25 Mei
My hoop vir jou is dat jy iemand van hoop en vreugde vir alle mense sal wees. Hier is Sy Woord net aan jou vandag.
Tema : Vertrou die Here
Teks: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat ‘n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.” (Gen. 43:16)
- Jy het niks om voor bang te wees nie.
- Jy het baie rede om oor die toekoms positief te wees.
- Dit is die Almagtige God wat toe deure vir jou oopbreek.
- Jy het niks om voor bang te wees nie, want Hy sorg, gee hoop en verseker ‘n mooi toekoms.
- Prys die Here met jou hele lewe (Ps. 138:1).
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U vir my hoop en ‘n toekoms gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


