Sondag 1 September 2024 :
• Erediens om 09:00.
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Konings 18.
Die tema van die prediking is: Vir wie stem jy?
• Nasionale Biddag vir Dowes.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Instituut vir Dowes by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Kaartjies vir die Jannie Moolman konsert te koop by Karina Smit tydens tee.
Woensdag 3 September 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 6 September 2024 :

Kinders 12 en jonger is gratis!
Sondag 8 September 2024 :
• Prediker – Ds Charné Viljoen. • Toerustingsondag. • Kategese. • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir September 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sterftes 2024:
19 Augustus – Rika van der Hoven: Wyk 12A
21 Augustus – Rossouw van der Hoven: Wyk 12A
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.
Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 7 September 2024
Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde.
Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.
Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels.
Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid. Kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /
Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
1 September 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 1 September 2024.
- Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Menslike perspektiewe….” - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.


Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



