Afkondigings 25 Augustus 2024 – 1 September 2024

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 25 Augustus 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Kevin & Zandré van Tonder (dogtertjie – Alissa).
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 6:56-69
Die tema van die prediking is: Om jou rug te draai?
• Bybelsondag.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Dinsdag 27 Augustus 2024 :
• Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 28 Augustus 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 1 September 2024 :

• Erediens om 09:00. • Prediker – Dr Frans Hacke. • Kategese. • Nasionale Biddag vir Dowes. • Sinodale offer vir Instituut vir Dowes by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Visioeneringsessie: 30 Augustus – 1 September 2024
Ons vra asb u voorbidding vir ons gemeente se visioeneringsessie wat
plaasvind te Harkerville die naweek van 30 Augustus – 1 September.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

SONDAG, 25 AUGUSTUS 2024 OM 17:00 VIND DAAR ‘N LOFPRYSINGS- EN AANBIDDINGSAAND PLAAS BY REEBOK GEMEENTE in die kerkgebou.
Die prediker gaan ds. EJ van As van Kammieskroon wees.  Dit beloof ‘n heerlike aand van sang en lofprysing te wees. Met hierdie geleentheid sluit Reebok Gemeente hul Getuienis-naweek af. Almal is baie welkom by hierdie Lofprysingsaand.

Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 7 September 2024

Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde.
Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.
Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels.

Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
25 Augustus 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 25 Augustus 2024.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die Achilles heel van die mens…”
  2. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…

“Toe Jesus opkyk en sien dat daar ‘n groot skare na Hom op pad is, sê Hy vis Fillipus “Waar sal ons brood te koop kry om hierdie mense te laat eet? Hy het dit egter gsê om hom te toets – self het Hy immers reeds geweet wat Hy wou doen. Fillipus het Hom geantwoord: “Tweehonderd denarius se brood is nie genoeg om vir elkeen ‘n stukkie te laat kry nie. Een van sy dissipels, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê vir Hom: “Hier is ‘n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense. ”
Joh. 6: 5-8

Vanuit ons menslike perspektiewe is dit so dikwels om geen uitkoms te sien nie. Wie van ons sou kon sien wat Christus beplan het? Wie van ons se geloof sou sterk genoeg wees om te dink dat soveel mense gevoed kan word met die bietjie wat daar beskikbaar is, en dat mens nie ‘n groot klomp geld nodig het nie? Wie van ons sou gedink het om die bietjie wat ons het aan te bied in die versameling, en voed van die skares mense? Dit het na ‘n totale onmoontlikheid gelyk vanuit die menslike perspektief. Jesus Christus het geweet dat dit deel van God se plan was om Sy almag te toon, en Hy het uit die vyf garsbrode en die twee visse genoeg kos vir die skare voorsien, sodat daar nog oor gebly het (“Toe die mense die teken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat na die wêreld sou kom. Toe Jesus besef dat hulle op die punt staan om Hom met geweld te kom gryp met die doel om Hom koning te maak, het Hy weer teen die berg opgegaan, net Hy alleen.” (Joh. 6: 14-15)). Ons reageer so dikwels vanuit ons menslike perspektiewe op die totaal verkeerde manier. Ons verstaan nie altyd die doel van enige gebeure nie. Jesus moes letterlik vlug van hierdie menslike perspektiewe van dit wat mense geken het in aardse koninkryke.

Lees meer “Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe…”

Stof tot nadenke: “Versoeking en Volharding”

“Beskou dit as ‘n groot vreugde, my broers, wanneer allerhande versoekings julle oorval, omdat julle weet dat, as julle geloof getoets word, dit volharding meebring.”
Jak. 1: 2-3

Ons moet bly wees as ons versoek word? Dat ons geloof getoets word? Dit is ‘n baie interessante stelling wat Jakobus hier maak. Is die feit dat ons versoek word ‘n aanduiding dat ons in geloof begin wen? Dat die vyand dit besef en alles in sy vermoë sal doen om ons van die regte pad af te lei. Dit is dan juis in hierdie omstandighede wat ons moet volhard in ons geloof. Is dit vir ons moontlik in ons eie swak nietige menslikheid?

