23 Maart
Ek bid dat jy vandag God se geleenthede met albei jou hande sal aangryp. Ontvang God se Woord spesiaal vir jou.
Tema: Doen wat die Here van jou vra
Teks: “ Jakob het toe klaargemaak en … na sy pa, na Isak toe vertrek in Kanaän. ” (Gen 31:17-18)
- Raak vir ‘n oomblik stil en dink aan God se groot liefde vir jou. J God se kennis van jou lewe is meer as wat jy dink en besef.
- Alles is klaar gereël en gereed sodat jou nuwe tydperk kan begin.
- Die uitkomste van die Here se planne maak jou altyd gelukkig.
- Hy het voor jou geboorte jou geken en lief gehad. Hy sorg vir jou (Jer. 1:4-5).
Gebed
Liewe Vader. Dankie dat my geluk in U planne is.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

