GEBEDSGIDS – OKTOBER 2021

Gebed is nooit die laaste uitweg nie, maar die eerste prioriteit.

Hier volg die gebedsgids vir Oktober 2021

1 Oktober – Vrydag – Ons land en sy leiers
Ons bid vandag dat almal in Suid Afrika sal saamstaan en bid ons vir ons land en sy leiers. Ons bid dat God vrede sal stuur
waar daar onrus heers tussen die verskeie groepe op die vooraand van ‘n verkiesing. .
2 Oktober – Saterdag- Eljada Nasorg
Sondag word daar ‘n spesiale offer by die deure ingesamel vir hierdie verdienstelike saak en vra ons spesiale voorbidding vir
die Nasorg sentrum asook milde bydraes vir hulle onbaatsugtige diens.
3 Oktober – Sondag- Bejaardes
Vandag bid en dink ons aan al ons bejaardes in ons area en dra ons hulle aan die Here se sorg en versorging op. Ons bid ook
dat mense se oë geopen sal wees vir eensames, hulp, versorging en geselskap.
4 Oktober – Maandag – Geweld
Ons bid vandag vir alle Suid Afrikaners wat met gewerld in ons land te doene gekry het. Ons bid dat U ons ‘n Gees van
vergewensgesindheid sal gee. Al is dit moeilik , weet ons ons kan net op God vertrou vir leiding en hulp en ook vergewing.
5 Oktober – Dinsdag – Boeregemeenskap
Ons bid vir ons boeregemeenskap en vra dat die regering ons boere en hul werkers beter sal beskerm teen plaasaanvalle en
dat die regering finansiӫle hulp sal verleen aan boere. Bid ook dat die die regering sal besef dat ons die boere nodig het vir die
vooruitgang vir ons land.
6 Oktober – Woensdag – Bybelgenootskap
Die Bybelgenootskap vra ons voorbidding en bydraes vir hul projek – “een Bybel vir elke huis”. Bid dat daar genoeg bydraes
ontvang sal word sodat almal wat nog nie ‘n bybel het nie, een kan kry.
7 Oktober – Donderdag – Herlewing
Dit is nou lente en in die natuur is daar groei. Ons bid dat ons gemeente ook nou sal bid vir besondere herlewing in hul
christenskap en in die gemeente.
8 Oktober – Vrydag – Familie
Dit is nou tyd vir familievakansies en bid ons dat families in hierdie tyd hul familiebande sal versterk en weer mekaar sal vind in
‘n gejaagde wêreld. Ons bid ook dat die mense sal besef dat ‘n sterk familieband nodig is om vas te staan teen die aanslae
van die duiwel.
9 Oktober – Saterdag – Alta du Toit Sentrum
Môre gee ons ons tiende vir hierdie verdienstelike saak en doen ons voorbidding vir die Sentrum en hul personeel, maar ook
die inwoners wat besondere uitdagings die hoof bied.
10 Oktober – Sondag – Die dag van die Here
Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees. (Ps. 118:24). Ons dank U dat ons in vrede en
vryheid, saam met ander mede-gelowiges U huis mag besoek. Ons dink ook in die besonder aan die vervolgde lande. Mag
hierdie broers en susters U teenwoordigheid ervaar.
11 Oktober – Maandag – Skole heropen
Bid vir leerders om met nuwe moed hul skoolwerk aan te pak, veral vir dié wat moeilik leer of onder moeilike omstandighede
moet skooltoe gaan. Bid vir opvoeders om entoesiasties hul werk te doen asof vir Christus. Bid vir ouers om die onderrigwerk
van die skole tuis te ondersteun.
12 Oktober – Dinsdag – Die Kerk
Ons dank die Here vir die Kerk waaraan ons kan behoort en dat Jesus self sy Kerk in stand sal hou al is die aanslae van die
wêreld fel en raak baie afvallig. Ons vra dat al die lede lewende stene sal wees en tot eer van God sal leef en getuig sodat die
wêreld sal glo.
13 Oktober – Woensdag – Kru taal
“Vader, Ons wil vra dat die mense bedag sal wees op hul taalgebruik en dat hulle sal onthou dat U gese het in die 10 gebooie
om nie U Naam ydelik te gebruik nie. Laat die mense trots wees op wat hulle se en met goeie taalgebruik sal omgaan”.
14 Oktober – Donderdag – Leraars
Ons dra vandag ons leraar aan u op en vra dat U hom sal help deur die Heilige Gees en dat hy die nodige leiding en insig sal
verkry maar ook die krag om die Gemeente te bedien.
15 Oktober – Vrydag – Ouers
Bid vir ons ouers dat hulle hul kinders met ‘n Jesus-hart sal grootmaak en die nodige respek en passie vir Jesus sal aanleer.
