Woensdag 6 September 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel.
Sondag 10 September 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Leprosiedag (Melaatse). Toerustingsondag. • Kategese.
Gebedsgidse vir September 2023 is beskikbaar
Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00
Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike 6 & 20 Sep.
Klub 50 lede word uitgenooi om op Woensdag 6 September of Donderdag 7 September
‘n wildsrit by Indalu mee te maak
Stof tot nadenke: Seisoene in die Bybel
“God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit -gewasse wat saad gee, bome wat op die land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.” Dit het toe so gebeur….God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens elkeen se aard…God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en kyk, dit was baie goed.”
Gen. 1: 11; 25; 30
Dit is weer lente hier in Suid-Afrika, net soos God dit geskep het. Volgens die aard van elke plant en dier is dit die tyd vir nuwe lewe en nuwe groei. Afhangend van die tye om te saai, is daar ook gewasse wat nou gesaai moet word, en daar is gewasse wat nou ge-oes word. Want God het dit goed gedink om alles volgens hulle eie geaardheid te maak.
Lees meer “Stof tot nadenke: Seisoene in die Bybel”Erediens 3 September 2023 – Uit die oog, uit die hart – Ds. Danie Goosen
Prediker: Ds. Danie Goosen
Tema: Uit die oog, uit die hart?
Skriflesing: Romeine 12: 9-21
Lees meer “Erediens 3 September 2023 – Uit die oog, uit die hart – Ds. Danie Goosen”Afkondigings 3 – 10 September 2023
Vandag – Sondag 3 September 2023 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom 12: 9-21.
Die tema van die prediking is: Uit die oog, uit die hart?
• Nasionale Biddag vir Dowes.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Bediening aan die Dowes by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Woensdag 6 September 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 10 September 2023 :
• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Leprosiedag (Melaatse).
• Toerustingsondag.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Sending onder Melaatses by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
- Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir September 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreike vir die derde kwartaal geskied op 6 & 20 Sep. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.
• Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 100 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en na 16 Augustus se bediening is ons vriekaste dolleeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Geouditeerde Finansiële Jaarstate
Die geouditeerde finansiële jaarstate vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 is deur die kerkraad goedgekeur op 22 Augustus 2023.
Die uitgawes is goed onder beheer en ons kon hierdie jaar weer afsluit met ’n surplus.
Ons dank die Here vir Sy genade en ook vir u getroue bydraes.
Die geouditeerde finansiële jaarstate is ter insae by die kerkkantoor tydens kantoorure beskikbaar.
U kan enige vrae aan Sarel Venter rig – 084 870 8800.
Klub 50
Klub 50 lede word uitgenooi om op Woensdag 6 September of Donderdag 7 September
‘n wildsrit by Indalu mee te maak en daarna ‘n ete by Hokaai restourant te geniet.
Datum: Woensdag 6 September OF Donderdag 7 September
Plek : Voor ingangshek by Indalu om 10:30vm
Reël asb eie vervoer / saamry onder mekaar.
Koste: Lede betaal R200 elk
Nie-lede is ook welkom om die uitstappie mee te maak teen R250 per persoon.
Antwoord asb voor of op Maandag 4 September.
Navrae: Estelle Uys – 072 675 6696, Marie Snyman – 082 229 8316,
Johan Snyman – 083 736 5747, Faan Muller – 084 870 3236.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se leierskap
As die kern swak is, verkrummel die struktuur. FEBA het ‘n groot bediening reg oor die wêreld, wat bestuur word deur ‘n kerngroep leiers wat uitdagende besluite moet neem en mense soms onder moeilike omstandighede met wysheid moet lei.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se kern sterk en geanker in Christus sal bly, sodat die bediening kan floreer … totdat almal gehoor het.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
3 Septeber 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 3 September 2023.
- Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Seisoene in die Bybel.” - Getuienisbediening:
a) Nuusbrief uit Madagaskar. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00
Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam.
Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente. Ons tema vir die jaar is dankbaarheid. Daar sirkuleer ook “dankbaarheidskoevertjies” waarin u enige bydrae kan insit. Ons sal daardie naweek afsluit met ‘n dankbaarheidsdiens in die kerkgebou. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asseblief Piet Snyman – 082 297 3476.
