Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Februarie 2026

5 Februarie

Liewe vriend

Mag jy vandag in God se lig leef! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: God sien alles

Teks vir vandag: “Elkeen van ons se lewe lê oop voor die Here. Hy ken ons doen en late.” Spr. 5:21 (Die Boodskap)

  • God weet alles van jou af – Hy ken elke gedagte, elke woord en elke optrede van jou – nog voordat dit plaasvind (Ps. 139:1-4).
  • Dit is ‘n troos om te weet God sien jou stryd en jou pyn, maar ook ‘n oproep om opreg te leef.
  • Moenie dink jy kan iets vir God wegsteek nie – Hy ken jou hart en jou motiewe.
  • Leef vandag met die bewustheid dat God alles sien, en laat dit jou help om reg te leef (Job 34:25; Jer. 16:17; 32:19).

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag in U lig te leef en opreg te wees in alles wat ek doen, want U sien alles.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.