Lees meer “Stof tot nadenke: “Versoeking en Volharding””

Nuusflitse Week 39 van 2023

Nuusflitse

Woensdag 27 September 2023 : • Kooroefening – 17:15
Donderdag 28 September 2023 : • Bloedskenk-geleentheid in die kerksaal van 15:00-19:00
Sondag 1 Oktober 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen GEEN Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood se uitreike 4 & 18 Okt en 1, 15 & 29 Nov. 
SSSSS-Konsert 27 Oktober 2023
Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00


Gemeentebrief – September 2023

Gemeentebrief

22 September 2023

Goeiemôre gemeente

Ons is tans in Koninkrykstyd in die kerklike jaar. Dit bevestig dat God deur die werk van Jesus Christus Sy ryk gevestig het, en ons as koningskinders deur die werking van die Heilige Gees hierin deel. Dit is ‘n genadegeskenk (gawe) van God. Mag ons elkeen met danksegging leef!

Ons het daarom goedgedink om ons fees einde Oktober ‘n dankfees te maak. Ons begin die Vrydagaand met ‘n humoristiese konsert wat beloof om die lagspiere te prikkel. Die Saterdag skop die verrigtinge af om 09:00 waar talle produkte te koop sal wees. Ons poog om meer produkte op elke tafel te hê, maar kom vroeg om teleurstelling te voorkom en lekker gesellig saam te verkeer. Ons sluit die naweek af die Sondag met nagmaal in die kerk om 09:00 en 10:00 by Groenkloof. By die erediens is daar geleentheid om u dankbaarheidskoevertjie te bring soos wat u goeddink. Die koevertjie is bloot iets tasbaar wat u tydens die erediens kan ingooi, of andersins kan dit by die kerkkantoor ingegee word. Dit verhoed u nie om ‘n EFT te doen indien u dit verkies nie.

Ons is dankbaar vir die volgende:
– vir Onse Hemelse Vader vir wie Hy is en wat Hy doen.
– vir mense, mense soos u en talle ander wat ten spyte van hul broosheid streef om die goeie te doen.
– vir ons gemeente en elke gawe wat die gemeente rig en bou.
– vir ons gesonde finansies dat die werk van die Here kan voortgaan en blymoedige gewers soos u wat dit moontlik maak.
– talle onderhoudswerk wat afgehandel kon word.
– ons kerkraad, bestuurspan en personeelkorps wat hard saamwerk. In hierdie verband het ons die vakante leraarspos geadverteer en die sluitingsdatum vir die aansoeke is 30 Oktober 2023. Nominasies van leraars of finalejaarstudente kan ook deur lidmate by die kerkkantoor ingedien word. Ons het wel gedink dat die persoon nie ouer as 40 jaar moet wees nie.

Soos u weet sou ons die lys nog kon aanvul, maar ons wil u ook vra om ons te kontak waar ons dalk ‘n paar koninkryksake miskyk.

Laat weet die kerkkantoor indien u ‘n besoek verlang of voorbidding nodig het. Ons
sal so spoedig moontlik reageer.

Ons wil elkeen van u aanmoedig om in onseker tye voort te gaan met die goeie werk waartoe Christus ons geroep het. Ons sluit af met die volgende woorde: “Terwyl ons dan so groot geloofskare rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons maklik verstrik.”(Hebr 12:1-2)
Groete in Christus.
______________
Willem du Preez
Nms die kerkraad

Afkondigings 24 September – 1 Oktober 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 24 September 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Tim 1:1-14.

Die tema van die prediking is: Erfenis.
• Erfenisdag.
• GEEN Kategese.
• Sinodale Offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Lees meer “Afkondigings 24 September – 1 Oktober 2023”

Missie Japan: Opwindende ワクワク SOMER

Beste Ondersteuner,

“Wanneer is die beste tyd om Japan te besoek?”, vra jy dalk. Beslis nie in die somer nie! Japannese somers is soos ’n wet sauna – vir 24 uur wurg jy met ’n sopnat kombers om jou. In die middel van die somer is jou energie en jou emosies in flarde. En wat ookal oorbly van jou word deur sonbesies se konstante skreeuery deurboor.

