Actually, it’s been a couple of weeks since my last post, so the news will stretch beyond the last week. Someone said during the week that they are sure that time was moving faster than ever before. Knowing that to be impossible, I can agree with the sentiment though. Between fuel shortages and electricity cuts, the work on Gabriel, school and Rangers, we seem to be constantly on the move.
Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – The week 26 April 2026”Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Mei 2026 – Werk hard, soos die mier.
6 Mei
Vandag wil God jou aanspoor om die beste van jouself te gee — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Werk hard, soos die mier.
Teks: “Luiaard, gaan leer by die mier hoe om te werk. Sonder ’n baas wat hom dryf, ’n toesighouer … wat hom dophou of ’n bestuurder wat sy program moet reël, werk hy dag en nag.” (Spr. 6:6-8 – Die Boodskap)
- Wanneer jy getrou is in wat jy behoort te doen, sal die Here God dit waarmee jy besig is seën en jou gelukkig maak. (Ps. 128:2)
- Die mier werk sonder ’n baas — jy kan ook sonder iemand wat jou oppas doen wat jy moet — dit is ’n teken van karakter en inisiatief.
- Neem verantwoordelikheid en doen wat gedoen moet word – of jy iemand versorg, werk, of goeie verhoudinge bou.
- God gee om vir wat jy doen — doen alles met oorgawe, want dit is ’n manier om Hom te eer.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my hande en krag gegee het om te werk — help my om vandag ywerig te wees en my taak met oorgawe te doen.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Mei 2026 – Bly trou aan jou huweliksmaat
5 Mei
Liewe vriend
Vandag wil God jou herinner aan die kosbare geskenk van jou lewensmaat — Hier is saadkorrels vir jou vrugbare geestelike grond, net vir jou vir vandag.
Tema: Bly trou aan jou huweliksmaat.
Teks: “Wees eerder lief vir jou eie vrou (of man). Drink van jou eie put en van jou eie fonteinwater. Laat joune joune alleen wees.” (Spr. 5:15 – Die Boodskap)
- Wanneer jy die Here dien, sal Hy jou huis gelukkig maak — jou huwelik is ’n gawe direk uit Sy hart en hand. (Ps. 128:3)
- Getrouheid is die fondament van ’n goeie huwelik en verhouding — koester en bewaar wat God vir jou gegee het.
- Belê jou tyd, aandag, energie en liefde in jou eie verhouding — dit groei as jy dit versorg en aandag daaraan gee.
- Laat jou lewensmaat vandag weet dat jy hom of haar lief het. Dat hy of sy kosbaar vir jou is — sê dit hardop.
Gebed
Liewe Vader, dankie vir die gawe van my lewensmaat — help my om vandag opreg lief te wees en getrou te bly aan die verhouding wat U geskenk het.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Mei 2026 – Kennis verander jou lewe
4 Mei
Liewe vriend
Vandag wil God jou toerus met wysheid wat jou lewe verander — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Kennis verander jou lewe.
Teks: ‘n Belangrike reël vir die lewe is om meer en meer van die regte soort kennis in die hande te kry. Dan sal jy meer op jou gemak voel. Jy sal weet hoe om in die alledaagse lewe op te tree.” (Spr. 4:7 – Die Boodskap)
- As jy die Here dien, het jy ware insig — God deel Sy wysheid, kennis en insig uit aan dié wat Hom soek. (Ps. 111:10)
- Die regte kennis begin nie by die wêreld nie, maar by God se Woord — dit gee jou rigting in elke situasie.
- Hoe meer jy leer, hoe beter kan jy optree — investeer vandag in kennis wat jou lewe beter maak.
- Die reëls vir ’n goeie lewe staan in die Bybel — daarin is die wysheid wat jou op jou gemak laat voel.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U insig, wysheid en kennis aan my wil gee — help my om vandag te leer en te groei in die kennis van U Woord.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Volg My! Ds. Charné Viljoen. 1 Pet 2: 2-10. Sondag 3 Mei 2026
Ds. Charné neem ons op ‘n reistog deur die beelde van 1 Petrus 2
Erediens
Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: 1 Petrus 2: 2-10
Tema: Volg My!
Datum: 3 Mei 2026
YouTube
Lees meer “Volg My! Ds. Charné Viljoen. 1 Pet 2: 2-10. Sondag 3 Mei 2026”Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Mei 2026 – Deel alles met God
3 Mei
Vandag wil God hê dat jy jou hart vir Hom oopmaak — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Deel alles met God.
