21 Mei
Liewe ….
Ek hoop en bid dat jy sal aanleer om nie jou oor jou lewe te bekommer nie. Hier is ‘n spesiale boodskap uit Sy Woord vir jou.
Tema: Moet jou nie bekommer nie
Teks: “Toe sê die amptenaar vir hulle: “Wees gerus! Moenie bekommerd wees nie.” (Gen 43:23)
- Soms bekommer jy jou omdat dinge nie verloop soos jy dit beplan nie.
- Dit is heel dikwels die Here se manier hoe Hy jou gaan seën.
- Die Here is by jou. Hy is jou God. Hy sal jou nooit in die steek laat nie (Jes. 41:9-10).
- Hy help jou. Hy maak jou sterk. Hy gee jou krag en gee jou insig (Jes. 41:10).
- Moenie bang of bekommerd wees nie (Jes. 41:10).
- Wees gereed om die seëninge van die Here te ontvang.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U negatiewe oomblikke in seën verander.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


