Skep asem vir vandag: 30 September 2025

30 September

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet dat die Here elke geveg vir jou voer en dat jy in vrede kan leef. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here hanteer jou probleme

Teks: “Moenie vir hulle bang wees nie. Die Here julle God sal vir julle veg.” (Deut. 3:22)

  • Omdat God altyd in die verlede gehelp het, hoef jy nie bang te wees nie.
  • Die Here is groter en sterker as alle vyande, uitdagings of moeilikhede wat jy sal teëkom, of dit jou persoonlike lewe, gesin, finansies, werk of enige ander area raak – laat Hy dit hanteer.
  • Staan terug en vertrou dat Hy alleen alles vir jou sal oorwin.
  • Leef met vrede! Leef met vertroue! Leef met hoop! Wees net rustig en vertrou Hom!

Gebed

Vader, gee my vertroue in U dat U elke geveg vir my sal oorwin.

In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.