Lief en Leed Week 41 van 2026

Lief en Leed

Sterftes

Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Teresa Verwey. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende.

Verjaarsdae

Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Verjaarsdae Week 39 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuusflitse Week 41+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 4 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kategese GEEN Kleuterkerk
Sondag 4 Oktober 2026 : GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie
Woensdag 7 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 7 Oktober 2026 Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
Woensdag 7 Oktober 2026 – 18:00: Blok 13 (Suiderkruis) by André en Martie Olivier
Woensdag 7 Oktober 2026 – Klub 50 Noot vir Noot
Sondag 11 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 Kleuterkerk in die konsistorie. Kategese.
Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026 18:00
DANKFEES 24 OKTOBER 2026


Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 4 – 11 Oktober 2026

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 September 2026 – Praat vir die stemloses

Dagstukkies April

30 September

Liewe vriend

Aan die einde van hierdie maand roep God jou om vir ander op te staan — mag jy vandag jou stem gebruik vir wie nie hulle eie kan gebruik nie.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Praat vir die stemloses

Teks:  “”Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.””  (Spr. 31:8-9)

  • Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê.  (Ps. 149:5)
  • Omdat God se mag so groot is, kan Hy jou gebruik om vir ander wat swakker is op te staan.
  • Regverdigheid beteken jy sien raak wanneer iemand oneerlik behandel word, en jy doen iets daaromtrent.
  • Wees vandag ‘n stem vir iemand wat gepla of onregverdig behandel word — staan by hulle.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat ek ‘n hele maand lank saam met U deur Spreuke geloop het — help my om wysheid elke dag te leef, en gebruik my om vir ander op te staan.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 September 2026 – Wees tevrede met genoeg

Dagstukkies April

29 September

Liewe vriend

Om tevrede te wees met wat jy het, is ‘n stil krag wat baie mense nooit vind nie — mag jy dit vandag ontdek.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Wees tevrede met genoeg

Teks:  “”moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: ‘Wie is die Here?’ nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.””  (Spr. 30:8-9)

  • Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning.  (Ps. 149:4)
  • God se goedheid vir sy mense beteken jy hoef nie bang te wees dat jy te min sal hê nie — Hy sorg vir jou.
  • Te veel wil hê kan jou van God wegtrek, net soos te min hê jou kan laat oneerlik raak — soek eerder balans.
  • Skryf vandag neer wat jy regtig nodig het (nie net wil hê nie), en dank God daarvoor.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U vir my sorg — leer my om tevrede te wees met wat U vir my gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 September 2026 – Moenie mense vrees nie

Dagstukkies April

28 September

Liewe vriend

Ander mense se mening kan jou lam vasvang as jy nie oppas nie — mag jy vandag eerder God vertrou.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Moenie mense vrees nie

Teks:  “As jy vir mense bang is, kan jy in ‘n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.”  (Spr. 29:25)

  • Prys die Here! Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars.  (Ps. 149:1)
  • Wanneer jou hart vol is van lof aan God, is daar minder plek oor vir vrees vir wat mense van jou dink.
  • Om altyd te wil pas by wat ander wil hê, kan jou wegtrek van wie God jou geskep het om te wees.
  • Kies vandag om reg te doen, ook al is jy bang iemand sal jou nie daaroor goedkeur nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek by U veilig is. Help my om U te vertrou, meer as wat ek mense se mening vrees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Die goedheid van die Here”

“Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af, en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing, noudat “julle die goedheid van die Here gesmaak het”.

(1 Pet. 2: 1-320)

Wat is jou ervaring van God se goedheid?

In 1 Petrus 2 word ons daarop gewys dat ons alles wat sleg is moet aflê omdat ons ‘die goedheid van die Here gesmaak het‘. Wat verstaan elkeen van ons in hierdie woorde?

Sal ons terugkeer na die huis van die Here net omdat die goedheid en guns van die Here ons volg, soos vir die Psalmdigter? Dink ons dat die goedheid van die Vader daarin geleë is dat ons ontsag vir Hom het?

Of is die goedheid van die Here daarin gesentreer dat ons die goeie dinge van hierdie aarde beleef? Die dinge wat ons laat groei in aansien by die mense? Ons voorspoed en goedheid van die Here word so dikwels gemeet aan alles wat ons het, en nog kan kry! Ons sien hierdie uitkyk ook by Bybelse figure.

