Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 08 Julie 2026 – Skep weer moed

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

8 Julie

As jou moed vandag dalk op ’n laagtepunt is, wil ek jou herinner: die Here is naby. Leef met die hoop en troos wat jy vandag uit Sy Woord ontvang.

Tema: Skep weer moed

Teks: “Die volk se moed is gebreek, en Josua … het tot die aand toe … voor die ark van die Here gelê …” (Jos. 7:5–6)

  • Die Here trek jou uit die put op en laat jou weer op vaste grond staan — jou voete kry weer vastigheid. (Ps. 40:2–3)
  • Wanneer jou moed gebreek is, is die Here daar om jou weer op te tel.
  • ’n Terugslag hoef nie die storie van jou lewe of jou identiteit te word nie.
  • God weet presies wat jy nou nodig het en Hy sal jou wys wat om te doen.
  • Soms kom die antwoord nie dadelik nie. Soms moet jy ’n bietjie wag. Dit sal kom. Weet dit. Glo Hom. Vertrou Hom. Leef in hoop.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek altyd by U leiding kan vind.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 07 Julie 2026 – Jy sal weer bo kom

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

7 Julie

Mag jy elke dag, elke oomblik en elke sekonde voluit leef! Hier is ’n wonderlike boodskap net vir jou.

Tema: Jy sal weer bo kom

Teks: “Net die prostituut Ragab mag lewe … want sy het die verkenners … weggesteek.” (Jos. 6:17)

  • Die Here help die nederiges op — buig laag voor Hom, en Hy lig jou op. (Ps. 147:6)
  • Daar is iets besonders aan ’n mens wat bereid is om nederig voor God en mense te wees.
  • Juis dáár, in nederigheid, tel die Here jou op na plekke wat jy nooit gedink het jy sou bereik nie.
  • Wees geduldig en leef vol verwagting — ’n nuwe seisoen wag vir jou.

Gebed

Liewe Vader, gebruik my om die wêreld ’n beter plek te maak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 06 Julie 2026 – Toe deure gaan oop

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

6 Julie

My gebed is dat jy die hoop waarmee jy die jaar begin het, vandag met iemand anders sal deel. Neem die boodskap van die Bybel persoonlik vir jou lewe aan.

Tema: Toe deure gaan oop

Teks: “Jerigo was gesluit en verskans teen die Israeliete; niemand het uitgegaan of ingekom nie.” (Jos. 6:1)

  • Roep na God, want Hy is die Een wat alles vir jou goed laat afloop — Hy maak op Sy tyd ’n pad oop. (Ps. 57:3)
  • Soms voel dit of elke deur voor jou toe is en of niks wil beweeg nie.
  • Maar geen geslote deur kan God se plan vir jou keer nie — Hy maak op Sy tyd ’n pad oop.
  • Moenie bang of moedeloos word nie. Bly glo, want die lewende Here sorg dat Sy plan vir jou waar word.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U toe deure vir my oopmaak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Hoe hanteer ons konflik?

“As jou broer teen jou sondig, moet jy hom teregwys waar julle twee alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.“

(Matt. 18: 1520)

Konflik?

Elkeen van ons het al met konflik te doen gekry. Dit kan enigiets, van ‘n klein verskilletjie tot iets wat op oorlog uitloop, wees. Ons gebruik dit as metode om ons eie wil op ander af te dwing. Ons wil altyd glo dat ons reg is in ons oordeel oor enige situasie.

As mens kan ons so dikwels ‘n netelige, nietige saak opblaas, tot iets wat skeuring in verhoudings, gemeenskappe of tussen lande veroorsaak. Dit is dikwels ons onvermoë om die ander kant van ‘n saak te begryp of raak te sien.

Teksverse:

“Daar is ses dinge waarin die Here ‘n weersin het, sewe is vir Hom afstootlik: hovaardige oë,’n bedrieglike tong, hande wat onskuldige bloed vergiet, ‘n hart wat bose planne smee, voete wat gou is om na die kwaad te hardloop, ‘n vals getuie wat leuens uitryg, en iemand wat tweedrag saai tussen broers.” (Spr. 6: 16-1920)

Hoe hanteer ons konflik?

Ons hanteer konflik so dikwels as ‘ek is reg, en ander is verkeerd!’ Deur hierdie houding in te slaan, maak ons dit bykans onmoontlik om ‘n saak op te los. Dit laat min ruimte vir kommunikasie, sodat die probleem net groter word.

