Augustus — Psalms
7 Augustus
Liewe Vriend
Min dinge voel so lig soos ’n hart wat weet sy sonde is vergewe. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Vergifnis maak jou vry
Teks: “Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.” (Ps. 32:1)
- By die Here kry jy vergifnis — daarom kan jy Hom met blydskap dien. (Ps. 130:4)
- Dit gaan goed met die mens wie se sonde vergewe is — vergifnis is waar ware vryheid begin. Dit is wat Jesus vir ons hier op aarde kom doen het.
- Moenie ou skuld ronddra wat God klaar vergewe het nie — los dit by die kruis.
- Vergewe ander soos God jou vergewe het — dit maak jou eie hart ook vry.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my sonde vergewe en my hart lig maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


