Woensdag – 21 September 2022 – Kooroefening om 17:15 by die orrel. Sondag – 25 September 2022 Geen kategese. Erediens 10:00 Prediker: Ds. Danie Goosen. Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 21 September 2022. NG Kerk George (Moedergemeente) Praktiese werkswinkel oorevangelisasie (Suid-Kaap) 18 – 25 September 2022 NG Kerk Reebok Koorfees om 19:00 – 23 September 2022 Opstandingsfees met blomme: 22-25 September 2022 kerksaal van NGK Mosselbaai-Suid in 15de Laan Vrydagaand 28 Oktober 2022Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede! Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09h00
“Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” Psalm 16: 6
Hoe sê mens dankie, vir alles wat jy so mildelik ontvang? Die siekte van ons tyd, selfsug, soos Ds Kobus Smit so mooi uitgewys het is die kanker van ons lewens. Dit maak ons ondraaglik en onvergenoegd. Dit spruit uit ons persepsie van wat menseregte is. Dit lei ons om meer te verwag as wat ons nodig het, of wat vir ons bestem is.
Dit maak dat ons, wat elkeen uniek is, se oë gerig is op ons buurman, buurvrou, broer of suster, om seker te maak dat ons darem aan hulle standaarde kan voldoen. So verloor ons God uit die oog. Ons is so besig om te begeer wat ‘n ander het, dat ons nie eers besef dat dit wat ons het voldoende is vir ons behoefte nie. In die proses vergeet ons om ons dankbaarheid aan God te openbaar.
Ons kan ook nie voorgee om dankbaar te wees nie, want God ken ons elkeen se harte, elke gedagte nog voordat dit gevorm is. God sien elke opregtheid en valsheid raak. So rig jou oë op die Here? Die Een waarvandan ons hulp en krag vandaan kom. Moet Hom nie uit die oog verloor nie. Dan sal jy volkome gelukkig wees.
Kyk om jou rond om die wonderlike gawes van God elke dag raak te sien. Daardie sagte rol-klank van die vleiloerie en die vrolike klanke van die Knysna ruigtesangertjie in die kusbos. Die lekker-kry plas van die logge walvis wat deur die see-oppervlak breek met ‘n grootse waterspat, of die asemrowende saam-geniet van die dolfyne wat in die voor-brander-breek die branders ry. Ons moet net ingestel wees om elke liewe gawe wat God oor ons pad bring te waardeer en te geniet.
Dankie vir die liefkry, lekker-kry en lag; maar ook dankie vir die seerkry, hartseer en trane. U vorm ons deur elke ervaring om ons die unieke skepsels te maak wat U wil hê ons moet wees. U help ons in tye van voorspoed en ook in die tye van swaarkry. Deur U smeltkroes en U genade kan niemand anders ‘n beter ek wees, as ekself nie. Ja, voorwaar, ek kan ook soos my skoolhoof van ouds së: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” (Ps. 16: 653)
Die Mosselbaai Ringsitting is ‘n byeenkoms wat jaarliks plaasvind, alhoewel die volgende eers weer in 2024, as gevolg van die Sinodale byeenkoms volgende jaar. Die agt gemeentes (Brandwacht, Danabaai, Groot-Brakrivier, Hartenbos, Herbertsdale, Mosselbaai, Mosselbaai-Suid en Reebok) bied die vergadering alternatiewelik aan en dus vind dit slegs plaas elke 8-9 jaar in ‘n gemeente.
Heerlike sang gedurende die loop van die dag, onder die entoesiastiese leiding van Ds. Johan Engelbrect (Hartenbos) op die kitaar en Ds. Pierrie Kies op die klavier (Mosselbaai), het die gemaklike stemming en samesyn van die vergadering weergegee.
Ds. Willem Smit van Hartenbos open die vergadering en gee die stoel oor aan Elize Barnardt van Caritas, wat ‘n paneel van drie dames voorgestel het. Die sprekers het gewissel van ‘n maatskaplike agtergrond (Marlise Labuschagne van Helpende Hand en Solidariteit van die Wes-Kaap Streek), narratiewe terapeut (Stefanie Minnaar van Ouer-Tiener Harmonie) wat spesifiek met ouer-kind verhoudings werk en ‘n praktiserende sielkundige (Magriet Oberholser). Die tema van die oggend was om die behoefte bepaling asook aanspreek van emosionele behoeftes in gemeentes na die Covid tyd uit te lig.
