7 Februarie
Liewe vriend
Mag jy vandag wysheid in moeilike tye ontvang! Hier is God se Boodskap:
Tema: Wysheid in krisis
Teks vir vandag: “Wysheid moet gesien word daar waar mense moeilike situasies reg hanteer, daar waar die regte woorde op die regte oomblik gesê word.” Spr. 8:12 (Die Boodskap)
- Vlug na God toe as jy bang is. Hy sal jou beskerm. Hy sal jou help (Ps. 46:1).
- Ware wysheid bewys homself nie in maklike tye nie, maar wanneer jy voor groot uitdagings staan.
- God gee jou die regte woorde en insig op die regte tyd as jy Hom daarom vra.
- Vertrou vandag dat God jou sal lei om die regte ding te sê en te doen, al lyk situasies onmoontlik.
Gebed
Liewe Vader, gee my vandag U wysheid om moeilike situasies reg te hanteer en die regte woorde op die regte tyd te sê.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


