Nuusflitse vir die week 38+ van 2024

Nuusflitse

Sondag 15 September 2024: Erediens en Kategese 09:00
Woensdag 18 September 2024: Geen kooroefening
Woensdag 18 September 2024: Wolwedans boodskap, sop en brood:
Donderdag 19 September 2024 : Bloedskenk-geleentheid
Sondag 22 September 2024 : Erediens 09:00 Geen Kategese
Sondag 29 September 2024: Aktief kerk 08:30 – 10:00
26 Oktober 2024: Gemeentefees

Afkondgings 15 – 22 September 2024

Afkondigings

Sondag 15 September 2024 :
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Jakobus 3:1-12.
Die tema van die prediking is: Opbouende gesprekke?
• Kategese.
• Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Woensdag 18 September 2024 :
• Daar sal GEEN Kooroefening wees vandag en gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 2 Oktober 2024 om 16:45. Marida – 082 471 0751.

Donderdag 19 September 2024 :

Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 19 September vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.

Sondag 22 September 2024 :

• Prediker – Ds Charné Viljoen: Kerk & Groenkloof.
• GEEN Kategese.
• Sinodale offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ons dominees besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 18 September. By voorbaat baie dankie.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /
Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ensovoorts sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2024. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
15 September 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 15 September 2024.

  1. Bybelstudiereeks: Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Laat almal tuis voel”.
    1. Gemeentenuus:
      a) Samewerking en gesamentlike inisiatiewe van die Ondersteuningsgroep
      en Seeds of Hope .
      b) Ons onthou vir Gè: Jannie Moolman en Riaan Hunter. Daar is enkele fotos
      en ook ‘n kort video-skakel na ‘n opname van die laaste lied: Jerusalem.
  2. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Ethiopië

Die Horing van Afrika – wat bestaan uit Ethiopië, Somalië, Eritrea en Djibouti – hou groot uitdagings in vir evangeliste. Ethiopië is onder die top 50 lande op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van die moeilikste plekke om ’n Christen te wees, terwyl Somalië en Eritrea onder die top vyf is! FEBA Ethiopië se uitsendings bereik luisteraars reg oor die streek en so ver as Libanon, waar luisteraars Christus al aangeneem het.

Ons gebed vir die week:Bid dat die FEBA Ethiopië-span die moed sal hê om God se Woord met vrymoedigheid te verkondig, asook die wysheid om dit effektief te doen.

VAKANTE POS: HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS

VERPLEEGKUNDIGE/INGESKREWE VERPLEEGKUNDIGE

Die kandidaat moet geregistreer wees by die SAVR.

Moet oor die vermoë beskik om met verswakte bejaardes te werk.

Die kandidaat sal direk aan die Hoof Verpleegkundige verslag doen.

Moet bereid wees om skofte te werk.

Ons bied ‘n onderhandelbare salaris met pensioen en medies.

KEERDATUM VIR AANSOEKE 27 SEPTEMBER 2024

Rig u CV en bewys van Registrasie aan: Die Bestuurder – Epos: bejaarde0@gmail.com

Kom kuier lekker saam terwyl jy iets drink en eet!

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk)

Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.

INDIEN U GRAAG BETROKKE WIL RAAK DEUR HULP AAN TE BIED OF ‘N SKENKING TE MAAK KAN U DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

1.KERRIE-EN-RYS:
@ R40. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke – 082 411 1222.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of SMS by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. WhatsApp of SMS gerus vir Kevin van Tonder – 079 214 2497.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help WhatsApp of SMS gerus vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Jaco Erasmus – 072 424 4640.

8. WIT OLIFANT: Bring asb enige ongebruikte goedere van jou (of jou vriende!) na die kantoor .

Dit kan deur Annalene by jou huis kom haal word as dit vir jou prakties moeilik is. Annalene de Swardt – 082 4955 011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.

Vicky Barnard – 083 500 5687 / Charné Viljoen 083 294 6640.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser – 072 400 1991

/ Ilse du Toit – 083 610 1155 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Annalene de

Swardt – 082 4955 011.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.

Groot (9cm deursnit) @ R10. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

13. VLEISTAFEL: Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u

welkom om vir Adolf Jonker te kontak – 0825631927.

