Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.
Die afgelope byeenkoms van 23 Junie, het ons gesprek hoofsaaklik gegaan rondom besondere behoeftes wat ons in ons omgewing raaksien en hoe ons dit kan aanspreek.
Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.
Ons bied die volgende aan:
- Eensames wat geselskap nodig het;
- Mense wat hulp nodig het met inkopies;
- Vervoer na dokters;
- Emosionele probleme; ens.
Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.
Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.
Ons volgende byeenkoms is 4 Augustus 2022.