Teksverse:
“Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae.” (Ps. 23: 620);

“Hoe groot is u goedheid wat U bewaar vir dié wat vir U ontsag het, wat U voorberei vir dié wat by U skuil, terwyl die mense toekyk.” (Ps. 31: 2020);

“Gee my ‘n teken van goedheid sodat hulle wat my haat, dit kan sien en beskaamd Staan. U, Here, het my immers gehelp en getroos.” (Ps. 86: 1720);

“Mag die goedheid van my Heer, ons God, oor ons wees. En ons handewerk, hou dit vir ons in stand, ja, ons handewerk, hou dit in stand.” (Ps. 90: 1720);

“Hulle sal kom en jubel op die hoogte by Sion; hulle sal van vreugde straal oor die goedheid van die Here, oor koring, nuwe wyn en olie, en oor lammers en beeste. Hulle sal wees soos ‘n natgeleide tuin; hulle sal nie weer wegkwyn nie.” (Jer. 31: 1220)

Doel van die Here se goedheid?

Daar is ‘n inherente dankbaarheid by die Bybelse figure te sien. Hulle besef dat hulle seën van die Here kom. Dat dit Sy goedheid is wat lei tot hulle ‘voorspoed’.

Ons moet elke dag onthou daar is ‘n doel agter God se goedheid. God is goed en regverdig. Hy wil ons tot bekering bring in ons verkeerde aardse maniere.

Die goedheid van die Here is gesentreer in Sy liefde. Hy wil ons deur sy genade die ware lewe laat smaak. Sy Seun, Jesus Christus, is die bewys van Sy omgee en liefde. Hy het alles gegee sodat elkeen van ons, wat in Hom glo, Sy goedheid kan ervaar.

Laat ons in dankbaarheid lewe en alle slegte eienskappe aflê, sodat ons die Verlossing van die evangelie kan ervaar. Sodat ons kan groei in geloof, deur die bystand van die Heilige Gees. Wees ontvanklik vir hierdie grootse gawe van God, en ervaar die volheid van die goedheid van die Here.

Teksverse:
“Dink jy, o mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen terwyl jy dieselfde dinge doen, dat jy God se oordeel sal vryspring? Of verag jy die rykdom van sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld, en besef jy nie dat God se goedheid jou tot bekering wil bring nie?” (Rom. 2: 3-420);

Rom. 11: 22
“Sien daarom God se goedheid sowel as sy strengheid raak: sy strengheid oor hulle wat afvallig geword het, maar sy goedheid oor jou – mits jy in sy goedheid bly,* want ook jy kan uitgekap word.” (Rom. 11: 2220);

Ef. 2: 6-8
“Ja, Hy het ons in Christus Jesus saam opgewek, en saam laat sit in die hemel, sodat Hy in tye wat kom, bewys kan lewer van die allesoortreffende rykdom van sy genade deur sy goedheid aan ons in Christus Jesus. Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God.” (Ef. 2: 6-820)

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 September 2026 – Bely en ontvang genade

Dagstukkies April

27 September

Liewe vriend

Om iets weg te steek, maak dit swaarder — om dit oop te maak by God, maak jou vry — mag jy vandag daardie vryheid ken.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Bely en ontvang genade

Teks:  “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.”  (Spr. 28:13)

  • Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel.  (Ps. 148:13)
  • God se grootheid beteken sy genade is ook groot genoeg vir enigiets wat jy voor Hom bely.
  • Om iets verkeerd weg te steek, laat dit net groter en swaarder in jou hart voel.
  • As daar iets is wat jy lankal wegsteek, bring dit vandag in gebed na God toe en ontvang sy genade.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U my sonde vergewe wanneer ek dit bely — maak my hart weer skoon.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Afkondigings 27 September 2026 tot 4 Oktober 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 27 September 2026 :

Deel 9 van ons reeks ‘n Lewe van Dankbaarheid, Ons is Navolgers.
Prediker: Ds. Leon Cronje

Skriflesing: Matteus 25: 13-30

Tema: Ons is Navolges!

Datum: 27 September 2026
  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 25:14-30.
  • Die tema van die prediking is:Ons is Navolgers.
  • Biddag vir Bediening aan die Jode.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Bediening aan Jode by die deure.
  • GEEN tee na die erediens nie.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Leon Cronje.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Woensdag 30 September 2026 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – 082 471 0751.
  • GEEN Blokbyeenkomste tydens die skoolvakansie.

