10 Februarie
Liewe Vriend
Mag jy vandag God se voorsiening ervaar! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: God sorg vir Sy kinders
Teks vir vandag: “Die Here sorg vir Sy kinders. Hy gee kos vir die wat honger is. Die brandende begeertes van slegte mense word nooit waar nie.” Spr. 10:3 (Die Boodskap)
- God belowe dat Hy altyd vir Sy kinders sal sorg – hulle is nooit alleen nie (Ps. 37:25).
- God ken jou behoeftes en Hy sal daarvoor sorg – jy hoef nie bekommerd te wees nie.
- Vertrou op God wat sorg, al lyk omstandighede ook al hoe onmoontlik.
- Wees rustig. Hy sal vir jou sorg.
- Hy maak die onmoontlike moontlik.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U elke dag vir my sorg en my behoeftes voorsien volgens U rykdom in heerlikheid.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