Teks: “Vertel vir die Here alles waaroor jy dink, alles wat jy wil doen. Dan sal jy sien hoe Hy jou help. So ’n lewenshouding sal jou gelukkig maak.” (Spr. 3:1-7 – Die Boodskap)
- Die Here ken jou pad en Hy lei jou elke stap — jy hoef nie alleen deur die lewe te gaan nie – Hy staan by jou. (Ps. 37:23)
- Moenie probeer om alles alleen uit te werk nie — God wil hê dat jy Hom vertrou met jou gedagtes, planne en optredes.
- As jy God in jou besluite betrek, sal Hy jou lei — dit is Sy belofte en Hy kom dit na.
- ’n Lewe in gesprek met God is ’n gelukkige lewe — begin elke dag deur alles met Hom te deel.
- Volg Hom dan. Stap agter die Here aan.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my gedagtes en planne wil hoor — help my om vandag alles voor U neer te lê en U leiding te soek.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Stof tot nadenke: Vriendekring…
“Vlug weg van die begeertes van die jeug en streef, saam met diegene wat die Here met ‘n rein hart aanroep, na regverdigheid, geloof, liefde en vrede.”
(2 Tim. 2: 2220)
Hoe belangrik is vriendskap?
Elkeen van ons weet watter verskil ‘n goeie vriend in mens se lewe kan beteken. Soos Nina Smit dit so mooi stel: ‘’n Goeie vriend is so nodig soos ‘n goeie tandeborsel’. Dis iets wat die lewe die moeite werd maak, en waarsonder ons nie kan klaar kom nie. Ook die bekende anonieme aanhaling: ‘Baie mense sal in en uit jou lewe stap, maar net ware vriende laat hulle voetspore in jou hart’.
Dis daardie mense by wie jy aanklank vind. Nie noodwendig presies dieselfde as jy en al jou oortuigings nie, maar mense wat luister en regtig belangstel. Dit is harts-mense wat die lewe makliker maak vir jou. Dis mense wat jy vir jare nie hoef te sien nie, maar wanneer julle weer ontmoet, is dit asof julle mekaar gister laas gesien het. Dis mense wat jy kan vertrou!
Teksverse:
“Ter wille van my broers en vriende sê ek graag: “Mag daar vrede in jou wees!” Ter wille van die huis van die HERE ons God wil ek die goeie vir jou nastreef.” (Ps . 122: 8-920);
“Toe het Petrus hulle binnegenooi en as gaste verwelkom. En nadat hy die volgende dag gereedgemaak het, het hy saam met hulle vertrek, en sommige van die broers uit Joppe het hom vergesel. Die dag daarna het hy in Caesarea aangekom. Cornelius was hulle te wagte, en het reeds sy familie en naaste vriende bymekaar laat kom. Toe Petrus binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan, voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. Maar Petrus het hom opgehelp met die woorde: “Staan op, ek self is ook net ‘n mens.”” (Hand. 10: 23-2620)
Hoe kry ons dit reg?
Ook in die keuse van vriende vir ons aardse vriendekring, gee die Bybel duidelike riglyne. Kyk na die betroubaarheid van mense. Moenie vriende kies wat kommer in jou hart wakker maak nie. Moenie vriende kies wat humeurig of opvlieënd is nie, want mens word dikwels soos jou vriende. Waak daarteen om allemans vriend te wees!
‘n Ware, eerlike vriend is nader as ‘n broer aan ‘n mens. Ons word ook daarop gewys hoe belangrik dit is om vir jou vriende te bid. Net soos Job gedoen het, en guns in die oë van die Here gevind het.
Teksverse:
“Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan,….” (Luk. 16: 1020);
“Kommer in die hart van ‘n mens maak die hart neerslagtig, maar ‘n vriendelike woord beur dit op. ‘n Regverdige soek sy vriende uit,…” (Spr. 12: 25-2620);
“Moenie vriende maak met ‘n humeurige mens nie, en met ‘n opvlieënde man moet jy nie saamgaan nie; anders raak jy vertroud met sy paaie en stel jy só ‘n valstrik vir jouself.” (Spr. 22: 2420);
“’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ‘n geliefde vriend wat nader is as ‘n broer.” (Spr. 18: 2420);
“Die Here het Job se lot verander toe hy vir sy vriende gebid het….” (Job 42: 1020)
Hoe behandel ons vriende?