Helpende Hand en Solidariteit wat spesialiseer in die bou van netwerke en betrokke is by ouetehuise, kinderhuise, ens. binne die Afrikaanse-sprekende kultuur, help gesinne om weer op hulle voete te kom in die moeilike emosionele en finansiële tye waarin ons leef en meer spesifiek na Covid.
Magriet Oberholser noem dat ons nie ‘n padkaart gehad het vir die Covid-tyd nie. Lande, regerings, medici en gewone mense moes dus blindelings rigting vind in ‘n vreemde en onverwagte a-sosiale tydperk. Dit het mense weer laat besef wat die belangrikheid van die basiese behoeftes is. Nabyheid en aanraking van familie en vriende.
Stefanie Minnaar lig die belangrikheid van breinfunksie en aksies wat verskil tussen ouers en kinders uit. Sy beklemtoon die belangrikheid van kommunnikasie en begrip vir mekaar se angste en vrese. Sy maan teen vinnige reaksies op wat ander sê en doen, aangesien daar nie altyd begrip is vir hoe belangrik sekere dinge vir die ander persoon is nie.
Onder die fasilitering van Elize Barnardt wys die sprekers op die nodigheid om begrip te hê vir die mense om jou. Van die vrae uit die gehoor raak aan die belangrikheid om jou eie en ander se stresvlakke te verstaan. Mens moet besef dat dit positiewe stres ‘n normale reaksie is om goed te presteer. Dit is egter belangrik om begrip te hê vir die verlammende effek van negatiewe stres (Sien grafiek), wat nie bydra to prestasie nie.
Al vier die sprekers het daarop gewys dat dit belangrik is om die mense om jou fisies aan te raak om vertrouensverhoudings en omgee te reflekteer. Mens moet besef dat ‘Gesprekswerk is pynwerk’ en kan baie uitmergelend wees. Daar is ‘n plek vir elke mens, waar mens nuwe krag kry. Vir sommige is dit geloof, stilte, musiek, oefening, die natuur, ens. Elkeen moet dus besef waar hy/sy weer kan herstel. Die sprekers los ons met die volgende gedagtes:
Marlize: Sy vind haar rustigheid en hersteltyd in stiltetyd en haar motto is om ‘n plek beter te laat wanneer sy wegstap.
Stefanie: Laat ons met die teks vers: “Ek (God) weet wat ek vir jou beplan het.”
Magriet reken dat elkeen sy energie-fonteine moet ken. Vir haar is dit lees, lag, musiek, ens. Dit is wat ons help om die volgende tree te gee.
Die Mosselbaai Ringsvergadering self het ingelui met ‘n nagmaalsbediening gelei deur Ds. Danie Goosen met die baie gepaste teks verse van Joh. 7: 37-38. “As iemand dors het, laat hy na My kom en drink! Met die een wat in my glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit my binneste vloei.”
Die Gasvryheidbediening het die besoekers op kleurvolle en smaakvolle wyse ontvang en onthaal, ten spyte van beurtkrag, wat aan die orde van die dag was.
Baie welkom by vanoggend se erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die nuwe kerkraadslede wat vanoggend bevestig word.
Ons Skriflesing vanoggend kom uit Johannes 7. Die tema van die prediking is: Opgedroogde fonteine?
Kategese om 09:00.
Sinodale Offer vir Arbeidsbediening by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag – 21 September 2022
Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 25 September 2022
Geen kategese.
Prediker: Ds. Danie Goosen.
Sinodale Offer vir Bediening aan die Jode.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Vrydagaand 28 Oktober 2022
Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede! Plek: Kerksaal
Tyd: 18:00
Koste: R50 pp
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09h00
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir September 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Verandering in eredienstye
Tydens die kerkraadsvergadering van 23 Augustus 2022, is daar besluit om vanaf 1 Januarie 2023 die eredienstye op Sondae te vervroeg vanaf 10:00 die oggend na 09:00 die oggend. Die Kategese sal skuif na 10:00 in die oggend direk na die erediens. Indien u nie die 09h00 oggenddiens by die kerk kan bywoon nie, is u welkom om die erediens by Groenkloof om 10:00 die oggend by te woon.
