Afkondgings 15 – 22 September 2024

Sondag 15 September 2024 :
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Jakobus 3:1-12.
Die tema van die prediking is: Opbouende gesprekke?
• Kategese.
• Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Woensdag 18 September 2024 :
• Daar sal GEEN Kooroefening wees vandag en gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 2 Oktober 2024 om 16:45. Marida – 082 471 0751.

Donderdag 19 September 2024 :

Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 19 September vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.

Sondag 22 September 2024 :

• Prediker – Ds Charné Viljoen: Kerk & Groenkloof.
• GEEN Kategese.
• Sinodale offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ons dominees besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 18 September. By voorbaat baie dankie.
Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /
Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ensovoorts sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2024. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
15 September 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 15 September 2024.

  1. Bybelstudiereeks: Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Laat almal tuis voel”.
    1. Gemeentenuus:
      a) Samewerking en gesamentlike inisiatiewe van die Ondersteuningsgroep
      en Seeds of Hope .
      b) Ons onthou vir Gè: Jannie Moolman en Riaan Hunter. Daar is enkele fotos
      en ook ‘n kort video-skakel na ‘n opname van die laaste lied: Jerusalem.
  2. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Ethiopië

Die Horing van Afrika – wat bestaan uit Ethiopië, Somalië, Eritrea en Djibouti – hou groot uitdagings in vir evangeliste. Ethiopië is onder die top 50 lande op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van die moeilikste plekke om ’n Christen te wees, terwyl Somalië en Eritrea onder die top vyf is! FEBA Ethiopië se uitsendings bereik luisteraars reg oor die streek en so ver as Libanon, waar luisteraars Christus al aangeneem het.

Ons gebed vir die week:Bid dat die FEBA Ethiopië-span die moed sal hê om God se Woord met vrymoedigheid te verkondig, asook die wysheid om dit effektief te doen.

VAKANTE POS: HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS

VERPLEEGKUNDIGE/INGESKREWE VERPLEEGKUNDIGE

Die kandidaat moet geregistreer wees by die SAVR.

Moet oor die vermoë beskik om met verswakte bejaardes te werk.

Die kandidaat sal direk aan die Hoof Verpleegkundige verslag doen.

Moet bereid wees om skofte te werk.

Ons bied ‘n onderhandelbare salaris met pensioen en medies.

KEERDATUM VIR AANSOEKE 27 SEPTEMBER 2024

Rig u CV en bewys van Registrasie aan: Die Bestuurder – Epos: bejaarde0@gmail.com

Kom kuier lekker saam terwyl jy iets drink en eet!

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk)

Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.

INDIEN U GRAAG BETROKKE WIL RAAK DEUR HULP AAN TE BIED OF ‘N SKENKING TE MAAK KAN U DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

1.KERRIE-EN-RYS:
@ R40. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke – 082 411 1222.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of SMS by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. WhatsApp of SMS gerus vir Kevin van Tonder – 079 214 2497.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help WhatsApp of SMS gerus vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Jaco Erasmus – 072 424 4640.

8. WIT OLIFANT: Bring asb enige ongebruikte goedere van jou (of jou vriende!) na die kantoor .

Dit kan deur Annalene by jou huis kom haal word as dit vir jou prakties moeilik is. Annalene de Swardt – 082 4955 011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.

Vicky Barnard – 083 500 5687 / Charné Viljoen 083 294 6640.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser – 072 400 1991

/ Ilse du Toit – 083 610 1155 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Annalene de

Swardt – 082 4955 011.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.

Groot (9cm deursnit) @ R10. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

13. VLEISTAFEL: Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u

welkom om vir Adolf Jonker te kontak – 0825631927.

BAIE DANKIE VIR JUL ONDERSTEUNING.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314