Skep asem vir vandag: 9 September 2025

Dagstukkies April

9 September

Tema: Dink altyd aan ander mense

Teks: “Dan moet U, … iemand oor hierdie volk aanstel … sodat die volk van die Here nie soos skape sonder wagter sal wees nie” (Num 27:15-17)

  • Ware leierskap dink aan ander se behoeftes, selfs bo jou eie teleurstelling.
  • Liefde vir ander oorwin persoonlike pyn en frustrasie.
  • Soek die beste vir mense, selfs wanneer jy nie meer vir hulle daar sal wees nie.
  • Mense wat onselfsugtig en vir ander omgee, sal geluk ervaar.

Gebed

Liewe Vader, help my om spesifiek op dit wat van ander mense goed is, te fokus.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 September 2025

Dagstukkies April

8 September

Tema: Jou optrede het gevolge

Teks: “Klim op teen die Abarimberg uit en bekyk die land wat Ek aan die Israeliete gee” (Num 27:12)

  • Elke keuse wat jy maak het langtermyn gevolge vir jou lewe.
  • Selfs ‘n goeie leier soos Moses het geleer dat sy optrede gevolge het.
  • Besluit vandag om presies te doen wat God van jou verwag. Geniet Sy vrede. Hy sal jou gelukkig maak.
  • Wees bewus dat jou besluite van vandag jou môres en oor-môres sal beïnvloed.

Gebed

Liewe Vader, ek het U nodig om my te help om elke oomblik so te kies soos U dit verwag.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 September 2025

Dagstukkies April

7 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag ‘n instrument van vrede en versoening in ander se lewens sal wees. Hier is die boodskap van die Bybel net vir jou vir vandag.

Tema: Wees ‘n vredemaker

Teks: “… omdat hy vir die eer van God opgekom het en vir die Israeliete versoening gebring het” (Num 25:12)

  • As jy vrede maak en versoening tussen mense bring, eer jy God.
  • Verstaan jy dat jou eie optrede die verskil kan maak tussen konflik en vrede.
  • God seën brugbouers tussen Hom en ons, en tussen mense onder mekaar.
  • Jy is God se kind – jy is ‘n vredemaker en iemand wat versoening bring (2 Kor 5:18-20).

Gebed: 

Liewe Vader, gee my genade en hulp sodat ek ‘n vredemaker kan wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 September 2025

Dagstukkies April

6 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag in vrede en rus sal leef, wetende dat die Here volledig vir jou sorg. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Woon en werk rustig voort

Teks: “Wie kan in die lewe bly as die Here dit nie so bepaal nie?” (Num 24:23)

  • Jou lewe is veilig in God se hande – niemand kan jou skade aandoen sonder dat Hy daarvan weet nie.
  • Moenie in vrees leef oor dinge wat buite jou beheer is nie. Hy is in beheer en Hy sal vir jou sorg!
  • God het die laaste sê oor alles wat jou raak.
  • Die Here sal vir jou sorg. Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken (Ps. 37:4).
  • Stel jou lewe elke dag in Sy hand – Jy ontvang ‘n pragtige deel van die Here bly (Ps. 16:6; 37:5-6).
  • Juig tot eer van die Here! Leef met vrede! Wees rustig en dankbaar!

Gebed:

Liewe Vader, baie dankie dat ek veilig in U hande is en dat U vir my sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 September 2025

Dagstukkies April

5 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag duidelik die stem van die Heilige Gees sal hoor en volgens Sy leiding sal leef. Hier is die Woord spesiaal net vir jou.

Tema: Laat die Gees jou gedrag bepaal

Teks: “en toe hy opkyk …, het die Gees van God oor hom gekom,…” (Num 24:1)

  • Moet nooit die veranderende krag van die Heilige Gees onderskat nie.
  • Hy wys jou wat God se wil is.
  • Die Heilige Gees stel intens in jou lewe en hart belang.
  • Luister aandagtig na Sy stem. Doen wat Hy jou vandag lei om te doen.
  • ‘n Gees-beheerde lewe is die geheim van ‘n suksesvolle en gelukkige lewe.

