27 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag beskerm wees teen alle slegte woorde! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Vloeke oor jou uitgespreek, is kragteloos
Teks vir vandag: “Al wens iemand jou slegte dinge toe, niks daarvan sal waar word nie. Soos verskrikte voëltjies wat wegvlieg, sal dit in die niet verdwyn.” Spr. 26:2 (Die Boodskap)
- God is jou beskermer – geen vervloeking of slegte wense kan jou raak as jy onder Sy sorg leef nie.
- Moenie jou energie mors deur bekommerd te wees oor wat ander oor jou sê of jou toewens nie.
- Jou toekoms word nie bepaal deur mense se opinies of wense nie, maar deur God se plan vir jou.
- Leef vandag in die vryheid en vrede dat God jou beskerm teen alle slegte woorde en bedoelinge.
- Wees rustig! Wees hoopvol! Sien uit na jou toekoms!
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my beskerm teen alle slegte woorde en wense, en dat niks my kan raak sonder U toestemming nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

