3 September
Dit is nie lekker as iemand jou reghelp nie, maar dit kan wys dat hulle vir jou omgee. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Tema: God se tug is liefde
Teks: “My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen Sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ‘n vader doen met sy seun.” (Spr. 3:11-12)
● Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper (Ps. 42:6)
● Wanneer God of iemand wat vir jou omgee jou reghelp, is dit nie om jou af te breek nie, maar om jou te help groei.
● Moenie dadelik kwaad word as jy tereggewys word nie. Vra eerder: “Wat kan ek hieruit leer?”
● Dink terug aan ‘n tyd toe ‘n bietjie dissipline jou eintlik gehelp het — sê dankie daarvoor.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my liefhet en my reghelp. Gee my ’n hart wat kan luister en leer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


