prediker: Ds. Danie Goosen.
- Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
- Die tweede kwartaal se laaste uitreik is 29 Junie 2022.
- Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik is baie laag. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Baie dankie vir die 2 selfone wat ons ontvang het. Ons het groot waardering daarvoor.
- Versoek: Het iemand dalk ‘n spaar laaier vir ‘n LG selfoon?
Ons het ook ‘n groot behoefte vir ‘n elektriese ketel wat in werkende toestand is. Indien iemand ons kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word.
Omgeebediening
Baie dankie ook aan almal wat ons bediening so getrou ondersteun met nie- bederfbare kruideniersware, klere, beddegoed, gordyne, handdoeke en ook materieel. Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
FEBA RADIO SE GEBEDSPUNT VIR
SONDAG 26 JUNIE
Ons loof die Here met vreugde vir FEBA Malawi en die impak wat hulle in die lewens van die Yao-gemeenskappe maak; asook vir die honderde luisteraarsreaksies wat hulle maandeliks ontvang! Slegs 2% van alle Yao-mense is Christene – die res is oorwegend van die Moslemgeloof. Bid vir al die mense in Malawi wat na hierdie uitsendings luister, en dat God hulle harte gereed sal maak om die evangelie te ontvang.
Bid asseblief vir die bestuurder van die radiostasie, Pastoor Amos Phiri, en sy span. Hulle moet gereeld reis om luisteraars oral in Malawi, en in sommige dele van Tanzanië en Mosambiek, te besoek. Hierdie mense is baie arm en kan nie bekostig om self ‘n radio te koop nie. Bid dat ons die nodige fondse sal ontvang om radio’s en luistertoestelle te koop om in Malawi te versprei. Die bediening in Malawi groei met rasse skrede, en Amos en sy span het meer mense nodig om te help. Bid dat die Here die regte mense sal stuur om met hierdie bediening te help.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word. Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is steeds beskikbaar op YouTube. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. Die skakel na die YouTube dienste is ook op ons gemeente se webwerf beskikbaar. https://www.nggrootbrak.co.za
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 🕾 044 620 2205 Faks: 044 050 1532
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314