Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Februarie 2026

Dagstukkies April

16 Februarie

Mag jy vandag God se genade ervaar! Hier is God se Woord vir vandag:

Tema: Liefde herstel verhoudings

  • Teks vir vandag: “Die Here verag arrogante mense wat op ander trap. Hulle sal sekerlik nog gestraf word. Liefde kan skewe verhoudings weer regmaak.” Spr. 16:5 (Die Boodskap)
  • Jy weet mos dat die Here barmhartig,  genadig, lankmoedig en vol van goedertierenheid is (Ps. 103:8).
  • God haat hoogmoed, maar Sy liefde en genade kan selfs die slegste verhoudings herstel.
  • Waar daar liefde en vergifnis is, kan daar heling en herstel plaasvind.
  • Laat God se liefde deur jou na mense met wie jy gebreekte verhoudings het vloei.

Gebed

Liewe Vader, laat U liefde vandag deur my vloei om gebreekte verhoudings te herstel en ander te seën. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 Februarie 2026

Dagstukkies April

15 Februarie

Mag jou woorde vandag genesing bring! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Woorde wat genees

Teks vir vandag: “Iemand wat kalm oor woorde praat, se woorde maak heel. Vlymskerp woorde breek af.” Spr. 15:4 (Die Boodskap)

  • Die dinge wat jy se, m.a.w. jou woorde moet die Here tevrede stel – Hy moet daarvan hou (Ps.  19:15).
  • Jou woorde het die krag om mense emosioneel siek te maak, emosioneel gesond te maak, op te bou of af te breek.
  • Sagmoedige, liefdevolle woorde kan stukkende en seer harte gesond maak en verhoudings herstel.
  • Kies vandag om met jou woorde lewe, hoop en heling te bring, nie pyn, verlies of verdeeldheid nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag met my woorde ander te genees en op te bou, nie af te breek nie. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Februarie 2026

Dagstukkies April

14 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag deur God se Gees gelei word! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Gelei deur God se Gees

Teks vir vandag: ‘n Kletskous praat maklik sy mond verby. Sy woorde bring hom tot ‘n val. ‘n Wyse is versigtig met sy woorde. Dit hou hom uit die moeilikheid.” Spr. 14:3 (Die Boodskap) – lees ook Spr. 12:18; 13:3; 15:1; Jan 3:2, 5-6

  • Die Heilige Gees lei jou om God se wil te doen – jy sal min probleme ervaar (Ps. 143:10).
  • God se Gees lei jou om die regte dinge op die regte tyd te sê, te dink en te doen.
  • Wanneer jy gehoorsaam aan die Heilige Gees is, beskerm Hy jou teen onverstandige keuses.
  • Luister vandag na die stem van God se Gees en volg Sy leiding in alles wat jy doen.

Gebed

Liewe Vader, laat U Gees my vandag lei in alles wat ek sê, dink en doen sodat ek uit die moeilikheid kan bly.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 Februarie 2026

Dagstukkies April

13 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag beheer oor jou woorde hê! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Beheer jou woorde

Teks vir vandag: “Hy wat sy mond kan hou, bly uit die moeilikheid. ‘n Kletskous praat maklik sy mond verby en beland in groot moeilikheid.” Spr. 13:3 (Die Boodskap) – lees ook Spr. 12:18; 13:3; 15:1; Jan 3:2, 5-6

  • Die Here wat alles weet, help jou om nie onnodig te praat nie (Ps. 141:3).
  • Die Here wat alles weet, help jou om versigtig te wees met wat jy sê (Ps. 141:3).
  • Baie van ons probleme ontstaan omdat ons te veel praat of op die verkeerde tyd praat.
  • Wysheid leer jou om jou woorde te weeg en te weet wanneer om stil te bly.
  • Oefen vandag selfbeheersing oor wat jy sê en dink voordat jy praat.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag my woorde te beheer en net te praat wanneer dit nodig en opbouend is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 12 Februarie 2026

Dagstukkies April

12 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag ‘n seën vir ander wees! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Wees ‘n seën

