Afkondigings – 16 Januarie 2022

Vandag – Sondag 16 Januarie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 1 Korintiërs 12 vers 1 tot 11.  Die tema van die prediking is:  Wat dra jy in jou rugsak?
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00. 

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Januarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. 

Ons begin om 16:00 Woensdag middag met die opnames in die kerkgebou en u is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.

Sondag – 23 Januarie 2022:

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Ds Danie Goosen

Spesiale Offer vir die Jan Kriel-Instituut

Webtuiste

Die gemeente se webtuiste is herontwerp. Die webadres is https://www.nggrootbrak.co.za en as u ng kerk grootbrak op Google intik sal u die skakel na die webtuiste sien.  Kliek net daarop om by die webtuiste uit te kom.

Daar is baie intydse, lewendige en relevante inligting op die webblad, so besoek dit gerus.

Getuienisbediening

Ons vertrou almal het ‘n geseënde feesgety gehad en ons sien uit om 2022 weer saam die pad te stap en ‘n verskil in ons gemeenskap te maak.

Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:

26 Januarie, 9 en 23 Februarie asook 9 en 23 Maart.

Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  nggrootbrak.co.za

Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)