Skep asem vir vandag: 21 Maart 2025

21 Maart

My gebed is dat jy moeite sal doen om gesonde verhoudings met alle mense sal bou. Hier is God se Boodskap aan jou

Tema: Hou jou verhoudings gesond

Teks: “Jakob het ook aan Laban gemerk dat hy nie meer soos voorheen oor hom voel nie. ”

(Gen 31:2)

  • Christusgelowiges doen moeite om alle verhoudinge waarbinne ons is, gesond te hou – dis wat God met jou gedoen het (2 Kor 5:17-21).
  • Jy mag nie iemand in eie munt terug kry nie – ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand geld nie vir Christusgelowiges nie  (Matt 5:38; Rom. 12:17).
  • Jy mag nie ophou vergewe en mense emosioneel vry laat nie (Matt 18:21-35).
  • Maak altyd eerste vrede wanneer daar slegte gevoelens tussen jou en iemand anders is (Matt 5:9).
  • Vergewe altyd iemand weer wanneer hy/sy jou daarna weer seermaak (Matt 5:9).
  • Selfs al wil ander nie in vrede met jou lewe nie, doen dan steeds moeite om in vrede met hom / haar te leef (Rom. 12:18).

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U wat die groot Versoener is, my ook ‘n versoener maak. In die Naam van Jesus Christus die Verlosser. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Maart 2025

20 Maart

My gebed is dat jy vandag in afhanklikheid teenoor God wat die onmoontlike moontlik maak sal leef.

Tema: Die Here sal vir jou sorg

Teks: “Toe vra Laban: “Wat moet ek jou betaal?” en Jakob antwoord: “U hoef my niks te betaal nie. ” (Gen 31:28)

  • Toe deure bly nooit toe nie. Nuwe uitkomste en geleenthede volg weer.
  • God is jou voorsiener en jou versorger. Hy gee nuwe geleenthede.
  • God sorg vir jou deur situasies om te draai.
  • Hy verander jou angs in hoop, moedeloosheid in moed.
  • Hy sal jou dubbel soveel geluk gee as wat jy op gehoop het.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my geleenthede omdraai in wonderlike geluk. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 Maart 2025

19 Maart

Ek bid dat jou lewe ‘n getuigskrif vir almal sal wees wat sien dat jy altyd net jou beste gee. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Gee jou beste

Teks: “Gee my nou my vrouens en kinders vir wie ek by u gewerk het, want ek wil weggaan. U weet hoe goed ek vir u gewerk het.” ” (Gen 30:26)

  • Gaan leer by die diere van die natuur hoe om eerlik en hard te werk – veral by die miere (Spr. 6:6-8).
  • As jy lui is word jy gou arm. 
  • As jy hard werk het jy geld vir kos, klere en genoeg om van te leef (Spr. 10:4; 13:4).
  • As jy hard werk, sal jy jou doel bereik (Spr. 12:24).
  • ‘n Werkgewer sal die goeie werknemer vir sy / haar goeie werk beloon (Spr. 14:35).

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat ek ‘n goeie werker kan wees. Dankie dat ek ‘n goeie werker was. In Jesus se Naam.  Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 Maart 2025

16 Maart

My gebed is dat jy sal  verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.

Tema: Hy dra kennis van alles

Teks: “Jakob het hom vir Ragel vererg en vir haar gevra: ‘Kan ek God se werk oorneem?’” (Gen. 30:2)

  • Dit is God wat toelaat dat sekere dinge oor jou pad kom, goeie en slegte dinge.
  • Jy kan jou planne maak, maar dit is op die ou einde die Here wat finaal besluit wat daarmee sal gebeur (Spr. 16:1, 9). 
  • Niks gebeur met jou waarvan God nie weet nie. 
  • As slegte dinge gebeur, gee Hy ook die uitkoms – jy sal sien (1 Kor 10:12-13).  
  • Ontspan dan nou en leef in vrede en vertroue. God sal vir jou sorg.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U vir my in alle omstandighede sorg. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 Maart 2025

17 Maart

Mag jy die wonderwerke van God verwag, raaksien en self ook beleef. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Die Here gee altyd uitkoms

Teks: “God het op Ragel ag geslaan en haar Gebed verhoor. Sy het swanger geword…” (Gen. 30:22)

  • Die Here God kyk altyd met sagte oë na jou, selfs wanneer jy verstote en alleen voel.
  • Moet nooit God se teenwoordigheid en hulp in jou lewe beperk nie.
  • Hou aan glo dat Hy uitkoms vir jou sal gee.
  • Die Here sorg vir jou soos ‘n skaapwagter wat sy skape oppas (Ps. 23:1).

