Julie — Josua en Rigters
22 Julie
Bly op die pad van die Woord, selfs al kos dit moeite.
Tema: Bly op die pad van die Woord
Teks: “Maar julle moet sterk staan in die uitvoering van alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie.” (Jos. 23:6)
- Hou jou oog op die Here — Hy is aan jou kant, en daarom sal jy nie wankel nie. (Ps. 16:8)
- God se Woord wys jou die regte pad. Bly daarop en moenie afwyk nie.
- Die Heilige Gees help jou om reg te leef.
- Klein gehoorsame keuses hou jou op koers.
Gebed
Liewe Vader, maak my gehoorsaam aan U Woord. Ek is gewillig om U te gehoorsaam.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