Indien u enige beswaar het teen die besluit vra ons dat u dit asseblief skriftelik so gou moontlik by die kerkkantoor indien.
Getuienisbediening
Die derde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 21 September 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik IS TOTAAL UITGEPUT. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Ondersteuningsgroep
Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.
Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.
Ons bied die volgende aan:
Eensames wat geselskap nodig het;
Mense wat hulp nodig het met inkopies;
Vervoer na dokters;
Emosionele probleme; ens.
Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.
Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Daar word tans herstelwerk gedoen binne die kerkgebou. Ons vra verskoning vir enige ongerief / stof wat hierdeur veroorsaak word. Ons bedank u vir u begrip en geduld.
FEBA RADIO SA – GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA MALAWI
Slegs 2% van alle Yao-mense is Christene en die res is oorwegend Moslem. Met vreugde loof ons die Here vir FEBA Malawi en die impak wat sy Litala FM in honderde Yao-mense se lewens maak. Mag hulle elke dag nader aan God groei en Sy goedheid aanskou.
Soos wat die bediening in Malawi groei, het Pastoor Amos en sy span meer mense nodig om te help. Bid asseblief dat die Here die regte mense sal stuur om te help met hierdie bediening by Litala FM.
Vir meer inligting, kontak ons: Kantoornommer – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.
NG Kerk George (Moedergemeente) Praktiese werkswinkel oorevangelisasie (Suid-Kaap) 18 – 25 September 2022
Die volgende aktiwiteite is beplan vir bogenoemde week. Die gemeente se ondersteuning en voorbidding word gevra:
Sondag 18 Sep. – Interkerklike erediens.
Dinsdag 20 Sep. – Konferensie om te besin oor die tema – “Die kerk se rol in sosiale genesing en kohesie”. ’n Groot aantal nie-regerings organisasies, kerkgenootskappe, sakelui, polisie en munisipaliteit is genooi om te besin oor die lewensomstandighede asook die opheffing van die menswaardigheid van ons gemeenskap.
Woensdag 21 Sep. – Praktiese werkswinkel oor evangelisasie (09:00-13:00).
Vrydag 23 Sep. – Internasionale ete.
Sondag 25 Sep. – Interkerklike sangdiens met genooide koor.
NG Kerk Reebok Koorfees om 19:00 – 23 September 2022
Toegang: R50 per persoon by die deure.
Kore wat optree:
Reebok NG Kerkkoor
Benevolantparkkoor
Ge Gaudio (George)
Eden Cameratakoor
Sotto Voce
Opstandingsfees met blomme: 22-25 September 2022
Kom ons wees maar eerlik: COVID het ons almal lelik gepootjie en ons het behoefte aan goeie nuus en hoop. Suidkerk bied daarom ‘n Blommefees aan wat die boodskap wil oordra dat daar hoop en oorwinning is oor alle negatiewe lewensomstandighede. Ons noem dit: OPSTANDINGSFEES MET BLOMME.
Die Blommefees sal DV 22-25 September plaasvind. Dit word gehou in die kerksaal van NGK Mosselbaai-Suid in 15de Laan. Die Blommeskou skop 22 September af met ‘n wydingsdiens om 18h00 in die kerkgebou. Dit neem die vorm aan van ‘n sangdiens waarby ons lofprysingspan en ander musikante gaan optree. Daar gaan daagliks ‘n teetuin in die kerksaal wees wat tussen 10h00 en 18h00 oop sal wees. Die blommeskou is oop na die wydingsdiens en daarna bedags 10h00 tot 19h00. Die teetuin bly egter net oop tot 18h00. Toegang is gratis. Kom verlustig u in die blommeskou wat ‘n boodskap van hoop oordra en geniet keurige gebak en drinkgoed in die teetuin. Almal in die gemeenskap word hartlik uitgenooi om hierdie fees te kom geniet.
Navrae kan gedoen word byds. Danie Smit by 084 701 4386.
DIE WEBTUISTE
(nggrootbrak.co.za)
Nuut op 18 September 2022
Link na die YouTube Preek van 18 September 2022.
Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Hoe sê mens dankie”. ‘n Kort boodskap vir die week.
Mosselbaai Ringsitting: 13 September 2022 te Groot-Brakrivier.
Gemeentebrief: September 2022.