Teks vir vandag: ‘n Gelowige vrou beteken vir ‘n man verskriklik baie. Sy versier sy lewe soos ‘n mooi kledingstuk.” Spr. 12:4 (Die Boodskap)

  • Jou vrou en huwelik, kinders en gesin sal vir jou ’n groot bron van geluk en vreugde wees (Ps. 128:3).
  • Jou karakter en optrede kan ander se lewens verryk en hulle nader aan God bring.
  • God roep jou om mense rondom jou gelukkig te maak – veral in al jou verhoudings.
  • Dink vandag daaraan hoe jy die mense om jou kan bemoedig en opbou.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag ‘n seën te wees vir die mense rondom my en hulle nader aan U te bring.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 Februarie 2026

Dagstukkies April

11 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag in nederigheid groei! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Nederigheid bring wysheid

Teks vir vandag: “Mense wat dink hulle is beter as ander, word uiteindelik verneder. Mense wat nie so baie van hulleself dink nie, verstaan die kuns van die lewe.” Spr. 11:2 (Die Boodskap)

  • Die Here, die Almagtige God sien jou raak. Die Here die Almagtige God help jou (Ps. 138:6).
  • Hy hou baie daarvan as jy nie dink jy is beter as ander mense nie (Ps. 138:6).
  • Hoogmoed kom tot ‘n val – mense wat hulleself verhef, sal uiteindelik verneder word – al lyk dit nie nou so nie.
  • Nederige mense is oop om te leer en te groei, daarom word hulle wys.
  • Kies vandag om klein voor God en mense te wees, al het jy alreeds iets groots bereik.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag nederig te leef en nie baie van myself te dink nie, sodat U my kan gebruik.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 Februarie 2026

Dagstukkies April

10 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag God se voorsiening ervaar! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: God sorg vir Sy kinders

Teks vir vandag: “Die Here sorg vir Sy kinders. Hy gee kos vir die wat honger is. Die brandende begeertes van slegte mense word nooit waar nie.” Spr. 10:3 (Die Boodskap)

  • God belowe dat Hy altyd vir Sy kinders sal sorg – hulle is nooit alleen nie (Ps. 37:25).
  • God ken jou behoeftes en Hy sal daarvoor sorg – jy hoef nie bekommerd te wees nie.
  • Vertrou op God wat sorg, al lyk omstandighede ook al hoe onmoontlik.
  • Wees rustig. Hy sal vir jou sorg.
  • Hy maak die onmoontlike moontlik.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U elke dag vir my sorg en my behoeftes voorsien volgens U rykdom in heerlikheid.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Februarie 2026

Dagstukkies April

9 Februarie

LieweVriend

Mag jy vandag met ware wysheid en Goddelike insig reageer! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Versigtig met spotters

Teks vir vandag: “Dink mooi hoe jy iemand wat met God spot, moet antwoord. As jy hom op sy foute wys, kan hy jou verneder. As jy hard met hom praat, kan hy jou seermaak. Hy kan jou begin haat, jou groot skade aandoen.” Spr. 9:7 (Die Boodskap)

  • God vra dat jou vriende mense sal wees wat nie met die Here spot nie (Ps. 1:1).
  • Nie alle mense is oop vir die waarheid nie – sommige sal jou aanval as jy dit vertel of praat.
  • Bid vir wysheid om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly (Spr. 12:18; 14:3; 15:1; Jak 3:2, 5-6).
  • Beskerm jouself deur weg te bly van mense wat met God spot en jou kan seermaak.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag wysheid om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly, en beskerm my teen spotters.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 Februarie 2026

Dagstukkies April

8 Februarie

LieweVriend

Mag jy vandag in nederigheid voor God leef! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Nederigheid voor God

Teks vir vandag: “Onthou, wysheid begin by liefde vir die Here. Wie Hom liefhet, haat dinge soos om te veel van jouself te dink. Wysheid verag ‘n verkeerde manier van leef en praat.” Spr. 8:13 (Die Boodskap)

  • Die Here, die God van alle wysheid leer jou om Hom te dien en lief te hê (Ps. 25:9-10).
  • Hoogmoed daarteenoor, verblind jou vir jou eie foute en maak dat jy God se leiding ignoreer.
  • Ware wysheid begin by die erkenning dat jy God nodig het en dat jy sonder Hom niks kan doen nie.
  • Toets vandag jou hart en vra God om enige trots te verwyder sodat Hy jou kan lei.