Ons kan nie net van ander verwag om goeie vriende te wees nie. Dit is ook belangrik om gedurig daarna op te let hoe ’n goeie vriend jyself is. Kan mense jou vertrou? Dink hulle in dankbaarheid, liefde en verlange aan jou?
Paulus se skrywe aan die Fillipense verwoord sy ervaring van hulle vriendskap as mede gelowiges. Hy dank God vir hierdie mense wat hom deur dik en dun bygestaan het in goeie en moeilike omstandighede! Hy noem ook dat hy duidelik die werk van die Here in hulle lewens ervaar. Wat ‘n wonderlike getuigskrif is dit nie vir die Gemeente van Filipi nie?
Teksverse:
“Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus. Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap oor julle deelname aan die evangelie, van die eerste dag af tot nou, juis hiervan oortuig dat Hy, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die van Christus Jesus. Dit is immers vir my reg om so oor julle almal te dink, omdat ek julle in my hart hou.” (Fil. 1: 2-720)
Jesus Christus se vriendekring
Die liefde wat Jesus Christus vir sy naby vriende, asook almal wat nie in sy direkte vriendekring was nie, word telkens vir ons uitgebeeld in hoe Hy mense hanteer het. Watter vooreg was dit nie vir die apostels en ander naby vriende nie!
Hy het alles wat God die Vader aan Hom toevertrou het, met hierdie naby vriende gedeel. Al is Hy bietjie voorskriftelik daarin dat hulle Sy bevele moet navolg, doen Hy dit met liefde. Hy wys ons daarop hoe belangrik dit is om grehoorsaam aan die Vader te wees, want dit is hoe ons in die liefde kan bly.
Ons weet dat daar geen groter liefde is om jou lewe af te lê vir jou vriende nie, maar Christus se liefde was groter. Almal van ons wat Hom nie fisies geken het nie, en wat Hom as Verlosser aanvaar het, ook vir ons het Hy Sy lewe afgelê. Ons kan net in dankbaarheid die liefde van Jesus Christus aanvaar en so deel word van Sy vriendekring!
Teksverse:
“Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ‘n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.” (Joh. 15: 14-1520);
“Net soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Bly dan in my liefde. As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam het en in sy liefde bly.” (Joh. 15: 9-1020):
“Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende.” (Joh. 15: 1320)
Gemeentefees 2026 – ‘n Vrolike bewolkte dag
NG Kerk Grootbrakrivier het op 2 Mei 2026 weer ‘n heerlike saam werk en saam kuier dag geniet. Die heerlike klanke van die G’nT groep het die hele oggend gevul.
Voorbereidings
Daar is vir ‘n volle maand beplan en voorberei onder leiding van Ruan Viljoen, in samewerking met al die tafel sameroepers.
Potjiekis kompetisie
Die nuutjie van die fees was die Potjiekos kompetisie…wat ‘n reuse sukses was. Almal wat daarop uit gemis het het op die heerlikste potjiekos uitgemis.
Die potjies was ieder en elkeen ‘n reuse sukses. Elkeen wat geproe het kan daarvan getuig. Die wenner van die kompetisie was die No. 7 Afval potjie. Daar neffens kon die beoordelaars nie kies tussen posisie 2 & 3 nie, so twee potjies het die nommer 2 plek gedeel.
Verskeidenheid
Die kerk terrein was reeds van vroeg af in rep en roer. Almal wat hard gewerk het om die laaste voorbereiding te tref vir die dag. By elke tafel is daar gewerk, geskerts en die meeste van die produkte is verkoop.
Die braaivleis vure van die ‘Stok & Smul’ Hoender sosaties, die ‘Kole & Konfyt‘ roosterkoeke en die potjies van Die kompetisie was sommer van vroeg af aan die gang.
Die gebak wat die ‘Soet Sondes‘ nagereg tafel, die ‘Kerrie ‘n bietjie‘ tafel, die jaffels tafel, die ‘Strooi & Rol‘ pannekoek tafel en die Teetuin se ‘Koek en klets‘ ingesluit het, het hard gewerk aan alles wat verkoop is. Alles is in goeie luim en met lekker kuier geniet.