Boekvoorlesing: Onverantwoordelik deur dr. Frans Hancke. Ou episodes kan ook geluister word.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07h00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
I am writing this edition of the week from our balcony, the view of the ocean in front of me, the lemurs frolicking in the mango trees in the garden and the familiar and comforting sounds of the village below. Yes, I am home.
Dit was ‘n roerende belewenis om saam met duisende gelowiges van regoor die wêreld te sing en bid en saam gesprek voer skryf ds Nelis Janse van Rensburg uit Duitsland. Hy was deel van die NG Kerk se amptelike afvaardiging wat die agt-jaarlikse saamtrek van die Wêreldraad van Kerke se Algemene Vergadering bygewoon het wat vanjaar van einde Augustus tot 8 September gehou is in die Duitse stad Karlsruhe.
Goeiemôre gemeente Ons as ‘n gemeente is dankbaar dat ons die dienswerk van Christus kan voortsit waartoe Hy ons geroep het. Ons wil elkeen bedank vir enige vorm van dienswerk waarby u betrokke is. Ons besef ook dat hierdie betrokkenheid ook buite ons gemeentegrense val en moedig u aan om voort te gaan met die goeie werke waartoe Christus ons geroep het.
Maandag – 12 September 2022 – Gemeentefeesbeplanningsvergadering om 18h00 in die kerkgebou Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751) Dinsdag – 13 September 2022 Ringsitting Sondag – 18 September 2022 Kategese om 09:00. Erediens 10:00 Prediker: Ds. Danie Goosen. Bevestiging van nuwe kerkraadslede Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 21 September 2022 Vrydagaand 28 September 2022Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede! Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09h00
Here maak my ‘n instrument van u vrede. Waar daar haat is, laat my liefde bring. Waar daar leed is, laat my die gees van vergifnis bring. Waar daar twyfel is, gee dat ek u geloof mag versprei. Waar daar wanhoop is, help my om hoop te bring. Waar duisternis, ek die lig mag bring. Waar daar droefheid is, ek vreugde mag skep. O Heiloge Meester, gee dat ek nie soseer sal trag om vertroos te word nie, as om te vertroos; om begryp te word nie, as om te begryp; om bemin te word, eerder as om lief te hê nie. Want dit is deur te vergewe dat ons vergewe word; dit is deur te sterwe dat ons tot die ewige lewe gebore word!
Tydens die grendeltyd van 2000 tot 2022 het ‘n weldoener in die NG Kerk Groot-Brakrivier begin om by 20 punte in die gemeenskap, waar daar behoefte was, groentepakkies te voorsien. Tydens April het die weldoener ‘n versoek aan die omgeebediening gerig om voort te gaan tydens die vyf maande wat die persoon uitstedig sou wees.
Die Here is so goed en getrou. Dit is my getuies. Hy dra ons elke dag. Hy sê in Sy Woord dat Hy ons onder Sy vlerke weg steek en ons beskerm teen elke plan van die vyand en Hy doen dit. Alle lof en eer aan ons Vader wat so vir ons sorg en voorsien. Dankie vir elkeen wat vir ons intree, wat vir ons bid en wat ons ondersteun op een of ander manier. Dankie dat ons as ‘n span en as ‘n eenheid saam kan werk. Elkeen op sy gegewe plek. Dit is soos die oorlog. Iemand is in die voorkant van die geveg, waar die bomme val, ander stuur, ander dra by op een of ander manier ander bid, todat die oorwinning daar is.
Meer as 6 maande hou hierdie oorlog aan en ons sien hoe Dawid teen die groot Goliat staan en dat die Here klein Dawid sterk maak teen die dreigement van die vyand.
Ons as gemeente hou steeds aan om vir die vlugtelinge kos te maak, te help met verblyf, kospakkies, klere en waarmee ons ook al kan. Meer mense vlug na Reni. Hulle noem Reni die “hemel” want hier is nie soveel sirenes nie en mens voel veilig hier. Ek glo met my hele hart dat dit 26 jaar se gebede is en die Here se teenwoordigheid in Reni. Al is ons hawe ‘n groot teiken, steek die Here ons weg onder sy vleuels.