Gebak:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom.
Liana – 084 764 6155.
Kindertafel:
Ons benodig asb geldelike bydraes en/of spesiale lekkergoed en speelgoed vir die jeug se basaartafel. Ook vrywilligers wat kan help met insamelings en by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor of by De Kaap Eiendomme vir Pauline afgegee word. Pauline Richards – 079 557 8591.
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asseblief ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
SAMEROEPERS
- KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk. - JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of
Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas. - ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.
- PANNEKOEK: Piet Snyman – 082 297 3476.
- SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.
- GEBAK EN TEETUIN:
Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 /
Marie Snyman – 082 229 8316. - GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
- WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
- KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
- POEDING: 350ml @ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help. Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
- BOEKE:
Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
Afkondigings
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode
Lief en Leed Week 36 van 2023
Biddag vir Dowes 3 September 2023
Eerskomende Sondag is Biddag vir Dowes. Ons deel graag met u ‘n kort video wat diversiteit van Dowe persone uitbeeld, asook ons gebed vir hulle. Dowe personeel en meervoudige gestremde- en bejaarde inwoners wys ons hoe uniek, verskillend en waardig hul elkeen is. Hierdie video is deur Dowe personeel by ons Gebaretaalsentrum vervaardig. Besigtig dit gerus hieronder via YouTube.
Ons dank ook elke gemeente wat 3 September deuroffers opneem vir NID en die Bediening aan Dowes, die Here seën u en dra u. Vriendelike groete,
Lees meer “Biddag vir Dowes 3 September 2023”GEBEDSGIDS SEPTEMBER 2023
Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.
Jak. 5:16
Vrydag 1 September – ‘n Nuwe Maand
“Here Jesus, ons wil U loof en eer vir al die seëninge wat ons onverdiend en mildelik van U ontvang. Dankie vir nog ‘n maand wat voor ons lê. Help ons om te volhard in gebed. Ons eer U as die Lewende God, die Almagtige, ons Verlosser, Leidsman en Hoorder van ons gebede.”
Lees meer “GEBEDSGIDS SEPTEMBER 2023”Klub50: Wegbreek na Keurbooms
Die wegbreek week van Klub50 is ‘n jaarlikse September instelling wat deur die grendeltyd gekortwiek was. Hierdie jaar het die aktiwiteit weereens vir ‘n heerlike week gesorg. Die groep van 30 het mekaar by die vakansie oord op die walle van die Keurboomsrivier ontmoet. Die beboste en boomryke terrein is ‘n baie goed versorgde oord. Akkommodasie was heerlike versorgde eenhede terwyl sommige van die lede verkies het om met karavane te kamp.
Soggens het tammeletjie bybelvasvrae onder leiding van Johan Miller asook samesang, uit die pienkboekkies, die tyd in aanloop tot die laat-ontbyt, vermaak. Saans is daar heerlik om die braaivleisvure gekuier en die heerlike kos wat die ‘span van die dag’ voorberei het, was besonders en keurig voorberei. Ons is ook vermaak met snaakse staaltjies uit verskillende oorde.
Die dae het heerlike uitstappies ingesluit soos die stap na ‘Arch Rock’ by Keurboomstrand, koffiedrink en rondry in die nabye omgewing. Vir die voëlkykers was die oord ‘n paradys met ‘n groot verskeidenheid van voëlgesang, soos die lawaaimakerjanfrederik, gevlekte heuningwyser, olyfboslaksman en rooibekkakelaar, om maar ‘n paar te noem. Die sewe klein kolgansies het onderleiding van die twee volwasse kolganse het ook vir baie pret en staaltjies gesorg. Die bonus was die bosuile wat van die lede bevoorreg was om die laaste aand te sien.
Daar is deur die week bymekaar gekuier, kaartgespeel en gestap. Vrydagoggend het ons weer onder die samekoms bome afgesluit en vriende is gegroet om mekaar weer vorentoe in Grootbrak te ontmoet. Ons dank gaan aan ‘n wonderlike God wat dit vir ons moontlik maak om sulke geleenthede te hê, asook die bestuur van Klub50, Debbie, Roulette, Johan en Mariana, vir ‘n goed georganiseerde week.

