Die ‘Skatte & Snaaksighede‘ wit Olifant tafel en boeketafel het goeie aftrek gekry van almal wat ‘n passie daarvoor het.
Die kinders het heerlik gespeel en was bedrywig om saam met ouers te kuier en die JAM kindertafel te ondersteun.
Dan was daar die heerlike ‘Kraakvars natuurlekkers’ vars groente tafel wat wonderlike vars produkte teen bekostigbare prys verkoop het.
Daar was ook ‘n uitstalling van hierdie jaar se truitjie projek opbrengs tot op datum, om alle toekomstige breiers ‘n voorsmaak te gee!
Dankie!
Die gemeente wil die Gemeentefees organiseerders bedank vir ‘n heerlike, suksesvolle dag.
Nuusflitse Week 19+ van 2026
Sondag 3 Mei 2026: Erediens 09:00 – Geen Kategese – Geen Kleuterkerk
Woensdag 6 Mei 2026 : 18:00 Blokbyeenkoms Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate) by Heuwelsig straat 10
Woensdag 6 Mei 2026 : Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
Woensdag 6 Mei 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 29 April 2026 : Kooroefening 16:45
Sondag 10 Mei 2026 : Erediens om 09:00 – Kleuterkerk en Kategese 09:00.
Pinkster 17- 21 Mei 2026
30 Mei 2026 08:30 – Ontbyt: ‘n Seisoen van konflik, ‘n seisoen van geleenthede
Lees die volledige afkondigings hier:Afkondigings 3 – 10 Mei 2026
Afkondigings 3 – 10 Mei 2026
Sondag 3 Mei 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Petrus 2:2-10.
- Die tema van die prediking is: Volg My.
- Arbeidsondag.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie.
Woensdag 6 Mei 2026 :
- Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).
- 18:00 Blokbyeenkoms Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate) by Heuwelsig straat 10. Ann Pretorius – 082 565 1868.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida –Epos Kontak.
Sondag 10 Mei 2026 :
- Erediens om 09:00 – Dr Jurie Vermeulen (Radio FEBA).
- Moedersdag.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Sinodale offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Mei 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe Lidmate 2026:
Philip & Louise Kotzé van Ladysmith: Blok 26 (Tergniet-Oos)
Susan Ferreira van Klerksdorp: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
Lizelle Botha van Quellerina: Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)
Baie welkom by ons gemeente.
Pinkster 2026

Verjaarsdae

Eiendomsbediening :
Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.

Getuienisbediening :

Deurlopende behoeftes vir Getuienisprojekte
Skenkings van die volgende sal ons baie help: sop (volgens resep wat voorheen gedeel was) skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleur-potlode, naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Epos Kontak.

Ondersteuningsbediening
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.”
Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Epos Kontak of Riëtte Jansen van Rensburg –Epos Kontak.
“Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle” (Matt. 18:19-20 Afr83).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Mosambiek en FEBA Malawi
Oorstromings het wydverspreide verwoesting in Mosambiek en Malawi veroorsaak. Duisende FEBA-luisteraars, sowel as sommige omroepers, het hul wonings en besittings verloor, sodat party personeel op FEBA se persele en ander by reddingskampe moes skuiling vind.
Ons gebed vir die week: Bid dat God sal ingryp en verligting sal bring. Vra dat Hy reddingswerkers die energie en wysheid sal skenk om die nodige hulp te verleen, en dat Hy FEBA se uitsendings sal gebruik om luisteraars te vertroos en hul geloof te versterk.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 3 Mei 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 3 Mei 2026, deur Ds Charné Viljoen.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Vriendekring…”
- Gemeentenuus:
- Collage van die Gemeentefees van 2 Mei 2026 is beskikbaar.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Lief en Leed Week 19 van 2026
Verjaarsdae
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Mei 2026 – Wysheid hou jou veilig
2 Mei
Vandag wil God jou bewaar van alles wat jou seer kan maak — Hier is vandag se geestelike saad uit God se Woord.
Tema: Wysheid hou jou veilig.
Teks: “Wysheid sal jou van verkeerde dinge weghou. Jy sal begin oplet op wat jy sê. Van sekere tipe mense sal jy wegbly, veral diegene wat niks van lewensgeluk weet nie.” (Spr. 1:10-13 – Die Boodskap)
- Die Here is jou skild en toevlug — as jy by Hom skuil, hoef jy nie bang te wees vir enige bedreiging nie. (Ps. 18:3)
- Wysheid help jou om slim keuses te maak — dit begin by God en werk deur in jou gewone besluite.
