Vandag begin die derde maand van hierdie jaar. Kan jy dit glo. Ek bid dat dit vir jou ‘n goeie maand sal wees. Mag jou drome waar word.
Hier is God se boodskap aan jou:
Tema: Kry hoop! Moenie onrustig en ontsteld wees nie.
Teks: “ Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy was
kinderloos. (Gen. 25:21)
- Is jou hart onrustig en is jy ontsteld? (Ps. 4:5)
- Jy voel so omdat jy dikwels voor toe deure staan.
- Die Here wil jou troos: Wees geduldig, alles sal regkom. Los dit daarby.
- Hy help jou en gee jou wysheid en insig. Volg Hom en kry hoop.
Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U my probleme van gister, vandag en môre oplos. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – Gebruik met toestemming.