Getuienisbediening: Handewerk vanuit Wolwedans.
Ellie van Wolwedans wys vir ons van haar handewerk wat sy gemaak het uit die laslappies en wol wat sy ontvang het uit die skenkings van die gemeente.
Lees meer “Getuienisbediening: Handewerk vanuit Wolwedans.”Erediens 25 September 2022
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Jeremia 32: 1-15
Tema: Wanneer niks meer sin maak nie
Begeleiding: Marida Bridges
Liedere:
Lied 456: 1-3
Lief en Leed – Week 39 van 2022
Nuusflitse: Week 39+ van 2022
Woensdag – 28 September 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstel-lendes is welkom.
Donderdag – 29 September 2022 Bloedskenk: vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Sondag – 2 Oktober 2022 Geen Kategese. Prediker: Ds. Fanie Bergh.
Vrydagaand 28 Oktober 2022 Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 5 & 19 Oktober en 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022
Stof tot nadenke: Waar vergader ons skatte?
Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word, julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is.”
Jak. 5: 3-4
Deur al die eeue heen struikel ons voor die vergadering van aardse skatte. Ons betreur die tot niet gaan van hierdie aardse skatte. Ons beskerm en vernietig mense om ons, van wie ons glo dat hulle dalk kan lei tot die verlies van ons aardse skatte. Konings, regerings, gewone mense en selfs godsdienste het al menigmaal deur die eeue geval oor hierdie groot struikelblok. So dikwels kon hulle nie staande bly nie. Hulle het nie besef, dat skatte op hierdie wêreld maar min waarde het wanneer die ewige lewe voor die deur kom staan.
Paleise, kastele en massiewe huise is deur die eeue opgerig en het menigmaal as ruïnes tot niet gegaan. Die nageslagte het in die veranderde wêrelde nie kon byhou met die onderhoud en onkostes en weelde van hierdie aardse skatte nie. Oorloë het sy eie impak op verwoesting van hierdie aardse skatte.
Daarom die oproep tot vergadering van skatte nie in hierdie wêreld nie, maar om die ewige lewe te beërwe. Dit is binne elkeen van ons se reik. Deur die koms van Jesus Christus om vir ons sondes te sterf, het hy dit vir ons moontlik gemaak om onder leiding van die Heilige Gees vir ons die enigste skatte wat waarde het, bymekaar te maak. Ons moet nederig wees, goedgesind teen ons naaste, nie opgeblase wees nie of onsself hoêr ag as ander nie. Ons moet in wysheid, sonder bybedoeling, vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig en opreg wees soos so mooi uiteengesit in Jak 3: 13-18.
Afkondigings – 25 September tot 2 Oktober 2022
Vandag – Sondag 25 September 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons Skriflesing vanoggend kom uit Jeremia 32 vers 1 tot 15. Die tema van die prediking is: Wanneer niks meer sin maak nie?
- Geen Kategese.
- Sinodale Offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Erediens 18 September 2022
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Johannes 7: 37-44
Tema: Opgedroogde fonteine?
Begeleiding: Marida Bridges
Liedere:
Lied 163
Nuusflitse Week 38+ van 2022
Woensdag – 21 September 2022 – Kooroefening om 17:15 by die orrel.
Sondag – 25 September 2022 Geen kategese. Erediens 10:00 Prediker: Ds. Danie Goosen.
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 21 September 2022.
NG Kerk George (Moedergemeente) Praktiese werkswinkel oor evangelisasie (Suid-Kaap) 18 – 25 September 2022
NG Kerk Reebok Koorfees om 19:00 – 23 September 2022
Opstandingsfees met blomme: 22-25 September 2022 kerksaal van NGK Mosselbaai-Suid in 15de Laan
Vrydagaand 28 Oktober 2022 Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09h00
Lief en Leed Week 38 van 2022
Stof tot nadenke: Hoe sê mens dankie?
“Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” Psalm 16: 6
Hoe sê mens dankie, vir alles wat jy so mildelik ontvang? Die siekte van ons tyd, selfsug, soos Ds Kobus Smit so mooi uitgewys het is die kanker van ons lewens. Dit maak ons ondraaglik en onvergenoegd. Dit spruit uit ons persepsie van wat menseregte is. Dit lei ons om meer te verwag as wat ons nodig het, of wat vir ons bestem is.
