In Mei vanjaar het die dames van Seeds of Hope organisasie na Riana Briers, wat voorsitter van die Ondersteuningsgroep van die NG Kerk Groot-Brakrivier is, uitgereik.
Na ‘n gesprek met hulle, het ons hulle na ons maandelikse byeenkoms genooi om beter begrip vir mekaar se doelwitte en waardes te he. Hulle het aan gedui dat hulle graag ons hande wil versterk met dit wat reeds gedoen word.
Daar is besluit op ‘n Lentetee vir alleenlopendes wat op 2 September 2024 plaasgevind het. Dit was ‘n prettige oggend met Bingo, geskenkpakkies en pryse, wat goed bygewoon is. Soortgelyke geleenthede word beplan vir elke twee maande.
‘n Spesiale dank aan almal wat met soveel entoesiasme meegewerk het.
Seeds of Hope Community Project is besig met ‘n paar projekte op die oomblik. Hulle brei en hekel komberse vir bejaardes, brei en hekel speelgoed vir kleingoed en pak nood kospakkies vir die wat minderbevoorreg is en honger het in ons gemeenskap.
Indien julle wil betrokke raak kontak hulle gerus op 082 443 3601. of besoek gerus hul Facebook bladsy: https://web.facebook.com/people/Seeds-of-Hope-Community-Project/61553846970943/





















