29 September
My wens en gebed is dat jy vandag sal vertrou dat die Here jou net so sal help soos Hy jou in die verlede gehelp het. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Vertrou die Here
Teks: “Ek het destyds vir Josua gesê: ‘Jou twee oë het nou alles gesien wat die Here julle God met daardie twee konings gedoen het.'” (Deut. 3:21)
- God herinner Sy volk aan al Sy wonderwerke en magtige dade van die verlede.
- Neem tyd om te dink aan die wonderwerke wat die Here ook al reeds vir jou gedoen het.
- Die Here van toe is steeds dieselfde Here wat vandag en môre vir jou omgee (Heb. 13:8).
- Moenie bang wees vir uitdagings nie – Hy sal steeds sorg.
Gebed
Vader, dankie dat U vir my omgee en my elke dag help.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


