20 Maart
My gebed is dat jy vandag in afhanklikheid teenoor God wat die onmoontlike moontlik maak sal leef.
Tema: Die Here sal vir jou sorg
Teks: “Toe vra Laban: “Wat moet ek jou betaal?” en Jakob antwoord: “U hoef my niks te betaal nie. ” (Gen 31:28)
- Toe deure bly nooit toe nie. Nuwe uitkomste en geleenthede volg weer.
- God is jou voorsiener en jou versorger. Hy gee nuwe geleenthede.
- God sorg vir jou deur situasies om te draai.
- Hy verander jou angs in hoop, moedeloosheid in moed.
- Hy sal jou dubbel soveel geluk gee as wat jy op gehoop het.
Gebed
Liewe Vader. Baie dankie dat U my geleenthede omdraai in wonderlike geluk. In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