Sterftes

Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Teresa Verwey. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 40 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 40 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 4 Oktober 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Biddag vir Bejaardes.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 37, asook die antwoorde vir nommer 36 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Hartenbos Sportdag NG Kerk Groot-Brakrivier
Hartenbos Sportdag NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub 50 – Noot vir Noot

Klub 50 Noot vir Noot NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 Noot vir Noot NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening – Kersprojek

Getuienisbediening Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026 18:00

Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjie vuur en vermaak NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjie vuur en vermaak NG Kerk Groot-Brakrivier

DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB,
Rek no 53083186511,
Takkode 210314.

Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk (bv. Dfees 10 Kriel).

Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone.

🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,

5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.

🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.

📚  Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.

🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.

🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! ❤️Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke – Epos Kontak 📞Corita du Preez – Epos Kontak.

🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost – Epos Kontak.

🥪 JAFFLES:  R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers. 📞 Whitey van der Merwe –  Epos Kontak.

🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies. 📞 Kontak: Alta de Beer – Epos Kontak.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼 ☕ Koffie – R15, Tee – R10, Koek – R20.

🍽  Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers gaan die volgende bestanddele nodig hê – koekmeel,  olie, suiker, kaneel. Ons benodig wel eiers, maar eers oor 3 weke. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – Epos Kontak.

🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – Epos Kontak.

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸‍♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.

🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel. 📞 Ruan Viljoen – Epos Kontak.

🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.

Vleistafel NG Kerk Groot-Brakrivier
Vleistafel NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

Het jy geweet dat meer as 1600 tale geen Bybelvertaling het nie? FEBA Internasionaal se missie is om Christus deur media aan hierdie onbereikte mensegroepe te bring. Waar ons ookal werk, stel ons sprekers van plaaslike dialekte aan om die evangelie te vertaal en met hul gemeenskappe te deel. Die oes staan reg, maar die werkers is min.

Ons gebed vir die week: Bid dat die Here mense sal stuur om FEBA in nuwe tale te help uitsaai, en dat Hy onbereikte gemeenskappe op Sy Woord sal voorberei.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 27 September 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
  • Getuienisbediening
    • Lynette se nuutste nuusbrief uit Madagaskar is beskikbaar.
    • Nuusbrief uit Reni Oekraïne.
  • Gebedsgids vir Oktober 2026 vir lees of  vir aflaai om te druk.
  • Bybelstudiereekse:
    • ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
    • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Die goedheid van die Here’”.
  • Gemeentenuus
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

    Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

    Eredienste:
    Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
    Res van die jaar Sondae 09:00
    Kategese:
    Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
    Res van die jaar Sondae 09:00
    Leraars:
    Ds. Charné Viljoen
    Ds Leon Cronje
    Kassiere:
    Alfreda Stander
    Skriba:
    Carmi Kriel
    Kerkkantoor
    Telefoon: 044 620 2205
    Faks: 044 050 1532
    e-pos: Epos Kontak
    webblad: www.nggrootbrak.co,za
    Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
    Bankbesonderhede:  
    FNB tjekrekening
    Rek Nr.  530 831 865 11
    Takkode 210314

    SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

    Nuusflitse Week 40+ van 2026

    Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

    Sondag 27 September 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kategese GEEN Kleuterkerk
    Sondag 27 September 2026: GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie
    Woensdag 30 September 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
    Woensdag 30 September 2026 – GEEN Blokbyeenkomste tydens die skoolvakansie
    Sondag 4 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kategese GEEN Kleuterkerk
    Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026 18:00
    DANKFEES 24 OKTOBER 2026
    Woensdag 7 Oktober 2026 – Klub 50 Noot vir Noot


    Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 27 September 2026 tot 4 Oktober 2026

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 September 2026 – Vriende skerp mekaar

    Dagstukkies April

    26 September

    Liewe vriend

    Goeie vriende maak mekaar beter — mag jy vandag iemand hê wat jou skerp maak, en wees so ‘n vriend vir hulle.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

    Tema:  Vriende skerp mekaar

    Teks:  “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.”  (Spr. 27:17)

    • Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel!  (Ps. 148:1)
    • Net soos die hele skepping geroep word om God te prys, is jy en jou vriende geroep om mekaar tot iets beters te vorm.
    • ’n Ware vriend sê soms wat jy moet hoor, nie net wat jy wil hoor nie.
    • Bedank vandag ‘n vriend wat jou al gehelp het om ‘n beter mens te word.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie vir vriende wat my skerp maak — help my om ook so ‘n vriend vir hulle te wees.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.
    Vorige dagstukkies 2026
    Vorige dagstukkies 2025