Mense kan ook apaties staan teen konflik. Hulle wil nie betrokke raak nie, en reageer soos ‘n volstruis, wat nie die probleem wil sien nie. Hulle hoop dat die probleem net sal weggaan. Sommige mense sien ook vlug as enigste opsie in moeilike situasies.

Dan kry ons ook die wat dadelik wil aanval. Hulle glo dat aanval die beste verdediging bied. Of hulle saak reg is of nie! Ongeag die gevolge, weier hulle dikwels om na rede te luister. Ons moet egter onthou dat daar altyd meer as een kant aan ‘n konflik situasie is.

Teksverse:

“Weerhou jou tong van kwaad en jou lippe daarvan om bedrieglik te praat.“(Ps. 34: 1420)

“Kalmte van die tong is ‘n boom van lewe, maar verdorwenheid daarvan breek die gees.” (Spr. 15: 420)

Om as Christen konflik te hanteer

As gelowiges van die evangelie van Jesus Christus moet ons onthou dat ons die perfekte voorbeeld in Christus gekry het. Hoe ons moet optree in elke situasie is ‘n verwagting van God. Die wonderlike liefde en begrip word so dikwels gedemonsteer in die Woord.

Kan ons blindelings mense net veroordeel en afskryf? Is dit in ons vermoë om die regte woorde te vind om ‘n oënskynlike onmoontlike situasie te ontlont? Jakobus verduidelik baie goed dat ons in moeilike tye wysheid van God moet vra.

Ons kan in gebed met nederigheid vra vir ‘n wag voor ons mond, sodat ‘n reeds netelige situasie nie tot iets onherstelbaar ontaard nie. Die Heilige Gees sal ook woorde in ons mond lê, waar en wanneer dit nodig is. Dis dan wanneer dit moontlik is om konflik te ontlont, wanneer ons ook dit aan God toevertrou.

Teksverse:

“As enigiemand van julle wysheid kortkom, laat hy dit vra van God, wat aan almal gee, sonder voorbehoud en sonder verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof vra, sonder om enigsins te twyfel,* want wie twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind rondgeruk en voortgesleep word.” (Jak. 1: 5-620)

“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.” (Fil. 4: 6-720)

“Julle is immers hiertoe geroep, want Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat,sodat julle in sy voetspore kan volg. Hy wat “nie sonde gedoen het nie,en in wie se mond geen bedrog gevind is nie”; wat, toe Hy uitgeskel is, nie teruggeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar Homself toevertrou het aan Hom wat regverdig oordeel; wat self ons sondes in sy liggaam aan die kruishout gedra het, sodat ons, noudat ons ons sondes afgesterf het, vir geregtigheid kan leef –…” (1 Pet. 2: 21-2420)

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 05 Julie 2026 – Die Here is by jou

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

5 Julie

Mag jy vandag onthou dat jy nie alleen veg nie — die Here self veg vir jou. Ontvang hierdie boodskap en laat dit jou troos.

Tema: Die Here is by jou

Teks: “Nee,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die leër van die Here. Daarom is ek hier.” (Jos. 5:14)

  • Die Here is by jou; daarom hoef jy nie bang te wees nie — niks wat ’n mens doen, kan jou van Hom wegneem nie. (Ps. 118:6)
  • Partykeer is jy moeg gesukkel en onseker oor wat om te doen.
  • Dan probeer jy met jou eie planne uit die probleem kom en met jou eie krag jou probleme oorwin — en raak jy net nóg moeër.
  • Onthou: ons God wat oorloë wen, wen ook jóú gevegte. Stap agter Hom aan en vertrou Hom.

Gebed

Liewe Vader, ek loof U omdat U elke geveg namens my oorwin.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 28+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 5 Julie 2026 : Erediens om 10:00 GEEN Kleuterkerk en GEEN Kategese nie.
Woensdag 8 Julie 2026 – Geen Kooroefening nie.
Sondag 12 Julie 2026 : Erediens om 10:00, GEEN Kategese. GEEN Kleuterkerk
Sondag 12 Julie 2026: GEEN LEEFkerk nie
Woensdag 22 Julie 2026: Christmas in July.
22 Augustus 2026 – Frank Opperman


Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 5 – 12 Julie 2026

Lief en Leed Week 28 van 2026

Lief en Leed

Sterftes

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van
29 Junie – Hennie le Roux: Blok 13.
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Verjaarsdae

Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Verjaarsdae Week 28 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 28 NG Kerk Groot-Brakrivier

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 04 Julie 2026 – Hou moed.

