Sondag 22 Maart 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 11:1-44.
- Die tema van die prediking is:Doodsreuk of Hoopreuk.
- Vyfde Lydensweek.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Carpe Diem Skool by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje.
- Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.
Woensdag 25 Maart 2026 :
- Die Blokbyeenkoms van Blok 13 (Suiderkruis) vind om 18:00 plaas by Marelie van Zyl – Columbasingel 29. Kontak Whitey van der Merwe – E-Pos Kontak .
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – E-Pos Kontak . Alle belangstellendes welkom.
Donderdag 26 Maart 2026 :

Vrydag 27 Maart 2026 :
- Skole sluit.
Sondag 29 Maart 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Herman Burger.
- Groot Lydensweek.
- Palm Sondag.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Arbeidsbediening Mosselbaai by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Daar is GEEN Alternatiewe Erediens tydens die skoolvakansie nie.



Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 115 gesinne elke tweede week. Die laaste uitreikdatum vir die tweede kwartaal is 25 Maart. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 8 & 22 April, 6 & 20 Mei en 3 & 17 Junie.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode, naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!
Gebedsbediening – Jou gebede maak ‘n verskil!
As Christene weet ons dat gebed die asemhaling van die gelowige is. Ons weet ook dat ons niks kan doen sonder die Here nie. Daarom bid ons ook vir die gemeente en vir mense wat siek is of swaarkry, maar ook vir gemeentelike bedrywighede en werk wat gedoen word tot aan die uithoeke van die aarde.
Ons weet dat daar lidmate is wat die gawe van voorbidding het. Daarom wil ons u nooi om, daar waar jy is, as voorbidder in te tree vir gemeentelike gebedsversoeke. Spesifieke gebedsversoeke sal per WhatsApp aan u gestuur word.
Indien u betrokke wil raak tree in verbinding met die kerkkantoor om jou kontakbesonderhede deur te gee. Hierdie gebedsversoeke vervang nie die maandelikse gebedsgids nie. Ons wil egter meer en meer ‘n biddende gemeente wees wat altyd staatmaak op God se leiding en krag. Kom bid gerus saam!
Eiendomsbediening :
Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Ondersteuningsbediening :
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak: Riana Briers – E-Pos Kontak / Riëtte Jansen van Rensburg – E-Pos Kontak .
Verlof
Neem asb kennis dat ds Charné Viljoen vir ’n paar dae met welverdiende verlof is (tot 27 Maart 2026). Kontak asb u blokleier, die kerkkantoor of vir ds Leon in dringende gevalle.
Nuwe Lidmate 2026:
Schoeman & Etresia Herbst van Groot-Brakrivier: Blok 05 (Kiewietlaan)
Baie welkom by ons gemeente.
“Laat die regverdige hom in die Here verbly en sy toevlug by Hom soek, laat al die opregtes Hom prys” (Ps. 64:11 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan
Die oorlog in die Midde-Ooste het ‘n sterk reaksie in Pakistan ontlok en gelei tot anti-Westerse optogte. Volgens FEBA Pakistan se direkteur hou dit potensieel gevaar in vir gelowiges, want in Pakistan word Christenskap nog gesien as ‘n Westerse geloof en enige anti-Westerse gevoel kan maklik teen Christene draai.
Ons gebed vir die week: Bid vir God se vrede en beskerming oor FEBA Pakistan en ander gelowiges in die land. Vra dat Hy ‘n einde sal maak aan die oorlog in die Midde-Ooste en dat Hy die situasie in Pakistan ook tot bedaring sal bring.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 22 Maart 2026
- Erediensbediening:
- Die skakel na die YouTube Erediens van 22 Maart 2026, deur Ds Leon Cronje, is beskikbaar.
- Getuienisbediening:
- Die 60-Plusser netwerk van Wolwedans: ‘n kort oorsig.
- Bybelstudiereekse:
- Palmsondag: Die Koning wat gekom het om te dien: Die diep betekenis van Palmsondag.
- ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Diensbaar”.
- Die weeklikse Afkondigings, asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



