Skep asem vir vandag: 21 Maart 2025

21 Maart

My gebed is dat jy moeite sal doen om gesonde verhoudings met alle mense sal bou. Hier is God se Boodskap aan jou

Tema: Hou jou verhoudings gesond

Teks: “Jakob het ook aan Laban gemerk dat hy nie meer soos voorheen oor hom voel nie. ”

(Gen 31:2)

  • Christusgelowiges doen moeite om alle verhoudinge waarbinne ons is, gesond te hou – dis wat God met jou gedoen het (2 Kor 5:17-21).
  • Jy mag nie iemand in eie munt terug kry nie – ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand geld nie vir Christusgelowiges nie  (Matt 5:38; Rom. 12:17).
  • Jy mag nie ophou vergewe en mense emosioneel vry laat nie (Matt 18:21-35).
  • Maak altyd eerste vrede wanneer daar slegte gevoelens tussen jou en iemand anders is (Matt 5:9).
  • Vergewe altyd iemand weer wanneer hy/sy jou daarna weer seermaak (Matt 5:9).
  • Selfs al wil ander nie in vrede met jou lewe nie, doen dan steeds moeite om in vrede met hom / haar te leef (Rom. 12:18).

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U wat die groot Versoener is, my ook ‘n versoener maak. In die Naam van Jesus Christus die Verlosser. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.