Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Maart 2026

Dagstukkies April

7 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop dat jy vandag in moontlike moeilike tye ook God se uitkoms raak sal sien. God se Woord wil jou hierin raad gee.

Tema: ‘n Doodlooppad.

Teks: “Hoor tog wat ek sê, Here! Luister hoe ek my hart teenoor U leegmaak.” (Ps. 5:1 – Die Boodskap)

  • Jaloesie, vrees en bitterheid kan jou in ‘n doodloopstraat laat vasloop, waaruit jy jouself nie kan kry nie.
  • Wanneer jy vasgekeer voel, is dit die beste om jou hart voor God oop te maak – praat met Hom.
  • ‘n Doodlooppad is juis dikwels ‘n nuwe beginpunt in God se oë – Hy sien uitweë wat jy nog nie sien nie.
  • Maak vandag jou hart leeg voor die Here – sê vir Hom presies hoe jy voel, en wag op Sy leiding.
  • Gryp jou nuwe seisoene en geleenthede met altwee hande aan.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U na my luister wanneer ek my hart voor U leegmaak. Help my om vandag nie vas te bly in ‘n doodlooppad nie, maar U uitweg raak te sien.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

“Celtic Worship” : “In Christ Alone.”

In Christ Alone Celtic Worship ft. Steph Macleod NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 11 van ons Lydenstydreeks ”VisioDivina” luister ons na die groep, “Celtic Worship” se weergawe van “In Christ Alone.”

Uit die lirieke:

In Christ alone my hope is found,
He is my light, my strength, my song;
This Cornerstone, this solid Ground,
Firm through the fiercest drought and storm.
What heights of love, what depths of peace,
When fears are stilled, when strivings cease!
My Comforter, my All in All,
Here in the love of Christ I stand.

Gisela du Plessis “Voel jy soms.”

Gisela de Villiers-'Voel jy soms.......' NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 10 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die Suid-Afrikaanse sopraan en komponis; Gisela du Plessis, se weergawe van “Voel jy soms.

Uit die lirieke

Voel jy soms of die Here te ver is
Twyfel jy soms aan God se bestaan
Jy moet glo dat die Here met jou saamloop
Dat Sy gees oral met jou sal gaan

Bernard Sexton “GOD WILL WIPE AWAY ALL TEARS.”

God will wipe away all tears - Bernard Swxton NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 9 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons Bernard Sexton se komposisie, “GOD WILL WIPE AWAY ALL TEARS.”

Uit die lirieke:

God will wipe away all tears
God will bring you home
To the place he has prepared for you
You shall never be alone
Storms may gather, evening fall
Daylight turn to shade
And when you earthly work is done
Do not fear, be not afraid.

Anastasia Gladilina : Kyrie Eleison (Here, vergewe) Анастасия Гладилина //Хор Сретенского Монастыря

Kyrie Eleison Анастасия Гладилина Хор Сретенского Монастыря NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 8 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die wonderskone stem van die 14-jarige Anastasia Gladilina. Sy was een van die finaliste in die Russiese weergawe van “The Voice Kids.” Hier sing sy saam met die “Sretensky Kloosterkoor” (wat reeds in 1397 gestig is) ‘n weergawe van die Kyrie Eleison (Here, vergewe).

Nuusflitse Week 11+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 8 Maart 2026 : Erediens en Kategese om 09:00 en Kleuterkerk,,
Sondag 8 Maart 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal
Dinsdag 10 Maart 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 11 Maart 2026 :   Blokbyeenkoms van Blok 9 (Agter-Polisiestasie) om 18:00
Woensdag 11 Maart 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 11 Maart 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood:  11 & 25 Maart
Vrydag 13 Maart 2026 14:00-15:30 Kleuterkerk Wolwedans Gemeenskapsaal
Sondag 15 Maart 2026 : Erediens en Kategese om 09:00 – GEEN Kleuterkerk,

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 8 – 15 Maart 2026

Afkondigings 8 – 15 Maart 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 8 Maart 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 4:1-42.
  • Die tema van die prediking is: Die mooiste liefdesverhaal ooit.
  • Derde Lydensweek.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Persone met Gestremdhede (NCPD) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.