Gebed: 

Liewe Vader, help my om te hoor en te luister sodat ek slegs volgens die wil van die Heilige Gees sal optree.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 September 2025

Dagstukkies April

4 September

Liewe…

Ek hoop jy geniet groot gesondheid. My wens en gebed is dat jy vandag sekerheid sal hê oor God se wil en Sy seën wat oor jou lewe uitgestort word. Hier God se Woord vir jou.

Tema: Ken die wil van die Here

Teks: “Bileam het nou al geweet dat die Here vir Israel wil seën,…” (Num 24:1)

  • Die Vaderhart van God wil goeie dinge in jou lewe te laat gebeur.
  • Ken Hom in alles wat jy doen, Hy sal jou lewe reg laat uitwerk (Spr. 3:6).
  • Hy is goed – onder druk en uitdagings maak hy jou steeds gelukkig.
  • Moenie dat omstandighede jou fokus van God se goedheid wegneem nie.
  • Leef gelukkig! Leef met Hoop!

Gebed:

 Liewe Vader, help my om seker en oortuig te wees van U goeie wil vir my lewe.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 September 2025

Dagstukkies April

3 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag sal ervaar hoe die Here jou oorvloedig seën, veel meer as wat jy gevra of gedink het. Hier is God se Boodskap spesiaal vir jou vandag.

Tema: Die Here gee meer as wat nodig is


Teks: “Die Here het toe ‘n wind gestuur en dit het kwartels van die see se kant af aangebring,…” (Num 11:31)

  • Jy het rede om bly te wees. Hou aan om God se vreugde en liefde uit te straal.
  • Sy voorsiening oortref altyd jou verwagtinge en behoeftes.
  • Waar jy eers onmoontlikhede gesien het, sal jy God se wonderwerke raaksien
  • Die Here se oplossings is dikwels groter en beter as wat jy kan voorsien.
  • Kyk met nuwe oë na jou lewe en sien God se oorvloedige seëninge raak.
  • Prys Sy Naam!

Gebed:

 Liewe Vader, gee my die genade om altyd te glo dat U die onmoontlike moontlik kan maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 September 2025

Dagstukkies April

2 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag sal sien hoe die Here die onmoontlike moontlik maak – maak jou oë oop hiervoor. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema: Onmoontlik? Nie by God nie! Hy doen die ONMOONTLIKE

Teks: “Maar die Here het vir Moses gesê: Dink jy Ek het nie mag nie?…” (Num 11:23)

  • Die probleme wat jy sien, is oplossings vir die Almagtige God – dit lê buite jou vermoë.
  • Geen situasie is te groot of te ingewikkeld vir die Here om te hanteer nie.
  • God spesialiseer daarin om onmoontlike omstandighede tot moontlikhede om te keer.
  • God spesialiseer daarin om onmoontlike omstandighede oorwinnings te maak.
  • Jou probleme van gister en vandag is die platform vir God se wonderwerke van vandag en môre

Gebed: 

Liewe Vader, gee my die geloofsoë om te sien hoe U die onmoontlike moontlik maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 September 2025

Dagstukkies April

1 September

Liewe…

My wens en gebed is dat jy vandag die ondersteuning en hulp van die Here sal ervaar wanneer jy dit die meeste nodig het. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here ondersteun jou altyd

Teks: “Bring vir my sewentig van Israel se leiers… Ek sal dan afkom en daar met jou praat(Num 11:16-17)

  • God is die Alwyse en weet alles (Jes. 55:8-9).
  • Hy verstaan jou uitdagings en bied praktiese ondersteuning deur ander mense in jou lewe te plaas.
  • Wanneer jy oorweldig voel, maak God nuwe deure en geleenthede oop wat jy nie verwag het nie
  • Jy hoef nie jou hartseer, probleme, laste en uitdagings alleen te dra nie – Hy voorsien op die regte tyd helpers wat jou ondersteun.
  • Vertrou dat die Here vandag deure sal oopmaak wat tot groot troos, sukses en deurbrake sal lei