Gebed

Liewe Vader, breek vandag alle trots in my hart en help my om nederig voor U te leef en U leiding te volg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Februarie 2026

Dagstukkies April

7 Februarie

Liewe vriend

Mag jy vandag wysheid in moeilike tye ontvang! Hier is God se Boodskap:

Tema: Wysheid in krisis

Teks vir vandag: “Wysheid moet gesien word daar waar mense moeilike situasies reg hanteer, daar waar die regte woorde op die regte oomblik gesê word.” Spr. 8:12 (Die Boodskap)

  • Vlug na God toe as jy bang is. Hy sal jou beskerm. Hy sal jou help (Ps. 46:1).
  • Ware wysheid bewys homself nie in maklike tye nie, maar wanneer jy voor groot uitdagings staan.
  • God gee jou die regte woorde en insig op die regte tyd as jy Hom daarom vra.
  • Vertrou vandag dat God jou sal lei om die regte ding te sê en te doen, al lyk situasies onmoontlik.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag U wysheid om moeilike situasies reg te hanteer en die regte woorde op die regte tyd te sê.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Februarie 2026

Dagstukkies April

6 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag ‘n hardwerkende gees hê! Hier is God se Woord vir vandag:

Tema: Werk met toewyding

Teks vir vandag: “Luiaard, gaan leer by die mier hoe om te werk. Sonder ‘n baas wat hom druk… ‘n toesighouer… wat hom dophou of ‘n bestuurder wat sy program reël, werk hy dag vir dag.” Spr. 6:6 (Die Boodskap)

  • Bid dat jou planne voorspoedig en suksevol sal wees – God maak hardwerkende mense gelukkig (Ps. 90:17).
  • Die mier werk uit innerlike dissipline, nie omdat iemand dophou nie – so moet jy ook leef.
  • Om uit te stel of om lui te wees lei tot armoede en vernedering’
  • Pligsbesef en hardwerkendheid lei tot vooruitgang en geluk.
  • Wees selfgedrewe en toegewyd in jou take wat jou te doen staan. Moenie uitstel nie.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag ‘n hardwerkende gees en die dissipline om met toewyding te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Februarie 2026

Dagstukkies April

5 Februarie

Liewe vriend

Mag jy vandag in God se lig leef! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: God sien alles

Teks vir vandag: “Elkeen van ons se lewe lê oop voor die Here. Hy ken ons doen en late.” Spr. 5:21 (Die Boodskap)

  • God weet alles van jou af – Hy ken elke gedagte, elke woord en elke optrede van jou – nog voordat dit plaasvind (Ps. 139:1-4).
  • Dit is ‘n troos om te weet God sien jou stryd en jou pyn, maar ook ‘n oproep om opreg te leef.
  • Moenie dink jy kan iets vir God wegsteek nie – Hy ken jou hart en jou motiewe.
  • Leef vandag met die bewustheid dat God alles sien, en laat dit jou help om reg te leef (Job 34:25; Jer. 16:17; 32:19).

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag in U lig te leef en opreg te wees in alles wat ek doen, want U sien alles.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Februarie 2026

Dagstukkies April

4 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag groeí in kennis van God! Hier is God se spesiale Boodskap net vir jou:

Tema: Groei in Goddelike kennis

Teks vir vandag: ‘n Belangrike reël vir die lewe is om meer en meer van die regte soort kennis in die hande te kry. Dan sal jy meer op jou gemak voel. Jy sal weet hoe om in die alledaagse lewe op te tree.” Spr. 4:7 (Die Boodskap)

  • God se Woord is soos ’n helder lig wat in die donker skyn – dit wys jou om die regte pad te kies (Ps 119:105).
  • Kennis van God se Woord gee jou selfvertroue om die regte besluite te neem.
  • Hoe meer jy God ken, hoe beter verstaan jy hoe om in moeilike situasies te reageer en op te tree.
  • Belê vandag in jou geestelike groei deur meer tyd met die Bybel deur te bring.

