Afkondigings 30 Januarie 2022

Vandag – Sondag 30 Januarie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.  Vanoggend se diens word gelei deur Dr Frans Hancke.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Nehemia 1.  
    Die tema van die prediking is: Biografie van ‘n skinker.
  • Jaarlikse bevestiging van kerkraadslede:

Ouderlinge
Dr Frans Hancke,
Ann Pretorius (Blok 9B) en
Johan de Wit (Blok 8A)
Diakens:
Adolf Jonker (Blok 7) en
Corlien Kleyn (Blok 13B)

  • Spesiale deuroffer gaan vir die Instituut vir Dowes.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou.  Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste.  Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. 

Ons begin om 16:00 Woensdagmiddag met die opnames in die kerkgebou en u is baie welkom om dit by te woon.  Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk.

Jeug

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. 

Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir Februarie 2022 is beskikbaar in die voorportaal. 

Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 6 Februarie 2022

Kategese om 09:00

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker:  Ds Danie Goosen

Spesiale Offer vir die Morreson Kinderhuis.

Rek en strek oefeninge vir seniors

Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die

kerksaal.  Nuwe lede is welkom.

Kontakpersoon:  Piet Snyman (082 297 3476).

Blokbyeenkoms – 2 Februarie 2022

Blok 1 (Gonnakraal, Sorgfontein en Vlakte) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas, by Hynn & Hannetjie Engelbrecht, Eilandskloof. (082 950 8714)

Gholfdag fondsinsameling

Die jaarikse gholfdag fondsinsameling vind plaas op 26 Maart 2022.

Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners

Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier.  Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.

Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.

Getuienisbediening

Ons vertrou almal het ‘n geseënde feesgety gehad en ons sien uit om 2022 weer saam die pad te stap en ‘n verskil in ons gemeenskap te maak.

Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:

9 en 23 Februarie asook
9 en 23 Maart.

Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien.

Omgeebediening

In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee.  Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.

Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak!  By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.

Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.

KAIROS KURSUS – FEBRUARIE 2022
Wil jy GOD se plan beter verstaan? 
Wil jy SY opdrag beter verstaan? 
Wil jy SY wil daagliks doen?
Hier is die geleentheid om meer uit te vind.
GRATIS KURSUS – KERKGEBOU
10 & 11, 18 Februarie (aand)       
12 & 19 Februarie (volle dag)
13 & 20 Februarie (middag)
Bespreek jou plek voor 31 Januarie 2022!
Skakel Kobus Verreynne (060 889 6897)

Webtuiste

Die gemeente se webtuiste is herontwerp. Die webadres is https://www.nggrootbrak.co.za en as u ng kerk grootbrak op Google intik sal u die skakel na die webtuiste sien.  Kliek net daarop om by die webtuiste uit te kom.

Daar is baie intydse, lewendige en relevante inligting op die webblad, so besoek dit gerus.

Dankies

Ons het die volgende dankie sê boodskappe ontvang:

  • Dr Jurie Vermeulen – FEBA Radio bediening (R 2 700 donasie)

Dankie dat U getrou saam met ons in gebed staan ​​en die werk van die bediening ondersteun wat die evangelie aan mense bring wat nooit die Goeie Nuus op enige ander manier sou gehoor het nie. Die saadjies wat in 2021 gesaai is, het ’n blywende impak op die lewe van luisteraars regoor Afrika gehad.

  • Suzanne Storbeck – Up with Downs (R 1 453 donasie)

Dit is met groot dankbaarheid in ons harte wat ons hierdie epos stuur. Baie-baie dankie dat julle ons elke jaar onthou. Dankie vir julle liefde en ondersteuning. Ons waardeer dit opreg.

  • Lynette Leibach – Geopende Deure (R 767 donasie)

Dankie vir jou geskenk om geestelike en praktiese ondersteuning te voorsien aan ons vervolgde familie in Christus deur jou onlangse geskenk van R 767.

Dankie dat jy deur jou gebede en geskenke die wedren van geloof saam met ons vervolgde familie in geloof aanpak. Jy help om die koninkryk te bou vir toekomstige generasies wanneer jy help om hulle te versterk en toe te rus om hul geloof uit te leef in plekke waar ons geloof onwelkom is.

  • Adam van Tonder – VGK Groot-Brakrivier (R 1 000 kwartaallikse bydrae)

Lynette de Jager – Eilande Sending (R 4 200 kwartaallikse bydrae)


Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525          ‘ 044 620 2205      Faks:  044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

  Webbladadres:  nggrootbrak.co.za

Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)

Bankbesonderhede:  FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314