Dit maak dat ons, wat elkeen uniek is, se oë gerig is op ons buurman, buurvrou, broer of suster, om seker te maak dat ons darem aan hulle standaarde kan voldoen. So verloor ons God uit die oog. Ons is so besig om te begeer wat ‘n ander het, dat ons nie eers besef dat dit wat ons het voldoende is vir ons behoefte nie. In die proses vergeet ons om ons dankbaarheid aan God te openbaar.
Ons kan ook nie voorgee om dankbaar te wees nie, want God ken ons elkeen se harte, elke gedagte nog voordat dit gevorm is. God sien elke opregtheid en valsheid raak. So rig jou oë op die Here? Die Een waarvandan ons hulp en krag vandaan kom. Moet Hom nie uit die oog verloor nie. Dan sal jy volkome gelukkig wees.
Kyk om jou rond om die wonderlike gawes van God elke dag raak te sien. Daardie sagte rol-klank van die vleiloerie en die vrolike klanke van die Knysna ruigtesangertjie in die kusbos. Die lekker-kry plas van die logge walvis wat deur die see-oppervlak breek met ‘n grootse waterspat, of die asemrowende saam-geniet van die dolfyne wat in die voor-brander-breek die branders ry. Ons moet net ingestel wees om elke liewe gawe wat God oor ons pad bring te waardeer en te geniet.
Dankie vir die liefkry, lekker-kry en lag; maar ook dankie vir die seerkry, hartseer en trane. U vorm ons deur elke ervaring om ons die unieke skepsels te maak wat U wil hê ons moet wees. U help ons in tye van voorspoed en ook in die tye van swaarkry. Deur U smeltkroes en U genade kan niemand anders ‘n beter ek wees, as ekself nie. Ja, voorwaar, ek kan ook soos my skoolhoof van ouds së: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” (Ps. 16: 653)
Mosselbaai NG Kerk Ringsitting September 2022
Die Mosselbaai Ringsitting is ‘n byeenkoms wat jaarliks plaasvind, alhoewel die volgende eers weer in 2024, as gevolg van die Sinodale byeenkoms volgende jaar. Die agt gemeentes (Brandwacht, Danabaai, Groot-Brakrivier, Hartenbos, Herbertsdale, Mosselbaai, Mosselbaai-Suid en Reebok) bied die vergadering alternatiewelik aan en dus vind dit slegs plaas elke 8-9 jaar in ‘n gemeente.
Heerlike sang gedurende die loop van die dag, onder die entoesiastiese leiding van Ds. Johan Engelbrect (Hartenbos) op die kitaar en Ds. Pierrie Kies op die klavier (Mosselbaai), het die gemaklike stemming en samesyn van die vergadering weergegee.
Ds. Willem Smit van Hartenbos open die vergadering en gee die stoel oor aan Elize Barnardt van Caritas, wat ‘n paneel van drie dames voorgestel het. Die sprekers het gewissel van ‘n maatskaplike agtergrond (Marlise Labuschagne van Helpende Hand en Solidariteit van die Wes-Kaap Streek), narratiewe terapeut (Stefanie Minnaar van Ouer-Tiener Harmonie) wat spesifiek met ouer-kind verhoudings werk en ‘n praktiserende sielkundige (Magriet Oberholser). Die tema van die oggend was om die behoefte bepaling asook aanspreek van emosionele behoeftes in gemeentes na die Covid tyd uit te lig.
Helpende Hand en Solidariteit wat spesialiseer in die bou van netwerke en betrokke is by ouetehuise, kinderhuise, ens. binne die Afrikaanse-sprekende kultuur, help gesinne om weer op hulle voete te kom in die moeilike emosionele en finansiële tye waarin ons leef en meer spesifiek na Covid.
Magriet Oberholser noem dat ons nie ‘n padkaart gehad het vir die Covid-tyd nie. Lande, regerings, medici en gewone mense moes dus blindelings rigting vind in ‘n vreemde en onverwagte a-sosiale tydperk. Dit het mense weer laat besef wat die belangrikheid van die basiese behoeftes is. Nabyheid en aanraking van familie en vriende.