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

4 Julie

Vandag wil ek jou herinner aan al die kere wat God jou reeds deurgedra het. Ontvang vandag Sy spesiale Woord vir jou.

Tema: Hou moed

Teks: “… daarom is hierdie klippe … ’n blywende herinnering daaraan.” (Jos. 4:7)

  • Die Here hét al groot dinge vir jou gedoen — dink daaraan, onthou dit en wees bly. (Ps. 126:3)
  • Jou geloofslewe is nie net ’n fotoalbum of ’n versameling herinneringe van lank gelede nie.
  • Wat God in die verlede vir jou gedoen het, kan en sal Hy weer doen.
    Hou moed en moenie twyfel nie — dieselfde Here wat jou tot hier gehelp het, sal jou ook verder dra.

Gebed

Liewe Vader, laat my lewe ’n lewende getuienis van U almag wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 03 Julie 2026 – Verwag die beste.

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

3 Julie

Ek bid dat jy vandag, selfs wanneer jy nie weet wat om te doen nie, met verwagting na God sal kyk. Hier is ’n boodskap uit die Bybel.

Tema: Verwag die beste

Teks: “… want môre gaan die Here wonders doen tussen julle.” (Jos. 3:5)

  • Bly vol vertroue dat jy die goedheid van die Here gaan sien — vandag, môre en elke dag van jou lewe. (Ps. 27:13)
  • Soms weet jy nie wat die volgende stap is nie — en dit is ook goed so.
    Juis daar waar jy vasgeval voel, wil die Here vir jou uitkoms gee.
  • Hy is die God van wonderwerke. Vertrou Hom en bly hoopvol — Hy maak ’n pad waar jy nie een kan sien nie.
  • Glo dat Hy die onmoontlike moontlik maak.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U uitkoms gee, juis wanneer ek vasval.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 02 Julie 2026 – ’Wees eerlik.

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

2 Julie

My wens vir jou vandag is eenvoudig: Mag mense altyd weet dat hulle op jou woord kan staatmaak. Die Woord saai hierdie boodskap in jou hart.

Tema: Wees eerlik

Teks: “… sal ons julle goed behandel en ons woord hou.” (Jos. 2:14)

  • Die Here verbly Hom in die mens wat reg lewe en met sy hele hart die waarheid praat — wees vandag so iemand. (Ps. 15:2)
  • As jy iets belowe, kom dit na — dít is wat eerlikheid in die praktyk beteken.
    Eerlikheid en integriteit is kenmerke van ’n Christusgelowige.
  • Die Heilige Gees help jou om reg en opreg op te tree. Laat jou lewe ’n stille getuie wees van die nuwe lewe in Christus.

Gebed

Liewe Vader, maak my ’n eerlike en opregte mens op wie ander kan staatmaak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 01 Julie 2026 – ’n Nuwe begin om aan te gryp.

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

1 Julie

Ek dink vandag aan jou en bid dat hierdie nuwe jaar vir jou ’n vars, nuwe begin sal wees. Neem hierdie Woord van God vandag met jou saam.

Tema: ’n Nuwe begin om aan te gryp

Teks: “… ons sal gaan waar U ons ook al stuur.” (Jos. 1:16)

  • Vra die Here elke môre om vir jou die pad te wys wat jy moet loop — Hy is getrou en Hy sal jou lei. (Ps. 143:8)
  • God ken jou lewe deur en deur — Hy weet presies waar jy nou staan en wat voorlê.
  • Hy stuur ook mense oor jou pad om jou te help, en Hy wil jou gebruik om ander te help waar hulle dit nodig het.
  • Sê vandag vir Hom: “Ek sal gaan waar U my stuur.” Jy hoef nie die hele pad vooruit te sien nie — neem net die volgende tree in geloof.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir al die seëninge wat U vir my gee. Lei my hierdie jaar net waar U wil hê ek moet wees. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Julie 2025

Dagstukkies April

31 Julie

EK bid dat jy mense se menswaardigheid sal respekteer. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Respekteer mense

Teks:“Jy mag nie moord pleeg nie” (Eks 20:13)

  • Hierdie opdrag geld vir alle mense met wie jy te doen het.
  • Daardie mense vir wie jy kwaad is, hulle van wie jy nie hou nie en diegene wat jou seergemaak het – die opdrag geld vir julle wedersydse verhouding.
  • Almal het iets van God in ons (Gen 1:27).
  • Almal is God se ambassadeurs en verteenwoordigers.
  • Christusgelowiges soos jy, hanteer alle mense met menswaardigheid.

