Skep asem vir vandag: 9 April 2025

Dagstukkies April

9 April

Liewe ….

Ek bid dat jy ‘n Christusgelowige sal wees wat alle mense dieselfde sal hanteer. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Hanteer almal gelyk

Teks: “Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, … Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle ‘n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie. (Gen 37:3-4)

  • Baie keer het jy die versoeking en druk om sekere mense beter as ander mense te behandel.
  • Ander mense sien dit raak. Hulle hou nie daarvan nie. Hulle tree selfs sleg teen die mense wat voorgetrek word, op.
  • Die Regverdige Here God hanteer alle mense, ongeag ras, taal, kleur, geslag of nasie presies dieselfde. Hy trek niemand voor nie (Rom. 2:11; Kol 3:10-12).
  • Christusgelowiges weerspieël die karakter van Jesus wanneer ons alle mense dieselfde hanteer.

Gebed

Liewe Vader, gee my insig, wysheid en lei my om almal dieselfde te hanteer.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 April 2025

Dagstukkies April

8 April

Ek wens dat jy die Here sal vertrou dat Hy jou sal gebruik, ongeag wie jy is. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel aan jou.

Tema: God gebruik enige persoon

Teks: “ Josef was nog jonk, sewentien, toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers,” (Gen 37:2)

  • Dikwels voel jy nie bevoeg om iets aan te pak nie. Jy is dalk bang om ‘n nuwe lewensfase binne te gaan.
  • Die Here kyk nie na hoe jy uiterlik lyk nie, maar rus jou met Sy Gees innerlik toe.
  • Moenie bang wees om geleenthede wat oor jou pad kom, aan te gryp nie. Doen dit!
  • God maak jou daarvoor bekwaam en bevoeg (Fil 2:13).
  • Die Here God sal jou baie gelukkig maak as jy jou lewensreise in geloof aanpak.

Gebed

Liewe Vader, laat ek elke geleentheid deur geloof aangryp.

In die Naam Van Jesus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 April 2025

Dagstukkies April

7 April

My wens vir jou is dat jy die vreugde van ‘n gesin en familie wat herenig en in vrede leef, sal geniet. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Hereniging van ‘n gesin

Teks: “Jakob is na sy pa Isak toe in Mamre by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Isak gebly het, en vroeër ook Abraham. ” (Gen. 35:27)

  • Daar is ‘n tyd vir familiekonflik, maar daar is ook ‘n tyd om in vrede en liefde te leef – jy weet dit nou al (Pred. 3:4, 8).
  • As jy mense vergewe wat jou te kort doen of sleg van jou praat, verstaan jy God se liefde baie goed (Spr. 17:9).
  • Mooi woorde verloor nooit hulle krag nie (Spr. 12:19).
  • Kinders is gelukkig as hulle Christenouers doen wat hulle glo (Spr. 20:7).

Gebed

Liewe Vader, maak my gesin en familie ‘n voorbeeld van vrede en geluk.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Christus se alleen wees…

“Daarna kom Jesus met sy dissipels by ‘n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My. Hy het ‘n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verby gaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

Matt. 26: 36-39

Lees meer “Stof tot nadenke: Christus se alleen wees…”

Skep asem vir vandag: 6 April 2025

Dagstukkies April

6 April

Mag jou identiteit in Christus gevestig wees. My gebed is dat jy dit sal uitleef. Hier is ‘n spesiale Woord van die Here God vir jou.

Tema:‘n Nuwe begin

Teks: “God het vir hom gesê: “Jy is Jakob, maar jy sal nie langer Jakob genoem word nie. Jou naam sal Israel wees.” God het hom toe Israel genoem. ” (Gen 35:10)

  • Herstel en vernuwing is deel van God se wonderlike plan vir jou.
  • Vandag is dit tyd om nuut en oor te begin. Laat die ou manier van leef en gebeure agter.
  • Die Here neem jou verliese, vernedering, mislukking, teleurstellings, jou sukkelende bestaan en verander dit in iets nuuts – ‘n beter nuwe lewe.
  • Geniet daarom elke oomblik van nuwe geleenthede wat die Here nou vir jou gee.