Stefanie Minnaar lig die belangrikheid van breinfunksie en aksies wat verskil tussen ouers en kinders uit. Sy beklemtoon die belangrikheid van kommunnikasie en begrip vir mekaar se angste en vrese. Sy maan teen vinnige reaksies op wat ander sê en doen, aangesien daar nie altyd begrip is vir hoe belangrik sekere dinge vir die ander persoon is nie.
Onder die fasilitering van Elize Barnardt wys die sprekers op die nodigheid om begrip te hê vir die mense om jou. Van die vrae uit die gehoor raak aan die belangrikheid om jou eie en ander se stresvlakke te verstaan. Mens moet besef dat dit positiewe stres ‘n normale reaksie is om goed te presteer. Dit is egter belangrik om begrip te hê vir die verlammende effek van negatiewe stres (Sien grafiek), wat nie bydra to prestasie nie.
Al vier die sprekers het daarop gewys dat dit belangrik is om die mense om jou fisies aan te raak om vertrouensverhoudings en omgee te reflekteer. Mens moet besef dat ‘Gesprekswerk is pynwerk’ en kan baie uitmergelend wees. Daar is ‘n plek vir elke mens, waar mens nuwe krag kry. Vir sommige is dit geloof, stilte, musiek, oefening, die natuur, ens. Elkeen moet dus besef waar hy/sy weer kan herstel. Die sprekers los ons met die volgende gedagtes:
Marlize: Sy vind haar rustigheid en hersteltyd in stiltetyd en haar motto is om ‘n plek beter te laat wanneer sy wegstap.
Stefanie: Laat ons met die teks vers: “Ek (God) weet wat ek vir jou beplan het.”
Magriet reken dat elkeen sy energie-fonteine moet ken. Vir haar is dit lees, lag, musiek, ens. Dit is wat ons help om die volgende tree te gee.
Die Mosselbaai Ringsvergadering self het ingelui met ‘n nagmaalsbediening gelei deur Ds. Danie Goosen met die baie gepaste teks verse van Joh. 7: 37-38. “As iemand dors het, laat hy na My kom en drink! Met die een wat in my glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit my binneste vloei.”
Die Gasvryheidbediening het die besoekers op kleurvolle en smaakvolle wyse ontvang en onthaal, ten spyte van beurtkrag, wat aan die orde van die dag was.









Afkondigings 18 – 25 September 2022
Vandag – Sondag 18 September 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die nuwe kerkraadslede wat vanoggend bevestig word.
- Ons Skriflesing vanoggend kom uit Johannes 7. Die tema van die prediking is: Opgedroogde fonteine?
- Kategese om 09:00.
- Sinodale Offer vir Arbeidsbediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag – 21 September 2022
- Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida
(082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 25 September 2022
- Geen kategese.
- Prediker: Ds. Danie Goosen.
- Sinodale Offer vir Bediening aan die Jode.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Vrydagaand 28 Oktober 2022
Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!
Plek: Kerksaal
Tyd: 18:00
Koste: R50 pp
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09h00
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir September 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Verandering in eredienstye
Tydens die kerkraadsvergadering van 23 Augustus 2022, is daar besluit om vanaf 1 Januarie 2023 die eredienstye op Sondae te vervroeg vanaf 10:00 die oggend na 09:00 die oggend. Die Kategese sal skuif na 10:00 in die oggend direk na die erediens. Indien u nie die 09h00 oggenddiens by die kerk kan bywoon nie, is u welkom om die erediens by Groenkloof om 10:00 die oggend by te woon.
Indien u enige beswaar het teen die besluit vra ons dat u dit asseblief skriftelik so gou moontlik by die kerkkantoor indien.
Getuienisbediening

Die derde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 21 September 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik IS TOTAAL UITGEPUT. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Ondersteuningsgroep
Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.
Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.
Ons bied die volgende aan:
- Eensames wat geselskap nodig het;
- Mense wat hulp nodig het met inkopies;
- Vervoer na dokters;
- Emosionele probleme; ens.