- Wees bewus wie jy in jou lewe toelaat — verkeerde vriende trek jou dikwels af na plekke waar jy nie wil of moet wees nie.
- Jou woorde het mag — dink eers en praat dan.
- As jy dink voor jy iets sê, kom jy nie maklik in die moeilikheid nie en veroorsaak jy ook nie moeilikheid nie.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U wysheid aan my wil gee — help my om vandag slim keuses te maak en van verkeerde invloede weg te bly.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Mei 2026 – Luister na jou ouers
1 Mei
Vandag nooi God jou om insig, ervaring, waarhede en wyshede in jou lewe te laat werk — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Luister na jou ouers.
Teks: “n …mens moet die waarhede wat sy pa (en ma) hom leer, ernstig opneem. … -lewenswaardes moet hy nie in die wind slaan nie.” (Spr. 1:6 – Die Boodskap)
- God het jou lewenspad uitgestippel. Op hierdie pad gee Hy jou nuwe krag, die krag van ‘n jong arend. Jy leef en word nie moeg nie. (Ps. 23:3; Jes. 40:31)
- Mense wat omgee en jou liefhet, praat die waarheid — neem dit ernstig op want dit bewaar en beskerm jou.
- Insig, ervaring en wysheid word nie in ’n dag geleer nie — begin vandag deur te luister na dié wat meer lewenservaring het as jy.
- Jou houding teenoor advies van verstandiger en meer ervare mense sê baie van jou karakter — kies om leerbaar en met ‘n oop hart te leef.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my ouers en rolmodelle gegee het om my te lei — help my om vandag met ’n oop hart na hulle insig te luister.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 April 2026 – Prys Sy Naam
30 April
Mag jy vandag die Here God prys en eer. Hier is ‘n kort boodskappie vir die laaste dag van die maand spesiaal vir jou – uit die Bybel uit.
Tema: Prys Sy Naam
Teks: “Here, ek sal U Naam prys, want U het my gered. U het my vyande gekeer om met my te spot.” (Ps. 30:1 – Die Boodskap)
- Loof die Here, want Hy is goed — Sy liefde en hulp hou nooit op nie – Hy het jou selfs deur April gehelp. (Ps. 136:1)
- Selfs wanneer dit moeilik gaan, sal jy Hom steeds groot en belangrik maak.
- Die Here red — nie net geestelik nie, maar ook in die praktiese, daaglikse uitdagings van jou lewe.
- Eindig April met ‘n hart vol dankbaarheid — dink aan drie dinge waarvoor jy vandag die Here kan prys.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my red en beskerm — U Naam alleen verdien al my lof en eer.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 April 2026 – Maak God groot.
29 April
Ek hoop en bid dat jy die Here belangrik sal maak omdat jy die groot en wonderlike dinge wat Hy doen, sal raaksien. Geniet die spesiale boodskap uit die Bybel vandag.
Tema: Maak God groot
Teks: “Eer God, eer Hom, elkeen wat bo in die hemel is. Kyk net hoe belangrik is Hy; kyk na Sy krag en maak Hom groot.” (Ps. 29:1-2 – Die Boodskap)
- Doen alles sodat mense God sien — nie jou nie. (Ps. 115:1)
- As God groot is in jou gedagtes, word jou probleme kleiner.
- God is groter as enige ding wat jy vandag in die gesig staar — eer Hom en merk die verskil.
- Leef so dat mense om jou iets van God in jou kan sien.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie vir U onbeskryflike grootheid en krag — U alleen is die moeite werd om te eer en te verheerlik.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 April 2026 – God het my gehelp.
28 April
Ek bid dat jy ‘n dankbare hart sal aanleer – dankbaar omdat jy die hulp van die Here in jou lewe sal begin raaksien. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: God het my gehelp
Teks: “Kom prys die Here, want Hy het my gehelp toe ek na Hom geroep het. Die Here gee my krag. Hy beskerm my. Ek het op Hom vertrou en Hy het my gehelp.” (Ps. 28:6-7 – Die Boodskap)
- God maak nie net beloftes nie — Hy help regtig as jy Hom vra. (Ps. 34:17)
- Dink terug aan hoe God jou al gehelp het — dit bou jou vertroue in Hom.