Gebed

Liewe Vader, laat my vandag groei in kennis van U sodat ek met wysheid deur my dag kan beweeg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Februarie 2026

Dagstukkies April

3 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag die seën van ‘n wyse lewe ervaar! Hier is God se Woord vandag vir jou:

Tema: Wys leef bring geluk

Teks vir vandag: ‘n Wyse manier van leef het groot waarde. Baie gelukkige dae, baie opwindende lewensjare, groot blydskap kom daaruit voort.” Spr. 3:1-2 (Die Boodskap)

  • Jy maak God se hart bly wanneer jy Sy Woord geniet – dan is jy soos ’n stewige boom wat langs die water staan. Hy sal jou sommer baie gelukkig maak (Ps. 1:1-3).
  • Om wys te leef beteken om God se beginsels elke dag in jou verhoudings, keuses en optrede, toe te pas
  • Die vrug van wysheid is nie net geluk nie, maar ook ‘n lang, vol en gelukkige lewe van vrede.
  • Kies vandag vir die pad van wysheid, al lyk dit moeiliker as die kortpad om op eie insig en met eie planne keuses te maak.
  • Jy sal baie gelukkig wees.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag volgens U wysheid te leef sodat ek die blydskap en vrede wat daaruit voortkom kan ervaar.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Februarie 2026

Dagstukkies April

2 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag deur God se wysheid gelei word! Hier is die Boodskap net vir jou:

Tema: Wysheid kom van God

Teks vir vandag: “Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af… Dit sal ons aanspoor om gelukkig te lees.” Spr. 2:6-7 (Die Boodskap)

  • Die Here God is soos ’n onderwyser wat jou hand vat en op die regte pad lei (Ps. 32:8).
  • Die wêreld se wysheid het grense, maar God se wysheid is volmaak sonder grense – dit lei tot ware geluk.
  • Wanneer jy erken dat jy God se wysheid nodig het, maak jy die deur vir Sy geluk in jou lewe oop.
  • Bid vandag vir wysheid en insig voordat jy enige belangrike besluite neem.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag U wysheid en insig sodat ek reg kan leef en die vreugde kan ervaar wat U beloof het.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Februarie 2026

Dagstukkies April

1 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag die vreugde van God se teenwoordigheid ervaar! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Ware geluk begin by God

Teks vir vandag: “Lewensgeluk begin by liefde vir die Here. Sonder liefde is daar geen lewensvreugde nie.” Spr. 1:7 (Die Boodskap)

  • Daar is geen groter blydskap as om saam met die Here God te leef nie – begin elke dag in Sy teenwoordigheid (Ps 16:11).
  • Ware, blywende geluk vind jy nie in dinge, prestasie of mense nie, maar in jou ware verhouding met God.
  • Respek vir die Here is die fondament waarop ‘n gelukkige en vol lewe gebou word.
  • Maak vandag tyd om God se liefde en teenwoordigheid te ervaar en te beleef deur stil voor Hom te wees.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag my geluk en vreugde in U teenwoordigheid te vind en nie in die wêreld se valse beloftes nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 31 Januarie 2026

Dagstukkies April

31 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag die betroubare Woord van God in jou hart vashou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: God se woorde en Woord is betroubaar – glo dit!

Daar is baie dinge wat jy nie sal verstaan nie, maar een ding is seker – God se Woord is volkome betroubaar en jy kan daarop reken.

