Sondag 8 September 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Jakobus 2:1-17.
Die tema van die prediking is: Jesus vir almal.
• Toerustingsondag.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 11 September 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 13 September 2024 :
• Kategese speletjies aand om 18:00
In die kerksaal.
Sondag 15 September 2024 :
• Prediker – Ds Danie Goosen:
Kerk & Groenkloof.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Arbeidsbediening
by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na
afloop van die erediens. Almal is
welkom.

Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir September 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 18 September. By voorbaat baie dankie.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /
Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
8 September 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 8 September 2024.
2 Getuienisbediening:
a) Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
b) FEBA se gebedsgids is beskikbaar op die webwerf.
- Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Is geloof ‘n besitting?” - Gemeentenuus:
Die gebedsgids ‘Die Saaier’ van Bybelgenootskap is beskikbaar op die
webwerf. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