Gebed

Liewe Vader. dankie vir genade dat U my help om mense met menswaardigheid te hanteer.

Help my om dit te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Julie 2025

Dagstukkies April

30 Julie

Ek bid dat jy jou huwelik sal beskerm en bewaar. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Respekteer die huwelik

Teks:“Jy mag nie egbreuk pleeg nie” (Eks 20:14)

  • Alle huwelike is ‘n besonderse, diep en onbreekbare eenheid.
  • Hierdie eenheid is die geheim vir jou om gelukkig te lewe.
  • Hierdie eenheid is die grondslag vir jou gesonde gesinslewe.
  • Hierdie eenheid is die hoeksteen vir ‘n stabiele samelewing waarbinne jy leef.
  • Hierdie eenheid is die getuienis van Christusgelowiges sodat die mense ons Goeie liefdevolle God volg.
  • Pas jou huwelik op. Begin vandag weer van voor af daarmee.

Gebed 

Liewe Vader, gee my die krag om my huwelik ‘n diep, besonderse onbreekbare eenheid te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Julie 2025

Dagstukkies April

29 Julie

My gebed is dat jy gesag sal rerspekteer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Respekteer gesag

Teks:” Eer jou Vader en jou moeder…” (Eks 20:12)

  • As jy vir God respek het, sal jy vir gesagsfigure op aarde ook respek hê.
  • Selfs al verskil jy van die gesagsfigure, hanteer hulle steeds met respek.
  • Bid vir alle gesagsfigure, bid vir elkeen wat moet sorg dat alles in die gemeenskap goed verloop (1 Tim 2:2-3).
  • Bid dat daar vrede sal wees, sodat mense tot bekering kan kom.
  • Dan sal dit in jou gemeenskap goed gaan en jy sal gelukkig wees. (1 Tim 2:1-7).

Gebed 

Liewe Vader, maak die mense wat gesag uitoefen wys en eerlik, sodat ons gelukkig kan wees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Julie 2025

Dagstukkies April

28 Julie

EK bid dat jy insig sal kry om na jouself om te sien deur jouself geestelik, emosioneel en fisies te versorg. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Herstel jou geestelike, emosionele en fisiese batterye

Teks:” Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. ” (Eks 20:8)

  • God die Vader het ‘n voorbeeld gestel dat almal iewers moet rus – hulself moet versorg (Gen 1:31-2:3).
  • Die meeste van jou konflik, ongelukkigheid en foute ontstaan omdat jy uitgeput is.
  • Rus is nodig vir jou geestelike en verstandelike groei en insig, emosionele en fisiese herstel.
  • Gebrek aan selfversorging en selfdissipline lei tot die dood (Spr. 5:23).
  • Prioriseer jou lewe –rus: geestelik, emosioneel en fisies.

Gebed 

Liewe Vader, gee my die wil en die insig om rusdae soos U dit wil hê, deel van my lewe te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: ‘Betrokkenheid!’

“Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.“

1 Joh. 2: 6

Hoe en waar is ons betrokke? Hoe leef ons ons betrokkenheid in die gemeenskap uit? Hoe wys ons vir die wêreld dat ons Christene is? Of is dit maar moeilik vir die mense om ons, om te weet dat ons vir Jesus ken, en graag soos Hy wil wees? Volgens Nina Smit is dit eers wanneer jy iets betekenisvol vir iemand anders doen, daar waar jy ook hulle probleme kan raaksien en daarby betrokke raak, dat jou eie lewe verryk word. Dit is gewoonlik jy wat baie meer verryk word as die persoon wat jy help. Dis hier waar die hemel naby aan ons kom.

Lees meer “Stof tot nadenke: ‘Betrokkenheid!’”

Skep asem vir vandag: 27 Julie 2025

Dagstukkies April

27 Julie

Mag jy vandag die Here deur jou woorde, denke en dade eer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou is.

Tema: Gebruik die Here se Naam reg

Teks:” Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie,” (Eks. 20:7)

  • Alles wat jy sê moet van goeie smaak getuig (:Ef. 5:4).
  • Die heilige God moet bly wees oor wat jy sê en dink (Ps. 19:15).
  • Gebruik God se Naam slegs wanneer jy met Hom praat of wanneer jy oor Hom sing.
  • Jy sal die Here God so gelukkig maak. Daarom sal jyself ook gelukkig wees.

Gebed 

Liewe Vader, maak my gewillig om U deur my woorde te eer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.