11 Februarie
Liewe Vriend
Mag jy vandag in nederigheid groei! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Nederigheid bring wysheid
Teks vir vandag: “Mense wat dink hulle is beter as ander, word uiteindelik verneder. Mense wat nie so baie van hulleself dink nie, verstaan die kuns van die lewe.” Spr. 11:2 (Die Boodskap)
- Die Here, die Almagtige God sien jou raak. Die Here die Almagtige God help jou (Ps. 138:6).
- Hy hou baie daarvan as jy nie dink jy is beter as ander mense nie (Ps. 138:6).
- Hoogmoed kom tot ‘n val – mense wat hulleself verhef, sal uiteindelik verneder word – al lyk dit nie nou so nie.
- Nederige mense is oop om te leer en te groei, daarom word hulle wys.
- Kies vandag om klein voor God en mense te wees, al het jy alreeds iets groots bereik.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag nederig te leef en nie baie van myself te dink nie, sodat U my kan gebruik.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


