Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Augustus 2026 – God se liefde faal nooit

Augustus — Psalms

5 Augustus

Liewe Vriend

Daar is ’n liefde wat jou nooit sal los nie en nooit vir jou moeg word nie.  Die volgende geestelike saad word vandag gesaai.

Tema:  God se liefde faal nooit

Teks:  “Verskyn tog tot my redding, red my deur U onfeilbare liefde. Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie…”  (Ps. 31:17-18)

  • Jy kan op God se liefde staatmaak — Hy gee uitkoms en jou hart kan weer bly wees.  (Ps. 13:6)
  • God se liefde hou nooit op nie. Dit laat jou ook nooit in die steek nie — dit hang nie af van hoe goed jy vandag presteer nie.
  • Roep Hom gerus — wie op die Here hoop, word nooit teleurgestel nie.
  • Dra daardie liefde ook aan ander mense oor — wys vandag vir iemand anders hoe God se liefde lyk.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir U liefde wat my elke dag red en dra.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.