8 Maart
Liewe Vriend
Ek hoop en bid dat jy jou nie deur verkeerde advies sal laat mislei nie. Hier is die boodskap vir jou.
Tema: Kies reg en leef gelukkig.
Teks: “Wees goed vir my, Here, want ek word al hoe swakker. U moet my asseblief gesond maak, Here, want my liggaam is besig om in te gee.” (Ps. 6:3 – Die Boodskap)
- Soos wat jy in die lewe kies, so sal jy leef – verkeerde keuses bring pyn, maar regte keuses bring vreugde en vrede.
- Wanneer jy moeg en swak voel, is dit God wat jou wil versterk – draai na Hom toe vir herstel.
- Moenie die verkeerde mense se raad volg slegs omdat dit makliker of beter klink nie.
- Kies vandag bewustelik om agter die Here aan te stap, al is dit soms moeiliker – dit lei na ‘n gelukkiger lewe.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my versterk wanneer ek swak is. Help my om vandag die regte keuses te maak en nie deur verkeerde raad mislei te word nie.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