Lees meer “Missie Japan: Opwindende ワクワク SOMER”

Nuusflitse Week 38+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 20 September 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel.
Sondag 24 September 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: dr Gerrie van Deventer. • Erfenisdag. • GEEN Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood se uitreike 20 Sept, 4 & 18 Okt en 1, 15 & 29 Nov
SSSSS-Konsert 27 Oktober 2023 sagtebaard SSSSS (Sop, Sjerrie, Sap, Stoepstories en ander Stuitighede) – konsert!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 28 September 2023 vanaf 15:00 tot 19:00
Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00

Stof tot nadenke: Wat gee vrede?

“Dit is wat julle moet doen: Praat onder mekaar die waarheid; beoefen in julle stadspoorte slegs regspraak wat waar is en tot vrede lei….Verder moet julle waarheid en vrede liefhê.”
Sag. 8: 16 & 19

Vrede. Dis iets wat ons almal soek. Die definisie vir vrede is ‘vryheid van steuring; afwesigheid van konflik; stil en rustig’. Maar die konsep van waar ons vrede soek het so baie fasette. Vrede tussen familie, vrede tussen vriende, vrede tussen gemeenskappe, vrede tussen lande. Vrede tussen mense kan slegs bereik word indien daar nagevolg word wat in Sag. 8 genoem word. Alleenlik wanneer mense onder mekaar die waarheid praat en regspraak aanvoor wat waar is, kan daar vertroue tussen mense ontwikkel wat tot vrede kan lei. Is dit egter die vrede waarvan hier gepraat word?

Lees meer “Stof tot nadenke: Wat gee vrede?”

Arbeidsbediening Kaapstreek of IMSA (Industrial Ministry SA – Cape Region)

With this edition of the Industrial Ministry in South Africa (IMSA) newsletter for Western Cape you receive a new format of the IMSA family newsletter. We hope to in future publish the newsletter more frequently throughout the year in electronic format to keep members of the IMSA Family informed about what is happening elsewhere in our region. However, it is our intention to print several hard copies for those people who do not have access to
electronic media.

Lees meer “Arbeidsbediening Kaapstreek of IMSA (Industrial Ministry SA – Cape Region)”

Afkondigings 17 – 24 September 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 17 September 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Kor 5.

Die tema van die prediking is: Wie dink jy is jy?
Die betekenis of implikasies van gelowiges se identiteit in Christus:
2 Tim 1:9; Ef 1:4; Rom 8:38–39; Ef 1:7; 2 Kor 1:20; 1 Kor 1:2; Fil 4:19;
Fil 4:7; Rom 6:23; 1 Kor 15:22.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Arbeidsbediening by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Lees meer “Afkondigings 17 – 24 September 2023”

Stof tot nadenke: Afskeid by die graf

“Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag”
1 Tes. 5: 8

Soos die seisoene in die natuur is daar ook seisoene in ons lewe. Die vreugde van lente by ‘n nuwe geboorte lei die lewe van elkeen van ons as mense in, in hierdie aardse lewe. Dis ‘n siklus wat elke dag herhalend begin en eindig. Die lewe loop soms vir ons onverstaanbare draaie, wat nie altyd van ons menslike perspektief af lekker of aanvaarbaar lyk nie. Tog vra God van ons om te alle tye en in alle omstandighede dankbaar te wees. God het ‘n unieke plan met elkeen van ons se lewe. Elkeen van ons het verskillende voorkeure, smake en idees oor wat aanvaarbaar in hierdie lewe is. Dit is egter belangrik vir elkeen van ons om te vra of dit wat ons doen voor God aanvaarbaar is.

Lees meer “Stof tot nadenke: Afskeid by die graf”

Afkondigings 10 -17 September 2023 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 10 September 2023 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt 18: 15-20.

Die tema van die prediking is: ‘n Wenspan?
• Leprosiedag (Melaatse).
• Toerustingsondag.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Sending onder Melaatses by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Lees meer “Afkondigings 10 -17 September 2023 NG Kerk Groot-Brakrivier”