Teks vir vandag: “Wie kan die Here deurgrond? Wie het al ooit hemel toe gegaan en weer teruggekom? Dit is onmoontlik om Hom volledig te ken… Elke woord van die Here is waar. Jy kan daarop reken…” Spr. 30:4 (Die Boodskap)

  • Wat vir mense slim en wys is, is eintlik by God dom en dwaas (1 Kor 1:19-20).
  • God se Woord is jou anker in ‘n wêreld vol onsekerhede – dit is die een ding waarop jy altyd kan staatmaak
  • Eindig hierdie maand deur jou lewe op die vaste fondament van God se Woord te bou.
  • Elke belofte en woord wat die Here deur Sy Woord aan jou gemaak het, sal waar word (Jes. 55:11).
  • Volg Hom hierin. Stap agter Hom aan. Prys Sy Naam. Wees bly en opgewonde.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U Woord volkome betroubaar is en dat ek in ‘n onsekere wêreld op U beloftes kan reken.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 Januarie 2026

Dagstukkies April

30 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag ‘n lerende houding hê! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Moenie hardkoppig wees nie

Teks vir vandag: ‘n Hardkoppige mens wat nooit na ander luister nie, sal hom nog lelik vasloop.” Spr. 29:1 (Die Boodskap)

  • Wanneer jy hardkoppig is, is jy trots en blind vir jou eie foute en tekortkominge. Die meeste mense leef so, selfs gelowiges en Christenleiers ook.
  • God gebruik mense om jou reg te help en te lei – moenie té trots wees en nie na hulle luister nie.
  • Elke keer wat jy weier om na raad te luister, word jou hart harder en is dit moeiliker om jou lewe te verbeter.
  • Wie aanhou om hom / haar teen goeie advies en hulp te verset, sal iewers tot ‘n val kom (Spr. 29:1b 1983-vertaling).
  • Wees vandag oop om van ander te leer, om raad te ontvang en om dinge weer reg te stel, selfs as dit jou ongemaklik maak.
  • Geniet dan God se vrede, vreugde en geluk.

Gebed

Liewe Vader, breek vandag die hardkoppigheid in my hart en maak my nederig genoeg om na ander te luister en van hulle te leer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 Januarie 2026

Dagstukkies April

29 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag die vrede van ‘n skoon gewete ervaar! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: ‘n Skoon gewete bring rus en vrede vir jou.

Teks vir vandag: ‘n Ongelowige se slegte gewete laat hom onrustig voel. Hy is soos iemand wat weghardloop, al jaag niemand hom nie. ‘n Gelowige ervaar kalmte. Hy is soos ‘n leeu in ‘n veilige skuilplek.” Spr. 28:1 (Die Boodskap)

  • ‘n Skoon gewete is een van die grootste gawes wat jy jouself kan gee – dit bring vrede en rus.
  • Wanneer jy reg leef, hoef jy nie oor jou skouer te kyk nie. Dan hoef jy nie bang te wees vir die gevolge van jou gedrag nie.
  • Bid en vertrou God vir kalmte in krisistye.
  • Leef so dat jy elke aand met vrede, rustigheid en gelukkig kan slaap omdat jy voor God reg leef.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag reg te leef sodat ek die vrede van ‘n skoon gewete kan ervaar en in U rus kan leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 Januarie 2026

Dagstukkies April

28 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag nederig wees oor die toekoms! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Jou toekoms is onbekend

Teks vir vandag: “Moenie te seker oor môre en oormôre wees nie, want jy weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie.” Spr. 27:1 (Die Boodskap). Lees ook Jakobus 4:13-15

  • Die toekoms behoort aan God – maak planne, maar hou hulle met ‘n oop hand voor Hom.
  • Erken en onthou dat jy nie in beheer is nie, maar jy elke dag van God se genade afhanklik is (Matt 6:30, 34).
  • Leef vandag ten volle. Moenie veronderstel dat môre gewaarborg is nie.
  • Sê daarom eerder: “As die Here wil en ek môre leef, sal ek dit of dat doen!”– dit wys dat jy erken dat Hy in beheer is.(Jak 5:15).

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag oor die toekoms nederig te wees. Laat ek erken dat elke dag ‘n geskenk van U genade is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.