Vrydag 6 September 2024 het die bekende Tenoor, Jannie Moolman, die Bariton, Riaan Hunter, en die Junior en Senior kore van die Laerskool Vorentoe, die Groot-Brakrivier se mense, oud en jonk, meegesleur deur die lewe van Gé Korsten.
Gé Korsten, die legendariese sanger en akteur, wat in die vyftigerjare sy elektriese besigheid in Suid Afrika begin het, het vinnig en groot opgang gemaak in die musiek- en filmwêreld, en was internasionaal bekend.
Sommige van die ouer garde was terugvoer na hul jong dae met heimwee, trane en soet herinneringe. Die stem van Gé, was ‘n bekende in elke liewe huis.
Die afsluitings Lied, Jerusalem, was met oorgawe deur almal saam gesing, sodat dit sekerlik ver deur Groot-Brakrivier weerklink het. Dit was ‘n onvergeetlike aand.