Gebed

Liewe Vader, help my om U nuwe begin vir my lewe raak te sien en aan te gryp.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 April 2025

Dagstukkies April

5 April

Ek bid dat jy die Here so heelhartig volg, dat almal in die lewe sal sien jy dien Hom. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Laat jou dankbaarheid sigbaar wees

Teks: “Daar moet ek ‘n altaar gaan bou vir die God wat my Gebed verhoor het toe ek in die moeilikheid was en wat by my was waar ek ook al gegaan het.”  (Gen 35:3)

  • Wees ‘n getuienis dat God getrou is.
  • Gelukkig is jy wanneer jou enigste wens, begeerte en strewe is om God se wil te doen (Matt 5:6).
  • Leef so dat God op jou sal trots wees (Heb 12:14).
  • Jy is deel van God se nuwe wêreld. Loop oor van dankbaarheid teenoor Hom (Heb 12:28).

Gebed

Liewe Vader, gee my die geloofsinsig om altyd met dankbaarheid en oorgawe te leef.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 April 2025

Dagstukkies April

4 April

My gebed vir jou is dat jy die Here God met jou hele lewe voluit sal dien.  Hier is ‘n boodskap vir jou.

Tema: Aanbid God voluit en heelhartig

Teks: “Jakob het daar ‘n altaar gebou en dit genoem: Die God van Israel is God.” (Gén 33:20)

  • Die Here God is jou enigste krag en hoop vir ‘n goeie en beter toekoms.
  • By die Here is jy veilig, want Hy beskerm jou (Ps. 18:2).
  • Gaan met al jou uitdagings na die Alwyse God. Hy sal jou sukses, moed en oorwinning gee.
  • Wees bly! Wees hoopvol! Leef met oorgawe!

Gebed

Liewe Vader, gee my die genade en geloof om U te vertrou en nie op my probleme te fokus nie.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Maart 2025

31 Maart

Ek bid dat jy sal sien hoeveel goedheid en guns die Here vir jou gee. Hier is vandag se boodskap aan jou.

Tema: Sien die werk van God raak

Teks: “Dit is die kinders wat God in sy liefde aan my gegee het.” (Gen 33:5)

  • Soms is die lewe hard, maar die Here tree tot alle vlakke van die lewe toe.
  • Wanneer God betrokke is, stop alles wat verkeerd gaan.
  • Die Here beskerm jou in alle omstandighede – jou hele lewe: gesondheid, familie, vriende, werk, finansies, gemeente sowel selfs ook die land en wêreld se politiek.
  • Sy beskermende hand oor jou, maak jou gelukkig, dit gee vir jou vrede en sekuriteit.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U in alles vir my genoeg gee.
In  Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Die Enigste Pad

Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

Joh. 14: 6

Ons almal is baie bekend met die die gebed van Koos du Plessis wat noem : “…elke afdraai paadjie ken ek…”. Wie van ons het nog nie so gevoel nie. Elkeen van ons het al so dikwels daardie afdraaipaadjie geneem, in stede van op die regte pad te bly. Daar is so baie keuses om te maak wanneer ons by daardie kruispaaie kom, waar die verleidings en die versoekings van hierdie aarde vir ons so aanloklik lyk, dat ons besluit om tog net vir ‘n kort wyle op daardie afdraaipaadjie te wandel. Maar telkens wys God ons daarop dat daar net een weg.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Enigste Pad”

Skep asem vir vandag: 30 Maart 2025

30 Maart

My wens is dat jy sal leer dat liefde en respek jou verhoudings met ander mense bou. Hier is ‘n Boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Respek bring versoening

Teks: “Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels. Esau het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil. ” (Gén 33:4)

  • As jy iemand met respek hanteer sal dit hom / haar oorweldig.
  • Jy is God se ambassadeur wat Sy vrede aan alle mense oordra (2 Kor 5:20).
  • Jy is God se ambassadeur om aan alle mense te vertel dat ons moet versoen.
  • Vandag moet jy na mense uitreik, versoen en vrede maak sodat jy ‘n beter en vrye mens kan word.
  • Dit is wat God van jou vra (2 Kor 6:1)

Gebed

Liewe Vader. Gee my die genade om ‘n vredemaker te wees.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Maart 2025

29 Maart

EK bid vir jou dat jy alle mense met respek en menswaardigheid sal hanteer. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Hanteer jou opponente altyd respekvol.

Teks: “Hy self het verbygegaan tot heel voor en toe hy nader na sy broer toe kom, het hy sewe keer diep gebuig. ” (Gén 33:3 )

  • God se guns en goedheid is jou grootste bate. 
  • Raak net vir ‘n oomblik stil en dink aan God se groot liefde vir jou.
  • Bewys aan ander mense soortgelyke goedheid, guns, liefde en respek.
  • Betoon so ook aan jou vyande en opponente eerbied en respek. Hulle is ook die beeld van God.
  • Respek en liefde vra nie veel nie, maar dit bou verhoudinge en neem spanning weg.