- Jou krag en beskerming kom van God af — nie van jouself of van ander mense nie.
- Sê vir God dankie vir een ding wat Hy vir jou gedoen het — dankbaarheid laat jou meer van Sy goedheid raaksien.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my krag en my skild is en dat U my al so baie keer uit die moeilikheid gehelp het.
In Jesus se Naam.
Amen..
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 April 2026 – Neem jou gebedslewe ernstig op.
27 April
Ek hoop dat jy die ware krag van gebed sal begin leer ken. Hier is ‘n koringkorrel oor gebed vir jou.
Tema: Neem jou gebedslewe ernstig op
Teks: “Ek bid ernstig tot U, Here. U beskerm my. Moenie stilbly en my laat voel of ek teen die dak vas bid nie.” (Ps. 28:1 – Die Boodskap)
- Die Here hoor elke gebed — selfs die een wat jy bid wanneer jy voel jy kry geen antwoord nie. (Ps. 34:15)
- Ernstige gebed beteken dat jy regtig afhanklik van God is — en dit is presies die plek waar Hy begin werk.
- Moenie ophou bid wanneer dit lyk of niks gebeur nie — God werk dikwels stil agter die skerms terwyl jy nog wag.
- Gee vandag jou moeilikhede vir die Here — jy hoef dit nie alleen te dra nie. (1 Pet. 5:7)
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U elke gebed hoor en dat U altyd nader is as wat ek ooit kan dink.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 April 2026 – God is my lig.
26 April
My gebed vir jou is dat jou moeilikste oomblik ‘n wonderlike geleentheid sal word. Hier is ‘n boodskap uit God se Woord spesiaal vandag vir jou.
Tema: God is my lig
Teks: “Die Here help my deur my donkerste krisis. Sy hulp is soos lig wat ‘n mens in ‘n pikdonkerkamer aanskakel.” (Ps. 27:1 – Die Boodskap)
- Jy kan hardop sê: “Die Here is my lig en my redding — ek hoef vir niemand en vir niks bang te wees nie!” (Ps. 27:1)
- God is presies daar waar jou lewe die moeilikste voel — Hy is nooit afwesig in jou donkerste oomblik nie.
- God se lig beteken nie die probleem verdwyn skielik nie — dit beteken jy sien genoeg om verder te gaan.
- Skakel vandag die lig aan deur gebed — praat met God oor jou probleme, en kyk hoe Hy dit wat swaar was, verander.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U in my donkerste oomblikke my Lig is en dat ek nooit alleen hoef te staan nie.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Geroep tot Menswees! Ds. Leon Cronje. Johannes 10: 1-10. Sondag 26 April 2026
Dit is Herdersondag. Ds. Leon Cronje lei ons deur die beeld van Christus Die Goeie Herder.
Erediens
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Johannes 10: 1-10
Tema: Geroep tot Menswees!
Datum: 26 April 2026
YouTube
Lees meer “Geroep tot Menswees! Ds. Leon Cronje. Johannes 10: 1-10. Sondag 26 April 2026”Stof tot nadenke: Wees Blymoedig
“…as onbekendes, en tog goed bekend, as sterwendes – maar kyk, ons leef; as gekastydes, wat tog nie doodgemaak word nie; as bedroefdes, maar altyd blymoedig, as armes, maar wat baie ander mense ryk maak, as mense wat niks het nie, en tog alles besit.”
(2 Kor. 6: 920)
Blymoedigheid
Wanneer ons in die woordeboek kyk na die definisie vir Blymoedigheid lei dit na die beskrywing dat dit “‘n toestand van innerlike vreugde is”. Daarteenoor is Blydskap ‘n diepgaande emosie of gevoel van intense geluk, vreugde en tevredenheid. Blymoedig daarmee saam beteken om opgewek, vrolik, vriendelik en vol lus vir die lewe te wees, dikwels ten spyte van terugslae of moelike omstandighede.
Dit verklaar die motto van vrolike mense ‘Lag en die wêreld lag saam, huil en jy huil alleen.’ baie goed.
Dit dui op ‘n vreugdevolle lewensstyl. In sonskyn dae, maar ook in die donker seerkry dae. Ons almal verkies mense wat in intense innerlike vreugde het. Dit is soveel makliker vir ons wanneer ons na vrolike mense luister, as om die swaar van ‘n ander aan te hoor.