Geopende Deure

Ons ontvang vandag besoek van ‘n verteenwoordiger van Geopende Deure.

Geopende Deure bedien Christene in lande waar hulle vervolg word. Meer as 380 miljoen Christene ervaar vervolging en diskriminasie weens hul geloof. Hulle volg Jesus, ongeag die koste. Christelike vervolging is enige vyandigheid wat vanaf die wêreld ervaar word as gevolg van ʼn mens se identifisering met Jesus Christus. Dit kan vyandige gevoelens, houdings, woorde en aksies insluit. Ongelukkig, maak baie Christene vandag die aanname dat vervolging deel is van die Kerk se verlede. Die waarheid is dat daar lede van die liggaam van Christus is wat tans erge vervolging en beperkings in die gesig staar as gevolg van hul geloof in Jesus Christus. Elke dag, van elke jaar, en op elke kontinent, staar mans en vroue vervolging in die gesig as gevolg van hul geloof in Jesus Christus. Hierdie Christene ervaar lyding ter wille van ONS geloof. En al wat hulle vra is dat ons vir hulle sal bid en nie van hulle sal vergeet nie. Ons gebede hou hulle staande. 

Mosselbaai Ring Noodfonds

Baie dankie vir alle bydraes gemaak teenoor die noodfonds.
Dankie ook vir al die 5 liter waters wat u bygedra het, die water-insamelings-projek is nou afgesluit.

Woensdag 11 Maart 2026 :

  • Die Blokbyeenkoms van Blok 9 (Agter-Polisiestasie) vind om 18:00 plaas by Elmari Olsen – Wiggettstraat 13. Carin van Ginkel –   -Kontak Ons..
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – -Kontak Ons.. Alle belangstellendes welkom.

Sondag 15 Maart 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Vierde Lydensweek.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Omgeebediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.
Verjaarsdae Week 11 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 11 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13 (AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:
Riana Briers -Kontak Ons. / Riëtte Jansen van Rensburg – -Kontak Ons.

Eiendomsbediening :

Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 11 & 25 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode, naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters -Kontak Ons.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Maart 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 31, asook die antwoorde vir nommer 30 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Gholfdag 11 April 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gholfdag 11 April 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Soedan

FEBA Soedan is ’n jong radiostasie met groot uitdagings. Hoewel baie mense bly is oor die nuwe stasie, is daar ook erge teenstand vanaf plaaslike afgodaanbidders wat die span wil saboteer. Ten spyte hiervan werk God reeds kragtig deur FEBA Soedan se uitsendings en FEBA Radio SA kon onlangs ’n besending radio’s stuur om in die omliggende dorpies versprei te word.

Ons gebed vir die week: Bid vir God se beskerming oor die personeel van FEBA Soedan se harte en denke, sowel as oor die stasie se infrastruktuur. Vra dat die nuwe besending radio’s sal help om Sy koninkryk in Soedan uit te brei.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 8 Maart 2026, deur Ds Leon Cronje, is beskikbaar.
  • Getuienisbediening:
    • Nuusflitse van Missie Japan is beskikbaar.
    • Nuus van Michelle van Oekraïne wat oppad terug is.
    • Die jongste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
  • Bybelstudiereekse:
    •  Lydenstyd se Visio Divinia reeks is op webtuiste beskikbaar.
    •  ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
    •  Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Betrokkenheid.”
  • Gemeentenuus:
    • ‘n Kort oorsig van Klub50 se ‘Piekniek onder George Piek’ met die Powervan trein.
    • \Die weeklikse Afkondigings asook
    • Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Maart 2026

Dagstukkies April

6 Maart

Liewe Vriend

Mag jy die nuwe era en nuwe seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die moeilike besluit is soms reg.