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U ondersteuning in my lewe voorsien wanneer ek dit nodig het.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Augustus 2025

Dagstukkies April

31 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is vir die tye wanneer jy ongelukkig is oor jou verantwoordelikhede. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Ongelukkig oor jou verantwoordelikhede

Teks: ” Waarom behandel U my so sleg …. dat U die verantwoordelikheid van hierdie volk op my gelaai het” (Num 11:11)

  • Jy kom dikwels in situasies waar jy voel asof die verantwoordelikhede te groot is. Jy wil dan nie meer daarmee aanhou nie.
  • Die Here sal jou nooit alleen los nie – byt vas!
  • Hy sal jou vandag en in die toekoms hierdeur dra.
  • Dit sal weer beter gaan.
  • Wees positief. Wees opgewekte en leef met hoop!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my vashou en help om ‘n sukses van my opdrag te maak. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Augustus 2025

Dagstukkies April

30 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy saam met God die pad sal stap. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Stap saam met God die pad…

Teks: “Dit het sleg gegaan met die volk, en hulle het die Here daaroor verwyt…” (Num 11:1)

  • God beskerm jou, versorg jou en hou jou altyd veilig – Hy laat dit met jou goed gaan.
  • Wanneer jou optrede tot ‘n slegte gevolg lei, waarom is jy dan vir Hom kwaad – Hy is dan net goed vir jou.
  • Vandag, wanneer jy probleme ondervind, soek eerder by die Here hulp.
  • Hy sal jou daaruit help en die pad saam met jou stap.

Gebed

Liewe Vader, help my om U te vertrou dat U my uit al my nood sal help. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Augustus 2025

Dagstukkies April

29 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here jou vrede sal gee. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sal jou vrede gee

Teks: “Die Here sal… aan julle vrede gee!” (Num 6:26)

Die Here gee jou vrede.

Wanneer jy die Here dien, kom jy vry van onvrede, onrus en gevegte.

Dan word jy ‘n vredemaker. Leef in vrede en soek vrede.

Dink twee keer voordat jy praat of iets doen. Kies vir vrede.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat met U aan my kant, ek die magtigste vyand vandag en môre kan oorwin. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Augustus 2025

Dagstukkies April

28 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here jou sal hoor. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sal jou hoor

Teks: “… die Here sal julle gebede verhoor…” (Num 6:26)

  • God is nie doof nie. Hy dra nie oorpluisies of gehoorstukke nie. Sy gehoor is fyn en uitstekend.
  • Hy hoor en verhoor elke gebed – selfs joune ook.
  • Neem vrymoedigheid en maak al jou begeertes aan Hom bekend.
  • Wag op Hom. Sien raak hoe Hy verhoor. Jy sal sien dat Sy antwoord beter is as wat jy op gehoop het.
  • Loof Hom en prys Hom.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek van nou af weet dat U al my gebede ook verhoor. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 Augustus 2025

Dagstukkies April

27 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here nie jou foute teen jou sal hou nie. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sal jou genade gee

Teks: ” Die Here sal… julle genadig wees…” (Num 6:25)

  • Soms dink jy dat jou foute en sonde te veel is. Soms voel dit asof die Here jou vergeet het.
  • Die Here vergewe en gee genade. Dit is Sy besigheid. Hy doen dit oor en oor.
  • Die Here hou nie boek van die kwaad nie. Daar is nie ‘n einde aan Sy liefde nie – alles net vir jou.
  • Maak vandag jou hart oop vir God se liefde en genade.
  • Aanvaar dit en wees vry! Leef vry!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek in Christus volle vryspraak en genade van my sonde kry. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Augustus 2025

Dagstukkies April

26 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here jou sal help. Hier is God se Woord vandag spesiaal vir jou.

Tema: Die Here sal jou help

Teks: “Die Here sal tot jou redding verskyn…” (Num 6:25)

  • Die Here sien jou.
  • Hy waarborg dat Hy jou uit elke probleem sal red.
  • Jy is nooit in doodloopstrate nie. Sy redding is by jou en wag ook om die draai.
  • Maak jou oë oop vir die redding en uitkoms wat jy vandag gaan kry.