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 September 2026 – Moenie skinder nie

    Dagstukkies April

    25 September

    Liewe vriend

    ‘n Rusie hou nie vanself aan nie — iemand moet dit voed — mag jy vandag nie daardie iemand wees nie.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

    Tema:  Moenie skinder nie

    Teks:  “Sonder hout bly ‘n vuur nie brand nie; sonder ‘n kwaadstoker hou ‘n rusie nie aan nie.”  (Spr. 26:20)

    • Prys die Here, prys die Naam van die Here, prys Hom, dienaars van die Here,  (Ps. 135:1)
    • Wanneer jou mond besig is om God te prys, is daar min plek oor vir skinderpraatjies.
    • Elke keer wat jy ‘n storie oor iemand verder aangee, gooi jy nog hout op ‘n vuur wat eintlik moes doodgaan.
    • As jy vandag iemand hoor skinder, probeer om die gesprek eerder ergens anders heen te lei.

    Gebed:

    Liewe Vader, dankie dat U my woorde kan gebruik om op te bou — help my om nie skade aan te rig met wat ek sê nie.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.
    Vorige dagstukkies 2026
    Vorige dagstukkies 2025

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 September 2026 – Wees goed vir jou vyand

    Dagstukkies April

    24 September

    Liewe vriend

    Om vir iemand goed te wees wat jou seergemaak het, is nie maklik nie — mag jy vandag daardie liefde ontvang en gee.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

    Tema:  Wees goed vir jou vyand

    Teks:  “As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink. Die Here sal jou daarvoor vergoed, en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word.”  (Spr. 25:21-22)

    • Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here!  (Ps. 134:2)
    • Dit help om eers na God te kyk en Hom te prys voordat jy probeer om moeilike mense lief te hê — Hy gee jou daarvoor die krag.
    • Om goed te wees vir iemand wat jou seergemaak het, is nie swakheid nie — dis een van die dapperste dinge wat jy kan doen.
    • Bid vandag vir iemand met wie jy sukkel om oor die weg te kom, en vra God om jou hart sag te maak.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie dat U ook vir my genadig is — help my om genadig te wees teenoor moeilike mense.

    In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 September 2026 – Staan weer op

    Dagstukkies April

    23 September

    Liewe vriend

    Elke val is nie die einde nie — mag jy vandag die krag kry om weer op te staan.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

    Tema:  Staan weer op

    Teks:  “Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig.”  (Spr. 24:16)

    • Kom, prys die Here, julle almal wat Hom dien, julle wat in die nag in die tempel van die Here staan!  (Ps. 134:1)
    • God se lof bly nie net vir goeie dae oor nie — selfs in die nag, in die moeilike tye, kan jy Hom nog prys.
    • Om te val, beteken nie jy is klaar mislukt nie — dit beteken net jy is besig om te leer.
    • Dink vandag aan ‘n keer toe jy geval het, en dank God dat Hy jou gehelp het om weer op te staan.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie dat U my optel elke keer as ek val — gee my moed om weer aan te gaan.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.
    Vorige dagstukkies 2026
    Vorige dagstukkies 2025

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 September 2026 – Moenie afgunstig wees nie

    Dagstukkies April

    22 September

    Liewe vriend

    Ander se sukses hoef nie jou vrede te steel nie — mag jy vandag tevrede wees met jou eie pad saam met God.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

    Tema:  Moenie afgunstig wees nie

    Teks:  “Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien; dan sal jy ‘n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.”  (Spr. 23:17-18)

    • Soos die oë van ‘n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oë van ‘n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm.  (Ps. 123:2)
    • Wanneer jou oë op God gerig is en nie op ander mense se lewens nie, verdwyn afguns vanself stukkie vir stukkie.
    • Om iemand anders se lewe met joune te vergelyk, maak jou net moeg en ontevrede.
    • Bedank God vandag spesifiek vir drie dinge in jou eie lewe, in plaas daarvan om na iemand anders s’n te kyk.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie vir die pad wat U vir my uitgestippel het — help my om tevrede te wees en op U te fokus.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.
    Vorige dagstukkies 2026
    Vorige dagstukkies 2025

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.