16 Oktober – Saterdag – Gideons
More is ons spesiale kollekte vir die Gideons wat uitgaan en bybels uitdeel aan mense wat nie die Here ken nie of nie toegang
tot ‘n bybel het nie. Baie keer is dit die eerste en enigste bybel wat hulle besit. Bid vir oop harte en hande.
17 Oktober – Sondag – Gesondheidsdienste
Bid asb. vandag saam vir al die personeel wat in die gesondheidsdienste diens doen en nou meer as ooit elke dag ‘n uitdaging
beleef met Covid siektes.
18 Oktober – Maandag – Dissipels
Die opdrag van die Here is om dissipels vir Jesus te maak en bid ons dat ons gemeentelede ‘n dissipel- ingesteldheid sal
ontwikkel en dat hulle elke geleentheid sal aangryp om die Woord van die Here uit te dra en te vertel van die Here se kragtige
wonderdade
19 Oktober – Dinsdag – Polisie en Brandweer
Vandag wil ons graag die polisie en brandweer lede aan die Here se troue sorg toevertrou met die uiters gevaarlike werk wat
hulle doen en dat hul ook die nodige versorging sal voel om hul werk te doen.
20 Oktober – Woensdag – Werkloosheid
Werkloosheid is nou nog hoӫr as ooit en lei dit tot groot maatskaplike probleme. Ons bid dat dié wat ‘n werk het, dit met
vreugde sal doen en dat daar ‘n ingesteldheid van werkskepping sal wees.
21 Oktober – Donderdag – Vrug van die Gees
“Jesus, ons bid dat elke lidmaat van die kerk sal besef dat ons moet vrugte dra en bid ons dat elkeen sal besef wat is die vrug
wat by ons bekering pas”.
22 Oktober – Vrydag – Geopende Deure
Geopende deure is van die min organisasies wat sending werk doen in Siriӫ. Bid dat die Vader die gelowiges wat agtergebly
het, sal versterk dat hulle nie sal moeg word om die goeie werk vir Jesus te doen nie.
23 Oktober – Saterdag – Gebed
Vader leer ons gemeentelede om die onse Vader te bid soos wat u ons geleer het en eerstens vir God al die eer te gee en dat
ons God as die Allerheiligste sal aanbid.
24 Oktober – Sondag – Herstel en instandhouding van ons kerkgebou
Bid vandag vir ons personeel en die persone wat so mooi na ons kerkgebou kyk. Ons bid ook vir ons gemeente om bydraes te
gee vir die instandhouding van ons kerk en gronde.
25 Oktober – Maandag – Medewerkers
Bid vandag vir die lidmate wat getrou vir Wolwedans en ander plaaslike aksies gereeld sop kook en ondersteun en so die
woord aan die minder bevoorregtes oordra. .
Kom
26 Oktober – Dinsdag- Haweloses
Ons bid dat mense empatie sal hê met die mense wat nie huise het nie en in die koue moet slaap. Bid dat hulle sal omgee en
ook liefde sal bewys met hul dade van omgee.
27 Oktober – Woensdag – – Loof en Prys
Sing jy? Ons lees in Ef. 5:19 om mekaar met liedere te leer maar ook om Christus te loof en prys. Ons bid dat elkeen sal besef
dat ons God moet vereer en Sy kragtige dade besing.
28 Oktober – Donderdag – Eensames
Ons bid vandag vir ons afgetrede persone wat in ouetehuise en aftreeoorde woon, maar ook alleen en eensame mense wat
nie gereeld besoekers ontvang nie. Ons bid dat hulle die Here se nabyheid sal ervaar en dat daar ander lede van die
gemeenskap sal uitreik na mense wat alleen en eensaam is.
29 Oktober – Vrydag – Verslawing
Verslawing kom deesdae baie meer vrylik voor en bid ons dat persone wat gebuk gaan onder een of ander vorm van
verslawing, bevryding sal ervaar en sal besef watter invloed hul optrede en gebruik op die samelewing rondom hulle het.
30 Oktober – Saterdag – Studente
Ons bid vandag vir elke student wat ver van hul huise studeer. Ons vra dat Jesus met hul sal wees waar hulle alleen is en deur
die aanslae van die duiwel getrotseer word. Ons bid dat hulle sterk sal staan onder groepsdruk en hul beste sal gee met hul
studies.
31 Oktober – Sondag – Hervormingsfees
Vandag vier ons fees om te herdenk wat ons voorvaders vir ons nageslag tot stand gebring het in ons manier van aanbidding.
Ons dank Jesus dat Hy vir ons sondes gesterf het en sy dissipels uitgestuur het om die boodskap te verkondig.