Afkondigings 6 – 13 September 2026

Sondag 6 September 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 22:14-20.
  • Die tema van die prediking is:Aan Tafel.
  • Nasionale biddag vir Dowes.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Sinodale Offer vir Instituut vir Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Charné Viljoen.
Nasionale Instituut vir dowes - deuroffer NG Kerk Groot-Brakrivier
Nasionale Instituut vir dowes – deuroffer NG Kerk Groot-Brakrivier

Woensdag 9 September 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  
  • Alle belangstellendes welkom. Marida – 082 471 0751.
  • Blokbyeenkoms – Blok 28,29 & 30 (Reebok, Fraaiuitsig, Kleinbrak en Hartenbos tot Danabaai) in die kerksaal om 17:30 – gelei deur ds Leon Cronje.

Sondag 13 September 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Melaatse (Leprose) en Toerustingsondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Sending aan Melaatse by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

“En dit is die vrymoedigheid wat ons voor Hom het: Dat Hy ons gebede verhoor as ons iets volgens Sy wil vra” (1 Joh. 5:14 Afr20).

Nuwe Lidmate 2026:

Bokkie Oosthuizen van Klerksdorp: Blok 8C (Groenkloof)

Baie welkom by ons gemeente.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 37 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 37 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sterftes 2026:

27 Augustus– Mariette Oosthuizen: Blok 08B

2 September – Nelie van Staden: Blok 17

Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Kommunikasiebediening

Webtuiste 50 000 besoeke NG Kerk Groot-Brakrivier
Webtuiste 50 000 besoeke NG Kerk Groot-Brakrivier

Baie geluk aan ons webtuiste en gemeenskap met die uitsonderlike mylpaal om teen die einde van Augustus reeds 50 000 besoeke vir 2026 te bereik! Dit is wonderlik om te sien hoe ons digitale bediening gegroei het tot ‘n wêreldwye uitreik met besoekers uit meer as 140 lande. Hierdie fantastiese mylpaal word veral gedryf deur die gewilde daaglikse Bybel Dagstukkies (wat reeds meer as 12 000 besoeke vanjaar gehad het), die Wêreldbiddag vir Vroue-materiaal (meer as 2 200 besoeke) en ons verskeidenheid geloofsbronne. Dit bewys dat ons webtuiste nie net ons eie plaaslike gemeente bedien nie, maar ook ‘n daaglikse geestelike tuiste bied vir duisende Afrikaanssprekendes regoor die wêreld. Baie dankie aan elkeen wat die platform ondersteun, die inhoud deel en meehelp om die Evangelie op hierdie moderne manier uit te dra.

Ons wil ons YouTube-kanaal en Predikante hartlik gelukwens met die besondere mylpaal van meer as 220 000 views en 43 000 kyk ure! Baie dankie aan elke gemeentelid en aanlynkyker wat ons eredienste getrou kyk, asook aan elkeen wat die skakels so aktief op WhatsApp en sosiale media met familie en vriende deel. Hierdie platform reik vandag ver buite ons kerkgebou se mure uit – van ons eie plaaslike gemeenskap tot by landsgenote regoor die wêreld – en ons gee al die eer aan die Here vir die wyse waarop Sy Woord harte aanraak, geloof versterk en hoop bring.

Omgeebediening

Omgeebediening Dankie vir klere NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening Dankie vir klere NG Kerk Groot-Brakrivier

Lentedagviering – Ondersteuningsbediening

Lentedag viering Ondersteuningsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Lentedag viering Ondersteuningsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening

Getuienisbediening Wolwedans Boordksp Sop en brood NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening Wolwedans Boordksp Sop en brood NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mosambiek

FEBA Mosambiek se bediening dra oorvloedige vrug. In Julie, toe die span rondgereis en regstreekse uitsendings vanuit dorpies in die Niassa-provinsie gedoen het, was harte oral ontvanklik. Drie gewapende rowers het met kwade bedoelings by ’n geleentheid opgedaag, die Goeie Nuus gehoor en tot bekering gekom! Kinders wat in armoede en wanhoop verlore gevoel het, het FEBA se boodskap op ’n ou radio gehoor en by die jeugdissipelskapprogram aangesluit, wat die evangelie deur radiodramas deel.

Ons gebed vir die week: Bid dat elke honger hart in Mosambiek die Brood van die Lewe deur FEBA se uitsendings sal ontvang.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  •   Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 6 September 2026, gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Getuienisbediening:
    • Michelle se nuutste nuusbrief uit Reni is beskikbaar.
    • Die weeklikse nuus van Lynette van Madagaskar is op die webtuiste.
  • Bybelstudiereekse:‘
    • Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
    • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Dankie vir elke dag!”.
  • Gemeentenuus:
    • SAAMkoms. Een week. 650 dominees. Dankie Here, vir hierdie SAAM-wees!
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Een antwoord op “Afkondigings 6 – 13 September 2026”

Kommentare is gesluit.