Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Augustus 2026 – God is só goed

Augustus — Psalms

6 Augustus

Liewe Vriend

Maak vandag jou oë oop vir al die goeie dinge wat God rondom jou sit.  Hier is ’n Bybelse gedagte net vir jou vir vandag.

Tema:  God is só goed

Teks:  “Hoe groot is U goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil.”  (Ps. 31:20)

  • Die Here is goed en Hy vergewe graag — sy liefde is groot vir almal wat Hom aanroep.  (Ps. 86:5)
  • Sy goedheid is altyd daar vir dié wat Hom dien — dit raak nooit op nie.
  • God wys sy goedheid waar ander dit kan sien — jou lewe kan vandag daarvan vertel.
  • Tel vanaand jou seëninge een vir een — dit verander ’n moeë hart in ’n dankbare een.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir U goedheid wat elke dag oor my lewe uitspoel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.