Indien ons nie self kan help nie, kan ons altyd iemand aanbeveel.
Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853) vir navrae, of om by ons groep aan te sluit.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Daar word tans herstelwerk gedoen binne die kerkgebou. Ons vra verskoning vir enige ongerief / stof wat hierdeur veroorsaak word. Ons bedank u vir u begrip en geduld.
FEBA RADIO SA – GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA MALAWI
Slegs 2% van alle Yao-mense is Christene en die res is oorwegend Moslem. Met vreugde loof ons die Here vir FEBA Malawi en die impak wat sy Litala FM in honderde Yao-mense se lewens maak. Mag hulle elke dag nader aan God groei en Sy goedheid aanskou.
Soos wat die bediening in Malawi groei, het Pastoor Amos en sy span meer mense nodig om te help. Bid asseblief dat die Here die regte mense sal stuur om te help met hierdie bediening by Litala FM.
Vir meer inligting, kontak ons: Kantoornommer – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.
NG Kerk George (Moedergemeente) Praktiese werkswinkel oor evangelisasie (Suid-Kaap) 18 – 25 September 2022
Die volgende aktiwiteite is beplan vir bogenoemde week. Die gemeente se ondersteuning en voorbidding word gevra:
- Sondag 18 Sep. – Interkerklike erediens.
- Dinsdag 20 Sep. – Konferensie om te besin oor die tema – “Die kerk se rol in sosiale genesing en kohesie”. ’n Groot aantal nie-regerings organisasies, kerkgenootskappe, sakelui, polisie en munisipaliteit is genooi om te besin oor die lewensomstandighede asook die opheffing van die menswaardigheid van ons gemeenskap.
- Woensdag 21 Sep. – Praktiese werkswinkel oor evangelisasie (09:00-13:00).
- Vrydag 23 Sep. – Internasionale ete.
- Sondag 25 Sep. – Interkerklike sangdiens met genooide koor.
Navrae 083 302 8639.
Bespreek by spg@kaapkerk.co.za
NG Kerk Reebok Koorfees om 19:00 – 23 September 2022
Toegang: R50 per persoon by die deure.
Kore wat optree:
- Reebok NG Kerkkoor
- Benevolantparkkoor
- Ge Gaudio (George)
- Eden Cameratakoor
- Sotto Voce
Opstandingsfees met blomme: 22-25 September 2022
Kom ons wees maar eerlik: COVID het ons almal lelik gepootjie en ons het behoefte aan goeie nuus en hoop. Suidkerk bied daarom ‘n Blommefees aan wat die boodskap wil oordra dat daar hoop en oorwinning is oor alle negatiewe lewensomstandighede. Ons noem dit: OPSTANDINGSFEES MET BLOMME.
Die Blommefees sal DV 22-25 September plaasvind. Dit word gehou in die kerksaal van NGK Mosselbaai-Suid in 15de Laan. Die Blommeskou skop 22 September af met ‘n wydingsdiens om 18h00 in die kerkgebou. Dit neem die vorm aan van ‘n sangdiens waarby ons lofprysingspan en ander musikante gaan optree. Daar gaan daagliks ‘n teetuin in die kerksaal wees wat tussen 10h00 en 18h00 oop sal wees. Die blommeskou is oop na die wydingsdiens en daarna bedags 10h00 tot 19h00. Die teetuin bly egter net oop tot 18h00. Toegang is gratis. Kom verlustig u in die blommeskou wat ‘n boodskap van hoop oordra en geniet keurige gebak en drinkgoed in die teetuin. Almal in die gemeenskap word hartlik uitgenooi om hierdie fees te kom geniet.
Navrae kan gedoen word byds. Danie Smit by 084 701 4386.
DIE WEBTUISTE
(nggrootbrak.co.za)
Nuut op 18 September 2022
- Link na die YouTube Preek van 18 September 2022.
- Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Hoe sê mens dankie”.
‘n Kort boodskap vir die week. - Mosselbaai Ringsitting: 13 September 2022 te Groot-Brakrivier.
- Gemeentebrief: September 2022.
- Boekvoorlesing: Onverantwoordelik deur dr. Frans Hancke. Ou episodes kan ook geluister word.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07h00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