Die week was en Odessa toe. Ek is uitgenooi deur Odessa streeks hoofde, om ‘n forum by te woon wat aangebied is om dankie te sê vir mense wat bystand en hulp gee aan die mense van Oekraïne tydens die oorlog. Dit was ‘n groot voorreg om ‘n toekenning te ontvang. Alle eer aan die Here wat so getrou is. Mag Hy verheerlik word. Hulle het ook klem daarop gelê dat dit die Christene is wat tot op die voor front gaan om kos en medikasie te neem. Daar was generaals en staatshoofde wat hulle dank en waardering uitgespreek het.
Terwyl ek in Odessa was het daar ‘n paar keer serenis afgegaan. Ek kan nie dink hoe kindertjies onder so ‘n vreesaanjaende geluid probeer slaap nie. Daardie oomblik voel dit so onwerklik asof jy in ‘n tweede wêreldse filmstel is. Mens weet nie waarheenom te hardloop of wat om te doen nie. Meeste mense is al so gewoonden hou net aan met hul alledaagse gang. ‘n Bietjie verder van ons af, in Odessa, het ‘n vriendin van my, vertel dat sy daardie oggend deur haar balkon venster gesien hoe ‘n missiel oor haar woonstelblok trek. Sy se dat sy al die verskillende missiele hoor en uitken.
Raduga was vir ‘n week toe, maar Maandag begin ons weer werk. Daar is ook baie nuwe kindertjies, baie van hulle is vlugtelinge. Ons hofsaak met die brandweer gaan steeds aan oor ons laaste punt, water toevoer indien daar ‘n brand is. Ons begin nou twee putte grawe en pleister groot wat saam 12 ton water te hou.
Lux Verbi uitgewers het my genader om ‘n boek te skryf. Hulle wil hê dat die boek helfte November klaar wees. Bid asseblief vir my, vir kreatiwiteit. Ek kan niks sonder die Here doen nie.
Cilliers en sy vroutjie Tanya was vir so 10 dae in Reni. Hannes-Joshua en Anastasia is nou hier in Reni, vir nog ‘n maand, dan vertrek hulle na Amerika. Met Ivan en Benjamin Cor gaan dit goed. Mari-Alena is in Suid-Afrika en die verlange is groot.
Baie dankie dat julle bid en intree. Dit het groot krag! Die Here doen wat Hy gesê het. Hy is so goed vir ons.
Bid asseblief vir die kernkragsentrale wat in groot gevaar is. Bid asseblief vir ons beskerming
Baie liefde en seën in Jesus
Michele
Projekte rekening: Standardbank, Lynnwood Ridge tak (met kode 012445), rekeningnommer 014330067 in die naam Nuwe Dag
My persoonlike besonderhede: Capitec MRS M POTGIETER Savings Account Number: 1554335599 Branch: 470010
Almost time for me to go home…as in Madagascar home. One more flight to go. I am writing while I wait on Bole airport in Addis Ababa. Time is really going slowly now.
My week in Paris was just an amazing experience. I think my mouth did hang open for a moment like the rest of the people around me when I saw the Eiffel Tower for the first time. From up close, it just looks like a pile of rusted iron, but that is just between us. Alice’s first question was whether I went to the top. Sorry people, my sensitivity to heights made me break out in a sweat just looking all the way to the top. Versailles was another highlight; so much history…so much gold. In this case, all that glitttered, was really gold.
The devotional times at the Bundescamp in the mornings, built up to that moment of asking us whether we were ready to accept the challenge of being sent and used by God. You might wonder why this was so significant to me as Dries and I have been in the mission field for years. It has never been straightforward nor easy, but we were never uncertain of the fact that we were called to Madagascar. The last two years were so challenging; the probable closure of the school on Nosy Be and the constant shortage of funds to keep going. The long time apart did add to our asking the Lord whether our time in Nosy Be is coming to an end. When the solution to keep going with the school came in the form of starting with less than we had the first time, I could not get my head around the fact that we will have to once again ‘start from scratch’.
TWEE MINUUT VIDEO van ons verlof by die vakansie-oord vir sendelinge in Japan, genaamd Takayama (wat reeds sedert 1888 bestaan).
** FOR ENGLISH ** JUST SCROLL DOWN **
Beste Ondersteuner, Lewe lank genoeg in Japan en bloot natuurlik absorbeer jy die Japannese kultuur van verslaggewing en dokumentasie, dus hier volg ons vakansie ‘verslag’.