BAIE DANKIE VIR JUL ONDERSTEUNING.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: Is geloof ‘n besitting?

“Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie, dit is ‘n gawe van God.”
Eff. 2: 8

Die vraag vandag is, of ons geloof kan besit? Kan ons dit besit soos wat ons ‘n selfoon besit? Iets waarvoor ons gewerk het, iets wat ons kan verlê, verloor, of van ons gesteel word. Kan ons dit laat val, sodat dit onherstelbaar is? Volgens Eff. 2: 8, is dit duidelik dat dit nie uit ons self kom nie, want dit is ‘n gawe van God. Hoe is dit dan dat mens dikwels hoor van mense wat nou skielik nie meer glo nie? Mense wat dink dat hulle hulle lewens gemors het in die werk van die Here?

Lees meer “Stof tot nadenke: Is geloof ‘n besitting?”

Seeds of Hope en die Ondersteuningsgroep van die NG Kerk Groot-Brakrivier vat hande

In Mei vanjaar het die dames van Seeds of Hope organisasie na Riana Briers, wat voorsitter van die Ondersteuningsgroep van die NG Kerk Groot-Brakrivier is, uitgereik.

Na ‘n gesprek met hulle, het ons hulle na ons maandelikse byeenkoms genooi om beter begrip vir mekaar se doelwitte en waardes te he. Hulle het aan gedui dat hulle graag ons hande wil versterk met dit wat reeds gedoen word.

Daar is besluit op ‘n Lentetee vir alleenlopendes wat op 2 September 2024 plaasgevind het. Dit was ‘n prettige oggend met Bingo, geskenkpakkies en pryse, wat goed bygewoon is. Soortgelyke geleenthede word beplan vir elke twee maande.

Lees meer “Seeds of Hope en die Ondersteuningsgroep van die NG Kerk Groot-Brakrivier vat hande”

Nuusflitse Week 37+ van 2024

Nuusflitse

Sondag 8 September 2024 : Erediens en Kategese 9:00
Woensdag 11 September 2024 : • Kooroefening by die orrel om 16:45
Vrydag 13 September 2024 : • Kategese speletjies aand om 18:00
Sondag 15 September 2024 : • Erediens en Kategese 9:00 Prediker – Ds Danie Goosen
Wolwedans boodskap, sop en brood: 18 September 2024

Afkondigings 7-14 September 2024 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 8 September 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Jakobus 2:1-17.
Die tema van die prediking is: Jesus vir almal.
• Toerustingsondag.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 11 September 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Vrydag 13 September 2024 :
• Kategese speletjies aand om 18:00
In die kerksaal.

Sondag 15 September 2024 :

• Prediker – Ds Danie Goosen:

Kerk & Groenkloof.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Arbeidsbediening
by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na
afloop van die erediens. Almal is
welkom.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir September 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 18 September. By voorbaat baie dankie.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /
Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Speletjiesaand NG Kerk Groot-Brakrivier

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
8 September 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 8 September 2024.
2 Getuienisbediening:
a) Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
b) FEBA se gebedsgids is beskikbaar op die webwerf.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Is geloof ‘n besitting?”
  2. Gemeentenuus:
    Die gebedsgids ‘Die Saaier’ van Bybelgenootskap is beskikbaar op die
    webwerf.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Ons Onthou Gé: Jannie Moolman en Riaan Hunter

Vrydag 6 September 2024 het die bekende Tenoor, Jannie Moolman, die Bariton, Riaan Hunter, en die Junior en Senior kore van die Laerskool Vorentoe, die Groot-Brakrivier se mense, oud en jonk, meegesleur deur die lewe van Gé Korsten.

Gé Korsten, die legendariese sanger en akteur, wat in die vyftigerjare sy elektriese besigheid in Suid Afrika begin het, het vinnig en groot opgang gemaak in die musiek- en filmwêreld, en was internasionaal bekend.

Sommige van die ouer garde was terugvoer na hul jong dae met heimwee, trane en soet herinneringe. Die stem van Gé, was ‘n bekende in elke liewe huis.

Die afsluitings Lied, Jerusalem, was met oorgawe deur almal saam gesing, sodat dit sekerlik ver deur Groot-Brakrivier weerklink het. Dit was ‘n onvergeetlike aand.

Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…

“Toe Jesus opkyk en sien dat daar ‘n groot skare na Hom op pad is, sê Hy vir Fillipus “Waar sal ons brood te koop kry om hierdie mense te laat eet? Hy het dit egter gesê om hom te toets – self het Hy immers reeds geweet wat Hy wou doen. Fillipus het Hom geantwoord: “Tweehonderd denarius se brood is nie genoeg om vir elkeen ‘n stukkie te laat kry nie. Een van sy dissipels, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê vir Hom: “Hier is ‘n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense. ”
Joh. 6: 5-8

Vanuit ons menslike perspektiewe is dit so dikwels om geen uitkoms te sien nie. Wie van ons sou kon sien wat Christus beplan het? Wie van ons se geloof sou sterk genoeg wees om te dink dat soveel mense gevoed kan word met die bietjie wat daar beskikbaar is, en dat mens nie ‘n groot klomp geld nodig het nie? Wie van ons sou gedink het om die bietjie wat ons het aan te bied in die versameling, en voed van die skare mense? Dit het na ‘n totale onmoontlikheid gelyk vanuit die menslike perspektief. Jesus Christus het geweet dat dit deel van God se plan was om Sy almag te toon, en Hy het uit die vyf garsbrode en die twee visse genoeg kos vis die skare voorsien, sodat daar nog oor gebly het (“Toe die mense die teken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat na die wêreld sou kom. Toe Jesus besef dat hulle op die punt staan om Hom met geweld te kom gryp met die doel om Hom koning te maak, het Hy weer teen die berg opgegaan, net Hy alleen.” (Joh. 6: 14-15)). Ons reageer so dikwels vanuit ons menslike perspektiewe op die totaal verkeerde manier. Ons verstaan nie altyd die doel van enige gebeure nie. Jesus moes letterlik vlug van hierdie menslike perspektiewe en van dit wat mense geken het in aardse koninkryke.

Lees meer “Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…”

Nuusflitse Week 36+ van 2024

Nuusflitse

Sondag 1 September 2024 : • Erediens en Kategese om 09:00
Woensdag 3 September 2024 : • Kooroefening by die orrel om 16:45
Donderdag 4 September 2024: Tenpin bowling Klub 50 10:00
Vrydag 6 September 2024 : Ge Korsten Huldeblyk
Sondag 8 September 2024 :Erediens en Kategese om 09:00 • Prediker – Ds Charné Viljoen.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 4 & 18 September

Afkondigings 1 – 7 September 2024

Afkondigings

Sondag 1 September 2024 :
• Erediens om 09:00.
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Konings 18.
Die tema van die prediking is: Vir wie stem jy?
• Nasionale Biddag vir Dowes.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Instituut vir Dowes by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Kaartjies vir die Jannie Moolman konsert te koop by Karina Smit tydens tee.

Woensdag 3 September 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Vrydag 6 September 2024 :

Kinders 12 en jonger is gratis!

Sondag 8 September 2024 :

• Prediker – Ds Charné Viljoen. • Toerustingsondag. • Kategese. • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir September 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sterftes 2024:

19 Augustus – Rika van der Hoven: Wyk 12A
21 Augustus – Rossouw van der Hoven: Wyk 12A

Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 7 September 2024

Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde.
Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.
Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels.

Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid. Kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /
Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
1 September 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 1 September 2024.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe….”
  2. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Nuusflitse vir Week 35+ van 2024

Nuusflitse

Sondag 25 Augustus 2024 : 10:00 • Baie welkom by die erediens en doop. Kategese 10:00
Dinsdag 27 Augustus 2024 : • Die Kerkraad vergader in die kerksaal
Woensdag 28 Augustus 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00.
Sondag 1 September 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Dr Frans Hacke. • Kategese
Visioeneringsessie: 30 Augustus – 1 September 2024
SONDAG, 25 AUGUSTUS 2024 OM 17:00 VIND DAAR ‘N LOFPRYSINGS- EN AANBIDDINGSAAND PLAAS BY REEBOK GEMEENTE
Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 7 September 2024
Wolwedans boodskap, sop en brood: 4 & 18 September.