Dit is egter nie die mees korrekte ding om te doen nie. Ons moet ook na ander se swaarkry en seer kan luister. Ons moet hulle kan bemoedig en ondersteuning gee in moeilike omstandighede. Ons moet leer om sonder kla en teenpraat, kan skyn vir Christus as kinders van God.
Teksverse:
“…boonop, dit geld vir elke mens aan wie God rykdom en besittings gee om daarvan te geniet, om dit as beloning te ontvang en vrolik te wees by sy inspanning. Dit is ‘n gawe van God. Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie: God laat hom besig bly met wat sy hart verbly.” (Pred. 5: 18-1920);
“Al die lewensdae van ‘n magtelose is sleg, maar vrolikheid van hart is ‘n voortdurende fees.” (Spr. 15: 1520);
“Helder oë verheug die hart, ‘n goeie berig verfris die liggaam.” (Spr. 15: 3020);
“Doen alles sonder kla en teenpraat, sodat julle sonder blaam kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van ‘n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal.” (Fil. 2: 14-1520)
Hoe kry ons dit reg?
Kan ons self hierdie vreugde in ons harte dra? Nee stellig nie. Dit is ‘n genaddegawe van God. Sonder die vrede van die Verlossing van Christus, val ons so dikwels terug in die moedeloosheid wat hierdie lewe in ons wek. Wanneer ons egter ons afhanklikheid van God, die Vader, die Verlosser Seun en die leiding van die Heilige Gees besef, doen ons dinge nie meer vir ons eie plesier nie. Dit is wanneer ons die lewe in die oë kan kyk.
Dit is dan wanneer ons soos die Psalmdigter kan sê “Begelei my op die pad van u bevele, want daarin vind ek vreugde.”. Ons sal dan ook soos Paulus kan besef dat die lewe vir ons Christus is, en die sterwe wins.
Wanneer ons besef ons hoef nie meer mense te beïndruk nie. Dat alles wat ons doen: is vir God, want by God is daar ‘n toevlugsoord en veiligheid; en daarmee saam oorvloedige vreugde.
Teksverse:
“Slawe, wees met vrees en bewing aan julle aardse eienaars gehoorsaam, met opregte harte, soos aan Christus – nie met lippediens om mense se guns te wen nie, maar as slawe van Christus wat die wil van God van harte doen, terwyl julle met blymoedigheid julle diens verrig, soos vir die Here, en nie vir mense nie.” (Ef. 6: 5-720);
“U wys my die pad van die lewe: oorvloedige vreugde in u teenwoordigheid, lieflikhede in u regterhand, vir altyd.” (Ps. 16: 1120);
“”Bedaar en erken dat Ek God is, Ek is verhewe bo die nasies, Ek is verhewe bo die aarde.” Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons, ‘n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons.” (Ps. 46: 11-1220);
“Here, onderrig my in die pad van u voorskrifte, sodat ek enduit daarby kan hou. Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom. Begelei my op die pad van u bevele, want daarin vind ek vreugde.” (Ps. 119: 33-3520)
Die Liefde wat God ons gee
Wanneer ons onsself verloor en alles doen vir die Here, dis dan wat ons hierdie liefde van God ontvang. Die liefde wat alles bedek, alles glo en alles hoop, en alles verduur.
Die liefde faal nooit wanneer dit ons uitgangspunt van die lewe en vir ander mense is. Dit is die Agapé liefde wat ons alleen kan hê, wanneer ons dit onder leiding van die Heilige Gees kry.
Soos Paulus dit ook so mooi stel in Kolossense: Die liefde is die band wat alles volmaak saambind. Dit gee ons ook ‘n vrede in ons harte wat dit maklik maak om blymoedig te wees!
Teksverse:
“…is nie bly oor onreg nie, maar is saam bly oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verduur alles. Liefde faal nooit nie.” (1 Kor. 13: 6-820);
“Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. Verder laat die vrede van Christus in julle harte regeer.” (Kol. 3: 14-1520)

























































































































