26 September
My wens en gebed is dat jy vandag sal besef dat God aan jou kant meer is as almal wat teen jou mag wees. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: God aan jou kant is meer as almal
Teks: “Vandag bring Ek skrik en vrees vir jou oor al die volke op die aarde.” (Deut. 2:25)
- Dit maak nie saak hoe klein jy is nie – as God aan jou kant is, is niks teen jou opgewasse nie.
- Groot, sterk en belangrike dinge kan nie teen God se krag staan nie.
- Vandag kan jy alle uitdagings, probleme en teleurstellings in die oë staar.
- Hy wat by jou is, sal jou help om selfs die grootste probleme te oorwin – wees vry! (Ps. 91:10).
Gebed
Vader, dankie dat ek met U by my alle probleme en krisisse kan oorwin.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


