8 Februarie
LieweVriend
Mag jy vandag in nederigheid voor God leef! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Nederigheid voor God
Teks vir vandag: “Onthou, wysheid begin by liefde vir die Here. Wie Hom liefhet, haat dinge soos om te veel van jouself te dink. Wysheid verag ‘n verkeerde manier van leef en praat.” Spr. 8:13 (Die Boodskap)
- Die Here, die God van alle wysheid leer jou om Hom te dien en lief te hê (Ps. 25:9-10).
- Hoogmoed daarteenoor, verblind jou vir jou eie foute en maak dat jy God se leiding ignoreer.
- Ware wysheid begin by die erkenning dat jy God nodig het en dat jy sonder Hom niks kan doen nie.
- Toets vandag jou hart en vra God om enige trots te verwyder sodat Hy jou kan lei.
Gebed
Liewe Vader, breek vandag alle trots in my hart en help my om nederig voor U te leef en U leiding te volg.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


