Ef. 6 : 18. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.
Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
Sondag 1 Mei Arbeidsondag.
Dis arbeidsondag. Kom ons bid vir die werkloosheidskrisis waarin ons land verkeer. Dat
Ons owerhede met wysheid besluite sal neem wat werkskepping tot gevolg sal hê.
Ons offers gaan vandag vir die Magdalena Huis; bid dat hul werk geseënd en tot heil van die Koninkryk van God sal wees.