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my gebede verhoor as dit met my swaar gaan. In Jesus se Naam. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 Maart 2025

16 Maart

My gebed is dat jy sal  verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.

Tema: Hy dra kennis van alles

Teks: “Jakob het hom vir Ragel vererg en vir haar gevra: ‘Kan ek God se werk oorneem?’” (Gen. 30:2)

  • Dit is God wat toelaat dat sekere dinge oor jou pad kom, goeie en slegte dinge.
  • Jy kan jou planne maak, maar dit is op die ou einde die Here wat finaal besluit wat daarmee sal gebeur (Spr. 16:1, 9). 
  • Niks gebeur met jou waarvan God nie weet nie. 
  • As slegte dinge gebeur, gee Hy ook die uitkoms – jy sal sien (1 Kor 10:12-13).  
  • Ontspan dan nou en leef in vrede en vertroue. God sal vir jou sorg.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U vir my in alle omstandighede sorg. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Maart 2025

15 Maart

Ek bid dat jy tevrede met dit wat jy van God ontvang sal wees. Hier is die Woord van die Here vir jou.

Tema: Wees tevrede

Teks: “Toe Ragel merk dat sy nie … kinders in die wêreld bring nie, het sy jaloers geword op haar suster.” (Gen. 30:1)

  • ‘n Christusgelowige is dankbaar vir dit wat mens ontvang het – al is dit soms nie baie nie.
  • Gelukkig is jy wanneer jy vir ander mense omgee en nie hulle goed wil vat nie.
  • Gelukkig is jy wanneer jy nie afgunstig op ander mense se besittings is nie – dit kom jou nie toe nie (Eks 20:17).
  • God die Skepper wat weet wat jy nodig het sal elke dag vir jou genoeg kos, klere en geld gee sodat jy gelukkig kan wees (Matt 6:33).

Gebed

Liewe Vader. Gee my insig om dankbaar te wees dat U elke dag vir my sorg. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Maart 2025

14 Maart

Ek hoop dat jou oë sal oopgaan vir God se liefde en genade in jou lewe. Hier is Sy boodskap wat jy ernstig moet opneem.

Tema: Die Here voorsien ook wanneer jy swaar kry

Teks: “… die Here het vir Lea kinders gegee…” (Gen. 29:31)

  • Kyk, jou lewe is ‘n getuigskrif van God wat getrou, vol liefde en genade is.
  • Verstaan jy dat jy uit die goeie hand van die genadige God leef (Ps. 16:1; Joh. 10:28-30).
  • God die Almagtige sorg altyd vir jou. Alles wat jy het kom van Hom af (Ps. 16:5). 
  • Hy het ‘n wonderlike deel in die lewe vir jou afgemeet en gegee. Jy kan nie daaroor uitgepraat raak nie (Ps. 16:6).

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U selfs in moeilike tye sorg.
In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Maart 2025

13 Maart

My gebed is dat jy deur-en-deur eerlik en opreg sal wees. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die gevaar van bedrog

Teks: “maar die aand van die troue het hy sy dogter Lea gevat en haar na Jakob toe gebring,…” (Gen 29:23)

  • Jy moet Ja sê en dit doen, of nee sê en dit doen (Matt 5:37). 
  • Moenie iets sê wat nie waar of half-waar is nie (Jak 5:12).
  • Soms sê jy een ding en doen ‘n ander ding, of doen dit glad nie. 
  • Dit is emosionele bedrog wat mense emosioneel seermaak en verhoudinge opbreek. 
  • Die Here haat liegstories, halwe waarhede en mense wat ander uitbuit. Hy haat ‘n kullery (Spr. 16:11).
  • Hy is lief vir die waarheid en vir mense wat die waarheid praat (Spr. 12:22).

Gebed

Liewe Vader. Gee my integriteit en die gawe om altyd eerlik te wees. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Maart 2025

12 Maart

Ek bid dat jy regverdig teenoor ander mense sal optree. Hier is die Woord van die Here vir vandag.

Tema: Tree reg en billik op

Teks: “Jy is familie, maar dit beteken nie dat jy vir my verniet moet werk nie. Sê my wat ek jou moet betaal.” (Gen. 29:15)

  • Iemand moet vergoed word vir dit wat hy doen en dit wat hom of haar toekom (Matt 10:10). 
  • Jy mag nie van iemand iets neem wat syne of hare is en jou nie toekom nie – die Bybel noem dit steel (Eks 20:15).
  • Jy moet alle mense, gesinslede en familielede, vriend en vyand, werker en werknemer, almal eerlik, reg en billik hanteer (Job 36:4; Spr. 18:5; 22:2; 29:7; Rom. 2:11; Kol 3:25; 4:1).
  • As jy vir iemand werk, wees eerlik en werk hard omdat die Here jou altyd sien en jy Sy kind is (Kol 3:22-23).
  • As jy vir iemand werk gee moet jy toe sien dat jou werkers eerlik, reg en billik beloon word, anders steel jy hulle geld (Kol 4:1) .
  • Jou eintlike Baas en Hoof, God die Alsiende Vader sien jou en sal jou vir jou regverdigheid, eerlikheid en hardwerkendheid beloon (Kol 3:22-25).

