19 Maart
Ek bid dat jou lewe ‘n getuigskrif vir almal sal wees wat sien dat jy altyd net jou beste gee. Hier is Sy boodskap vir jou.
Tema: Gee jou beste
Teks: “Gee my nou my vrouens en kinders vir wie ek by u gewerk het, want ek wil weggaan. U weet hoe goed ek vir u gewerk het.” ” (Gen 30:26)
- Gaan leer by die diere van die natuur hoe om eerlik en hard te werk – veral by die miere (Spr. 6:6-8).
- As jy lui is word jy gou arm.
- As jy hard werk het jy geld vir kos, klere en genoeg om van te leef (Spr. 10:4; 13:4).
- As jy hard werk, sal jy jou doel bereik (Spr. 12:24).
- ‘n Werkgewer sal die goeie werknemer vir sy / haar goeie werk beloon (Spr. 14:35).
Gebed
Liewe Vader. Dankie dat ek ‘n goeie werker kan wees. Dankie dat ek ‘n goeie werker was. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