Gebed

Liewe Vader, gee my vertroue en geloof om te weet dat U my vandag sal red. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Augustus 2025

Dagstukkies April

25 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat die Here jou veilig sal hou. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sal jou veilig hou.

Teks: “Die Here sal… julle beskerm…” (Num 6:24)

  • Jy is baie keer blootgestel aan fisiese, emosionele en geestelike gevare.
  • Moenie bang wees nie. Vandag hou die Here jou deur al hierdie dinge steeds veilig.
  • Hy kyk met deernis na jou. Hy sien jou deur al hierdie gevare en probleme steeds raak.
  • Maak vandag jou hart, gemoed en fisiese lewe oop vir Sy beskerming.
  • Leef met blydskap en oorgawe.

Gebed

Liewe Vader, help my om te glo dat U my in alles sal beskerm.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Augustus 2025

Dagstukkies April

24 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te weet dat die Here vir jou sal sorg. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here sorg

Teks: “Die Here sal jou seën…” (Num 6:24)

  • Die Here se goedheid is meer as wat jy kan verstaan of dink.
  • God die Almagtige draai Sy gesig na jou toe en kyk na jou – in groot liefde.
  • Hy sorg vir jou. • Hy beskerm jou, Hy is teenwoordig by jou en gee aan jou vrede.
  • Ontvang dit met jou hele hart en ‘n oop gemoed.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my elke dag seën en versorg.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Augustus 2025

Dagstukkies April

23 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te doen soos die Here vra. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Doen soos die Here lei

Teks: “Die Israeliete het presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het.” (Num. 2:34)

  • Almal sien dat God getrou en betroubaar is.
  • Daarom gee jy jouself aan God oor. Doen wat Hy vra.
  • Wanneer die Gees van God jou beheer, is jy Sy vriend. Doen soos Hy lei.
  • So is jou lewe ‘n getuienis.
  • Elke keuse vandag word eers aan God oorgegee.
  • Doen soos Hy vra en jou lei  volg Hom!

Gebed:

 Liewe Vader, baie dankie dat U my lei in wat ek moet doen.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Augustus 2025

Dagstukkies April

22 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om uit te staan vir die Here. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Staan uit vir die Here

Teks: “Die Israeliete moet kamp opslaan, elkeen by sy vaandel, by sy familieteken.” (Num. 2:2)

  • Elke stam of familie se vaandel het duidelik gewys wie hulle is  almal het hulle so uitgeken.
  • Hardloop jou lewenswedloop deur op Jesus te konsentreer. Hou Hom gedurig in gedagte (Heb. 12:1-2).
  • Hy is jou vaandel en voorloper.
  • Elke keuse en elke besluit word geneem soos Hy dit sou geneem het  maak soos Hy sou doen.
  • God se Gees maak jou nuut. Laat Hy aan die stuur staan van alles wat jy sê, dink of doen (Gal.5:16).

Gebed:
Liewe Vader, help my dat almal deur my lewe kan sien ek is U kind.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 Augustus 2025

Dagstukkies April

21 Augustus

My wens vir jou is dat jy tyd van orde by God sal vind. Hier is die Woord vir jou.

Tema: Skep orde

Teks: “Hulle moet die kamp rondom die tent van ontmoeting opslaan, so ‘n entjie daarvandaan.” (Num. 2:2)

  • God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde (1 Kor. 14:33). Uit chaos skep Hy orde en ritme(Gen. 1).
  • Is jou lewe deurmekaar en vol wanorde? God is die antwoord!
  • Deur Sy Gees bring Hy orde, rus en vrede. God bring nuwe hoop  ‘n nuwe verwagting.
  • Gryp elke geleentheid aan om weer sin, betekenis en orde te kry.
  • Begin nuut! Begin voor! Begin weer leef.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir die orde en nuwe lewe wat U my gee.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.