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie U my help om regverdig teenoor almal op te tree. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Maart 2025

11 Maart

My gebed is dat dit vandag met jou goed sal gaan en dat jy goeie gesondheid beleef. Hier is die Woord van die Here vir vandag.

Tema: Help iemand anders

Teks: “ Jakob het nader gekom en die klip van die put af weggerol en Laban se kleinvee laat suip.” (Gen 29:10)

Daar is mense wat hulp nodig het. Help hulle.

  • Wanneer jy ander mense help, sal jy self die vrugte daarvan pluk (Spr. 11:17).
  • Wanneer jy vir ander mense help, is jou lewe vol blydskap en geluk (Spr. 11:18).
  • As die Here vir jou goed is, sal jy arms vol geluk ervaar. Ander mense sal dit sien (Spr. 10:22).

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U my help om ander te help.

In  Jesus se Naam. Amen.e Vader. Baie dankie dat U uitkoms vir my beplan as dit moeilik gaan. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 Maart 2025

10 Maart

Mag jy die uitkoms wat onverwags kom, raak sien en dit met oop arms aangryp. Hier is God se Woord vir jou.

Tema: Die uitkoms is daar – sien dit raak

Teks: “ Hy het onverwags uitgekom by ‘n put in die veld waar drie troppe kleinvee lê.” (Gen. 29:2)

  • Die Here God beplan ons lewe haarfyn en voer dit in detail uit – dit pas soos ‘n legkaart in mekaar in. 
  • Jy is met ‘n plan en doel in gedagte, geskep.
  • Voor jou geboorte is jy al aangestel en gekies vir ‘n bepaalde taak (Est 4:14; Jer. 1:5).
  • Niks in die lewe is per “toeval” of per “ongeluk” nie. 
  • God gee altyd die rigting aan en wys met insig en wysheid die pad wat jy moet stap. Volg dit.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U uitkoms vir my beplan as dit moeilik gaan. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Maart 2025

9 Maart

Vandag bid ek vir jou. Ek bid dat jy die tweede, derde en vierde kanse wat die Here vir jou gee sal raaksien en aangryp. Hier is God se boodskap aan jou.

Tema: ‘n Tweede kans

Teks: “Gaan na Paddan-Aram toe,… en trou daar met ‘n dogter van jou oom Laban… ” (Gen. 28:2)

  • Het jy al agtergekom dat jy soms dom en dwase dinge gedoen en besluit het.
  • Tog gee die Here, die God van meer kanse aan jou ‘n tweede, ‘n derde, ‘n vierde of meer kanse om dinge weer reg te stel.
  • Herstel is deel van God se wonderlike plan vir jou.
  • Vertrou God volkome vir hierdie herstel en genade.
  • In Christus kry jy Sy vergifnis, maar ook baie ander geleenthede wat Hy gee.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U vol van genade is en my meer geleenthede gee om dinge reg te stel. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Maart 2025

8 Maart

Ek hoop en bid dat jy jou nie deur verkeerde advies sal laat mislei nie . Hier is die boodskap vir jou.

Tema: Kies reg en leef gelukkig
Teks: “Nou moet jy na my luister, my seun, en doen wat ek jou sê.” (Gen. 27:8)

  • Soos wat jy in die Here vertrou, moet jy ook verwag dat dinge sal gebeur.
  • Soms kom verleiding na jou toe terwyl dit mooi, goed en reg lyk en klink. 
  • Die Here verlos jou daaruit, want Hy is regtig getrou, goed en sal jou uit alles uithelp.
  • Leef binne die wil van die Drie-enige God. 
  • Hy sal jou beskerm en gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my lei om die regte dinge te doen. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Maart 2025

Ek hoop dat jy vandag in moontlike moeilike tye ook God se uitkoms raak sal sien. God se Woord wil jou hierin raad gee.

Tema: ‘n Doodlooppad
Teks: “Trek weg van ons af. Jy het te sterk geword.” (Gen. 26:16)

  • Jaloesie, vrees en konflik veroorsaak dat ander mense die lewe vir jou moeilik kan maak.
  • Dit kan dan voel asof jy by doodloopstrate kom.
  • Wat vir jou na ‘n ramp lyk is vir die Here die begin van ‘n nuwe oplossing.
  • Jy weet mos die Here is altyd by jou.
  • Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy beskerm jou en gee jou raad (Spr. 3:25-26).

Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U my tydens krisisse en probleme
bystaan. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Maart 2025

Mag jy die nuwe era en seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die moeilike besluit is soms reg
Teks: “ Moenie Egipte toe trek nie. Bly waar Ek jou sê: in hierdie land” (Gen. 26:2)

  • Oënskynlike beter opsies is nie noodwendig die regte opsie en uitkoms nie.
  • Soms wys die Here vir jou om iets te doen wat teen die verloop van die lewe gaan
  • Dit lyk na ‘n dom besluit, maar dit is die wil van die Here – stap agter die Here aan.
  • Wie die wil van die Here doen, sal gelukkig wees.

Gebed
Liewe Vader. Gee my ‘n fyn aanvoeling sodat ek U wil sal doen. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Maart 2025

My wens is dat jy vandag besonderse respek aan die Here sal wys. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Alles wat moontlik is, is nie aanvaarbaar nie
Teks: “ Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene.” (Gen. 25:34)

  • Ideale en volmaakte omstandighede bestaan nie altyd in die lewe nie. Moet nie daarvoor wag nie.
  • God is jou Beskermer, jou Rots, jou Skepper en jou Versorger.
  • Daarom kan jy onbesorg in die aande slaap en in die dag leef (Ps. 4:9)
  • Leef met jou oë gerig op die toekoms – ‘n beter toekoms.
  • Die Drie-enige God, Hy maak jou baie gelukkig.

Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U vir my sorg.
In Jesus se Naam. Amen

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Maart 2025

Ek bid dat jy sal leer om die regte waardes te hê. Geniet God se Woord vandag vir jou.

Tema: ʼn Droom vir iets beters
Teks: “Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my.” (Gen. 25:31)

  • Die Here sal die goeie dinge van die lewe vir jou gee(Spr. 3:4).
  • As die Here jou nie help nie, werk niks vir jou uit nie(Ps. 94:17).
  • Gryp na beter dinge in die lewe. Kry dit op ‘n eerlike en hardwerkende maniere. Jy sal vol geluk wees.
  • Moenie met die minder belangrike en middelmatige dinge tevrede wees nie.
  • Neem eerlike leiding en bereik die beste vir God en vir jouself.

Gebed
Liewe Vader. Maak my oë oop dat ek kan sien wat U vir my wil gee. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Maart 2025

Ek hoop dat jy sal leer om alle mense dieselfde te hanteer.

Vandag se Woord vir jou is as volg:

Tema: Hanteer almal die dieselfde
Teks: Isak het vir Esau voorgetrek,… Rebekka het vir Jakob voorgetrek…” (Gen. 25:28).

  • Ons is geneig om sekere mense beter en met meer respek as ander mense te hanteer.
  • Wanneer sekere mense voorgetrek word, diskrimineer jy teen ander. Dit bring wrywing tussen mense.
  • Ongelukkig gebeur dit wel binne ons gesinne, ons families, werkplek, ons vriendekring, ons kerke, die regspraak, ons samelewing en ons land se politiek.
  • God werk nie so nie: Hy hanteer alle mense presies dieselfde. Almal is voor Hom gelyk (Job 36:4; Spr.18:5; 22:2; 29:7; Rom. 2:11; Kol 3:25).
  • Volg God se voorbeeld. Hanteer alle mense dieselfde.
  • Volg God se voorbeeld: Sien alle mense as Sy beeld en Sy verteenwoordigers op aarde.

Gebed

Liewe Vader. Laat ek U voorbeeld volg. Help my om almal regverdig te hanteer. In Jesus se Naam. Amen

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Maart 2025

Bybel dagstukkies

My hoop vir jou is dat jou toekoms rooskleurig sal wees.

Vandag se Woord vir jou is as volg:

Tema: Weet: Dinge verbeter vir jou
Teks: “ Die Here het sy Gebed verhoor, en sy vrou Rebekka het swanger geword.” (Gen. 25:21)

  • Die Here se beloftes word altyd waar!
  • Jou geloof moet in jou alledaagse lewe kan waar word, anders beteken dit niks.
  • Selfs in donker oomblikke kan jou omstandighede goed en reg uitdraai.
  • Eers as jy die onmoontlike raaksien, sal jy ook God se wonderwerk in jou lewe raaksien.
  • So bring die Here God aan jou lig en hoop.

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U my lewe vol en gelukkig maak.
In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – Gebruik met toestemming.