Teks: “God, help my asseblief wanneer ek by U kom hulp vra! U sorg altyd vir my. In ‘n krisis het U ‘n sagte hart. Wees asseblief goed vir my.”(Ps. 4:2 – Die Boodskap)

  • Oënskynlike maklike keuses het dikwels slegte nagevolge, terwyl die moeilike besluit dikwels die beste gevolge het.
  • God verstaan wanneer jy voor ‘n moeilike besluit staan – gaan na Hom toe en vra Sy leiding.
  • Stap dan agter Hom aan!
  • In elke krisis is God by jou met ‘n sagte hart – Hy sal jou help en lei om die regte besluit te neem.
  • Moenie bang wees om moeilike besluite te neem nie – bid eers, dink deeglik na, en doen dan wat reg is, al voel jy onseker.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd by my is, veral in moeilike tye. Help my om vandag die regte besluite te neem, selfs al is dit moeilik.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Missie Japan: LYDENSTYD IN JAPAN

Missie Japan NG Kerk Groot-Brakrivier

Teen dié tyd van die jaar in Japan voel ek soms die winter kaalheid en kouefronte kan gerus nou end kry. Maar daar lê gewoonlik nog heelwat bibberweer voor die deur. Dan moet ek myself staal. Gelukkig is dit ook net mooi dan wanneer die Wintersoet (ook bekend as Wax Plum in Engels, Rōbai in Japannees = 蝋梅) helder blom in die snerpende koue. Asof die opstandings-Lig rééds deur die krake van Lydenstyd inskyn in Japan … Vanjaar weer, in die parkeer terrein teen ons huis, het die Wintersoet boom teen einde Januarie nie teleurgestel nie. Saam met Nagtegaal se eerste spitsvondige gesang, ná ‘n lang winterstilte, sien en hoor ons nou die vroeë tekens van lente oral om ons. Wat ‘n vreugde!

Lees meer “Missie Japan: LYDENSTYD IN JAPAN”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Maart 2026

Dagstukkies April

5 Maart

Liewe Vriend

My wens is dat jy vandag besonderse respek aan die Here sal wys. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Alles wat jy kan doen, is nie noodwendig aanvaarbaar nie.

Teks: “Here, kyk net hoe baie mense wil my seermaak. Hulle word net meer en meer… Maar, Here, U beskerm my teen hulle… U help my om nie handdoek in te gooi nie.” (Ps. 3:1, 4 – Die Boodskap)

  • Ideale en grense gaan hand aan hand – net omdat iets moontlik is, beteken dit nie dit is reg of wys nie.
  • Die wêreld sê jy kan alles doen wat jy wil – maar God roep jou tot ‘n hoër standaard van lewe.
  • Al lyk dit soms asof diegene sonder grense vorentoe gaan, beskerm God dié wat binne Sy grense bly.
  • Wees vandag bereid om “nee” te sê vir dinge wat jou van God se pad af wil trek – Hy sal jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en help om nie handdoek in te gooi nie. Help my om vandag die regte grense te stel en binne U wil te bly.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Maart 2026

Dagstukkies April

4 Maart

Liewe Vriend

Ek bid dat jy sal leer om die regte waardes te hê. Geniet God se Woord vandag vir jou.

Tema: ‘n Droom vir iets beters.

Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy … is ook nie bevriend met die daardie spul wat met God spot nie.” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)

  • Ideale en drome is ‘n geskenk van God – Hy plaas dit in jou hart sodat jy na iets beters kan strewe.
  • ‘n Lewe sonder waardes en beginsels is soos ‘n skip sonder stuurwiel – jy sal rondslinger sonder rigting.
  • Droom groot, maar bou jou drome op die regte fondasie – op God se Woord en Sy beginsels.
  • Kies vandag om jou lewe te rig volgens waardes wat God belangrik maak en mense opbou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U drome en ideale in my hart plaas. Help my om die regte waardes te hê sodat my drome U eer sal bring.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Maart 2026

Dagstukkies April

3 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop dat jy sal leer om alle mense dieselfde te hanteer.

Tema: Hanteer almal dieselfde.

Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy … is ook nie bevriend met die daardie spul wat met God spot nie.” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)

  • Ons is geneig om sekere mense beter te behandel as ander – maar God roep ons om elke mens met dieselfde waardigheid te hanteer.
  • Om niemand uit te sluit of te vergeet nie, is ‘n teken van ware volwassenheid en Christelike karakter.
  • Die gelukkige mens kies sy vriende met insig en wysheid – maar behandel selfs diegene wat verkeerd kies met respek en menswaardigheid.
  • Onthou vandag dat elke mens voor God ewe waardevol is, ongeag hulle agtergrond of keuses.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U elke mens lief het. Help my om vandag alle mense met dieselfde liefde en respek te behandel wat U aan hulle gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Maart 2026

Dagstukkies April

2 Maart

Liewe Vriend

My hoop vir jou is dat jou toekoms rooskleurig sal wees. Vandag se Woord vir jou is as volg:

Tema: Weet: Dinge sal vir jou verbeter.

Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy … hardloop nie agter elke sonde op die mark aan nie. …” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)

  • Die Here se geluk rus op diegene wat nie elke verleiding volg nie – weet dat Hy ook sy hand oor jou hou.
  • Dinge lyk dalk soms moeilik, maar God het ‘n plan vir jou lewe – dit is vol hoop en ‘n positiewe toekoms.
  • As jy getrou bly aan die manier hoe God dinge doen, sal Hy jou stap vir stap na ‘n beter plek in jou lewe lei.
  • Glo vandag dat jou situasie kan verander – God is ‘n God wat dinge nuut maak, oor doen en herstel.
  • Vertrou Hom vir ‘n goeie toekoms, al sien jy dit nog nie duidelik nie.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my toekoms in U hande hou en dat U beloof het dat dinge vir my sal verbeter. Help my om dit elke dag te glo.

In Jesus se Naam.

 Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

GEBEDSGIDS  Maart  2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Jesus bid / gebed

Gebed verander alles. Moenie angstig wees nie. Bid tot God.

As God vir ons is, wie kan teen ons wees.

1 Maart  – Sondag – Teologiese Kweekskool

Ons bid vandag in die besonder vir die kweekskool wat opkomende dominees leer om die Woord te versprei en reg oor te dra. Ons offer by die deure is ook vandag spesifiek om hul bediening en opleiding te help.

Lees meer “GEBEDSGIDS  Maart  2026 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Maart 2026

Dagstukkies April

1 Maart

Liewe Vriend

Vandag begin die derde maand van hierdie jaar. Kan jy dit glo! Ek bid dat dit vir jou ‘n goeie maand sal wees. Mag jou drome vir hierdie maand waar word. Hier is God se boodskap aan jou:

Tema: Kry hoop! Moenie onrustig en ontsteld wees nie.

Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie…” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)

  • Is jou hart onrustig en vol bekommernis? God wil jou vir vandag en vir die toekoms hoop gee.
  • Die mens wat nie na slegte raad en slegte invloede luister nie, is gelukkig – God se guns rus op so ‘n persoon.
  • Moenie toelaat dat angs en vrees jou keer nie – God se beloftes is vas en seker.
  • Kies vandag om jou vertroue in die Here te plaas, en glo dat Hy jou deur hierdie maand sal dra.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my hoop gee en my onrustige hart tot rus bring. Help my om hierdie nuwe maand met vertroue in U te begin.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Beproewing, berou en bestemming

Almal sal met die vuur van beproewing gelouter word.

Mark. 9: 4983

Beproewing

Elkeen van ons gaan deur tye van beproewing. Dae en geberurtenisse wat ons dikwels laat voel dat ons nie weer sal opstaan nie. Tog kan ons, wanneer ons vashou aan God se woord, besef dat wat ons ookal mag deurgaan, ons geloof versterk word in hierdie tye. Ons word gelouter vir die werk van die Here wat vir elkeen van ons voorlê.

Volgens Calvyn se woorde: ‘Jy moet jou aan algehele beproewing onderwerp om volmaakte vreugde te ondek’, kan ons self die volmaakte vreugde ontdek aan die einde van beproewings. Ook die Chinese spreekwoord: ‘Die juweel kan nie gepoleer word sonder wrywing nie; so ook nie die mens sonder beproewing nie’, stel dit baie mooi. Ons moet enige beproewing wat na ons kant toe kom, verduur. Daardeur word ons sterker en beter om werksaam te wees in God se koninkryk.