Gebed

Liewe Vader. Gee my die geloofsmoed om aan alle mense liefde en respek te bewys.
In  Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Maart 2025

28 Maart

Ek bid dat jy die Here vandag sal vertrou. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Moenie moed opgee nie

Teks: “ Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense ‘n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.” ” (Gen 32:23)

  • Soms voel dit vir jou asof jy eerder alles moet opgee, want jy kom net nie reg nie.
  • Moenie moed opgee nie, deur te volhard kry jy die regte resultate.
  • Die Here neem verlore geleenthede, selfs gebeure waaroor jy skaam is om dit in oorwinnings te verander.
  • Jou grootste behoefte is die behoefte aan God, ja om binne Sy wil te wees.

Gebed

Liewe Vader. Dankie Vader dat U my konflik in oorwinnings verander.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Bybelstudiegroepe 2025

Bybelstudiegroepe 2025

Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke.

Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.

Hieronder verskyn die lys van Bybelstudiegroepe. Kyk gerus waar u wil inval.

Lees Meer

Bybelstudiegroepe 2025

Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke.

Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.

Hieronder verskyn die lys van Bybelstudiegroepe. Kyk gerus waar u wil inval.

Lees Meer

Skep asem vir vandag: 27 Maart 2025

27 Maart

My gebed vir jou is dat jy jou geluk by die Here God sal soek. Hier is spesiale boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Soek jou geluk by die Here

Teks: “ Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.” (Gen 32:26)

  • Jou ware geluk kom net van die Here af.
  • Glo vas dat die Here jou sal help, Hy sal (Ps. 40:2).
  • Hy sal jou uit die gemors optel (Ps. 40:3).
  • Jou lewe sal ‘n getuienis wees dat God getrou is.

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U krag my veilig bewaar.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Maart 2025

26 Maart

Ek hoop en bid dat jy die vrymoedigheid het om jou vrese aan God bekend te maak. Hier ‘n Woord van God vir jou..

Tema: Soek net hulp by die Here.

Teks: “ Red my tog uit die mag van my broer Esau, ek is bang vir hom …  (Gen 32:11)

  • Selfs in moeilike tye is God daar om jou te red en te help 
  • Daar is geen keer aan al die goeie dinge wat God vir jou wil gee nie, al verdien jy dit nie (Joh. 1:16).
  • Dit is belangrik dat jou planne afhang van die leiding wat die Here gee.  J Volkome herstel is deel van God se plan vir jou.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my uit elke situasie wat sleg is sal lei. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Maart 2025

25 Maart

Mag jy vandag bewus wees van die ondersteunende krag van die Here. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die Here veg vir jou

Teks: “ Jakob het sy koers gegaan, en engele van God het hom teëgekom. Toe Jakob hulle sien, sê hy: “Dit is ‘n leër van God,”” (Gen 32:1-2)

  • In die grootste probleme, die moeilikste uitdagings en die felste stryd is jy nooit alleen nie.
  • Die Here stuur Sy engele om jou as Christusgelowige te dien en op te pas (Heb 1:14).
  • Wanneer jy bang bly, onthou jy is in Christus se hande. Hyself beskerm en versorg jou (Joh. 10:28-29).
  • Die Here is vir jou goed en Hy gee Sy liefde vir jou.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my beskerm en versorg.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Maart 2025

24 Maart

Ek wens dat jy die volwassenheid sal aanleer om jou woorde te tel voordat jy praat wanneer jy kwaad is. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Tel jou woorde, God sal voorsien

Teks: “Dié nag het God in ‘n droom na Laban die Arameër toe gekom en vir hom gesê: “Wees versigtig met wat jy vir Jakob sê!” ” (Gen 31:24)

  • Waar mense is, is daar ook dikwels konflik.
  • Byt jou tong vas voordat jy praat. Druk jou “pause-knoppie”. Wag ‘n bietjie voor jy praat.
  • ‘n Verkeerde woord kan jy nie terug trek nie, al is jy daaroor jammer.
  • ’n Sagte antwoord sal die woede en konflik tussen julle laat afkoel en bedaar (Spr. 15:1).
  • ‘n Christengelowige se woorde getuig van insig, wysheid en kennis. (Spr. 15:2)

Gebed

Liewe Vader, laat U liefde deur my lewe vloei. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.