Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 Augustus 2026 – God red jou uit moeilikheid

Augustus — Psalms

30 Augustus

Liewe Vriend

Watter swaarkry ook al vandag oor jou pad kom — dit het nie die laaste sê nie.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou.

Tema:  God red jou uit moeilikheid

Teks:  “As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.”  (Ps. 34:18)

  • Roep na die Here as jy swaarkry — Hy antwoord jou en Hy is by jou in moeilike tye.  (Ps. 91:15)
  • As God se mense om hulp roep, hoor Hy — jou roep bereik die hemel dadelik.
  • Redding kom soms anders as wat jy verwag, maar dit kom altyd op God se perfekte tyd.
  • Hou aan roep en hou aan vertrou — moedeloosheid is nooit jou eindbestemming nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my hoor en red elke keer as ek na U roep.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.