Teksverse:

Beskou dit as groot vreugde, my broers, wanneer allerhande versoekings julle oorval, omdat julle weet dat, as julle geloof getoets word, dit volharding meebring.” (Jak. 1: 2-320);

My Heer verwerp beslis nie die mens vir ewig nie; maar as Hy iemand bedroef het, ontferm Hy Hom met die volle omvang van sy troue liefde.” (Klaag. 3: 31-3220);

As ons dus in beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en gered kan word. As ons bemoedig word, is dit om julle te bemoedig en te versterk, sodat julle met geduld dieselfde lyding kan verduur wat ons ook verduur. En wat julle betref, het ons ‘n vaste verwagting: ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het.” (2 Kor. 1: 6-783)

Berou

Berou is iets wat ons moet toon, en waartoe beproewings ons dikwels dwing. Dis alleen deur berou oor die dinge wat ons verkeerd gedoen het, en deur vergifnis te vra, dat ons die oorwinning kan bereik. Die oorwinning wat ons, uit genade van God ontvang, deur Jesus Christus se lyding en oorwinning.

Daar is egter ook gevalle, soos die bekende geval van Judas Iskariot, waar die berou oor sy daad te laat gekom het. Vir hom was daar nie ‘n terugkeer na die veroordeling van die onskuldige Jesus Christus nie.

Teksverse:

Want Johannes het na julle gekom met die pad van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie, maar die tollenaars en prostitute het hom geglo. En hoewel julle dit gesien het, het julle tog nie later berou gekry en hom geglo nie.” (Matt. 21: 3220);

Toe Judas, sy verraaier, sien dat Hy veroordeel is, het hy berou gekry. Hy het toe die dertig silwerstukke na die leierpriesters en familiehoofde teruggeneem en gesê: “Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai.” Hulle het egter gesê: “Wat het dit met ons te doen? Jy moet maar self toesien” Hy het toe die silwerstukke in die tempel neergegooi, weggegaan en homself gaan ophang.” (Matt. 27: 3-520);

Wees dus op julle hoede. As jou broer sondig, wys hom tereg, en as hy berou het, vergewe hom. En as hy sewe maal op een dag teen jou sondig, en sewe maal na jou terugkom en sê, ‘Ek het berou’, moet jy hom vergewe. ” (Luk. 17: 3-420)

…is ek nou bly; nie omdat julle bedroef gemaak is nie, maar omdat julle droefheid tot berou gelei het.” (2 Kor. 7: 920)

Bestemming

Om die bestemming, waarheen elkeen van ons oppad is, met sukses te bereik, is al die beproewings en die berou, die moeite werd. Ons as mens voel so dikwels verneder voor ander mense, maar onthou: ‘Dis nie belangrik wat mense van ons dink nie!

Dis wat God van ons dink wat belangriker as enigiets is, wat ons kan deurgaan hier op aarde. Dan sal ons ook soos Daniël kan rus en opstaan vir ons bestemming aan die einde van die dae. Laat ons dus die wedloop met ons oë gerig hou op Christus, wat die eindbestemming vir ons moontlik gemaak het, deur die beproewings wat Hy moes deurmaak.

Teksverse:

Jy sal kan rus en daarna opstaan vir jou bestemming aan die einde van die dae.” (Dan. 12: 1320)

Simeon het hulle geseën en vir Maria, sy moeder gesê: “Kyk, hierdie Kindjie is bestem vir die val en opstaan van baie mense in Israel, as ‘n teken wat betwis word,…” (Luk. 2: 3420)

Nuusflitse Week 10+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 1 Maart 2026 : Erediens en Kategese om 09:00 – GEEN Kleuterkerk,
Sondag 1 Maart 2026 : Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal
Dinsdag 3 Maart 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 4 Maart 2026 :  Blokbyeenkoms van Blok 8 (Groenkloof) en Blok 11 (Sandhoogtepad)  vind plaas om 18:00
Woensdag 4 Maart 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 11 Maart 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood:  11 & 25 Maart
Vrydag 6 Maart 2026 16:00 Wêreldbiddag vir Vroue by St. John Anglikaanse Kerk (oorkant die kliniek)
Vrydag 6 Maart 2026 14:00-15:30 Kleuterkerk Wolwedans Gemeenskapsaal
Sondag 8 Maart 2026 : Erediens en Kategese om 09:00 – GEEN Kleuterkerk,

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 1 – 8 Maart 2026